Klas 12-stoomlokomotief
Suid-Afrikaanse Klas 12 4-8-2 en Suid-Afrikaanse Klas 12R 4-8-2 SAR Klas 12R no. 1505 steek die Groot-Visrivier oor naby Nelland, tussen Cradock and Cookhouse, 22 April 1981 | Tipe en oorsprong |
---|
Kragtipe |
Stoom |
---|
Ontwerper |
Suid-Afrikaanse Spoorweë |
---|
Vervaardiger |
North British Locomotive Company Beyer, Peacock and Company |
---|
Serienommer |
NBL 19593-19596, 19684-19687, 20173-20180, 20812-20821
BP 5988-5997, 6003-6012[1][2] |
---|
Model |
Klas 12 |
---|
Klas |
SAR Klas 12, Klas 12R [3] |
---|
Vervaardig |
1912-1921 |
---|
Aantal gebou |
46 |
---|
Bouspesifikasies |
---|
Konfigurasie |
4-8-2 "Mountain" |
---|
Spoorbreedte |
Kaapspoor |
---|
Voorwielomtrek |
724 mm (28 ½ dm) |
---|
Dryfwielomtrek |
1 300 mm (51 dm) |
---|
Agterwielomtrek |
838 mm (33 dm) |
---|
Wielbasis |
Totaal: 17.713 tot 18.640 m Enjin: 4.115 m gekoppel 9.690 m totaal MP1 Tender: 1.397 m boegie 5.105 m totaal MT Tender: 1.880 m boegie 6.223 m totaal |
---|
Lengte |
20.263 m tot 21.120 m, afhangend van sy kolewa |
---|
Hoogte |
3.912 m |
---|
Raamwerk |
Plaatraamwerk |
---|
Asbelasting |
17.2 t op die 4de drywer |
---|
Massa op dryfwiele |
67.7 t |
---|
Lokomotiefmassa |
96.4 t |
---|
Tendermassa |
MP1: 22.4 t leeg, 51.05 t gelaai MT: 27.9 t leeg, 67.1 t gelaai |
---|
Gesamentlike massa |
88.1 t leeg tot 160.1 t gelaai |
---|
Tendertipe |
MP1 & MT - ook MP, MR, MS, MT1, MT2, MX, MY, MY1 2-asboegies, 864 mm wiele Lengte: MP1 7.893, MT 8.671 m |
---|
Aandrywing |
---|
Brandstof |
Steenkool |
---|
Brandstofkapasiteit |
MP1: 10.2 t MT: 12.2 t |
---|
Waterkapasiteit |
MP1: 19 300 ℓ MT: 27 000 ℓ |
---|
Stoomketel |
1.715 m binnediameter 6.096 m binnelengte |
---|
Stoomketeldruk |
1 310 kPa |
---|
Vuurroosteroppervlak |
3.716 m2 |
---|
139 buise 57.1 mm diameter 24 buise 140 mm diameter totaal 216.278 m2 | – Vuurkas |
14.864 m2 |
---|
231.143 m2 | Oorverhitteroppervlak |
53.326 m2 |
---|
Silinders |
Twee |
---|
Silindergrootte |
572 mm boor 660 mm slag |
---|
Klepwerk |
Walschaerts |
---|
Werkverrigting |
---|
Trekkrag |
164 kN (36 780 lbk) teen 75% keteldruk |
---|
Diensgeskiedenis |
---|
Gebruiker |
Suid-Afrikaanse Spoorweë |
---|
Aantal in klas |
46 |
---|
Vlootnommer(s) |
1494-1519, 1859-1878 [4] |
---|
Afleweringsdatum |
1912-1922 |
---|
Eerste tog |
1912 |
Die Klas 12 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Die lokomotiewe
Tussen April 1912 en 1922 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë altesaam ses-en-veertig Klas 12 stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 "Mountain"-tipe wielrangskikking in goederediens geplaas.[3]
Diens in die Suid-Afrikaanse Spoorweë
Die Klas 12 is ontwerp vir steenkoolvervoer op die lyn van Witbank na Germiston. Met hulle bekendstelling was hulle die grootste nie-geartikuleerde lokomotiewe in Suid-Afrika, asook op spoorweë van minder as 1.435 meter wyd, waarskynlik in die wêreld. [5]
Hulle blyk die suksesvolste te wees in die diens waarvoor hulle ontwerp is - die hanteer van 1 400-tonvragte op 'n heen-en-weer reis binne een dag. Hul vergelyk goed met die 2-6-6-0 en 2-6-6-2 Malletlokomotiewe wat, hoewel hulle 1 600 ton kon hanteer, nie 'n heen-en-weer tog in een dag kon maak nie. [5]
Hulle is ook gebruik rondom Ladysmith in Natal. In die 1940's is die Natalse lokomotiewe verskuif na die Oranje Vrystaat.[6]
Teen 1970 is 'n paar lokomotiewe toegeken aan die Kaapse Middelandestelsel, gestasioneer by Sydenham in Port Elizabeth vir gebruik as dokrangeerders, en vir werfwerk op die New Brightonse rangeertrajekte. In die Oranje Vrystaat was sommige gestasioneer in Bloemfontein en op Bethlehem, almal in rangeerdiens. In die Transvaal is 'n groot aantal gebruik, gestasioneer te Springs, Germiston en Krugersdorp, ook hoofsaaklik vir rangeerwerk. [7]
-
NBL-geboude klas 12R no. 1509 met 'n tipe MT-tender, Germiston, 7 April 1979
-
NBL-geboude klas 12R no. 1499 met 'n tipe MP1-tender, Sydenham, 16 April 1979
-
BP-geboude klas 12R no. 1862 met 'n tipe MT-tender, New Brighton, 31 Maart 1979
Eksterne skakels
Verwysings
- ↑ Holland, D.F. (1971). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 1: 1859-1910 (1ste uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 130–132. ISBN 978-0-7153-5382-0.
- ↑ North British Locomotive Company werkslys
- ↑ 3,0 3,1 South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
- ↑ Klassifikasie van S.A.R. lokomotiewe met hernommerlyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 9, 12, 15, 46
- ↑ 5,0 5,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 20–21. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 10–11, 54–56.
- ↑ Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1ste uitg.). Newton Abbott, Londen: David & Charles. pp. 59, 137. ISBN 0715386387.
|
---|
| Tenderlokomotiewe: | | tot 19281928–1994sedert 1994 |
---|
Tenklokomotiewe: | |
---|
Geartikuleerde lokomotiewe: | |
---|
Smalspoor: | |
---|
|
|