Die Klas GEA Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op 60-pond goederelyne met 'n uitleg van 4-8-2+2-8-4. Die enigste ooreenkomse wat dié klas met Klas GE Garratts het, is dat beide op 60-pond spoorlyne werk en die stoomketel se dimensies feitlik dieselfde is. Hierdie klas is ontwerp deur Dr. M.M. Loubser en daar is 50 lokomotiewe gebou deur Beyer, Peacock and Company tussen 1945 en 1947. Hierdie klas is die eerste wat met die stroombelynde Beyer, Peacock and Company-tenks toegerus is. Al die lokomotiewe is toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Hulle is ook die enigste na-oorlogseGarratt lokomotiewe wat nie van meganiese stokers voorsien was nie. Hulle is hoofsaaklik op die noordkus van KwaZulu-Natal, die Pietermaritzburg-Franklinlyn en die Outeniekwa Spoorwegpas gebruik. 'n Paar is vir 'n kort tydperk op die Kaapstad-Caledonlyn gebruik. Hulle is in 1976 uit diens gestel.
No. 4027, ongeveer 1950, waarskynlik op Voorbaai, naby Mosselbaai in die Kaap
No. 4013 trek 'n passasierstrein te Outeniekwa Spoorwegpas (soms deur spoorwegpersoneel die Montagupas noem), 15 Augustus 1973
No. 4023 tap water op Camfer, Montagupas, Wes-Kaap, 2002
Agterkant van no. 4023 "Peacock", George, 15 April 2013
↑Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 103–105. ISBN 978-0-7153-5427-8.
↑Hamilton, Gavin N., The Garratt Locomotive - Garratt Locomotives produced by Beyer, Peacock and Company. URL besoek op 10 November 2012
Hierdie treinartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.