Die Klas GE Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op 60-pond goederelyne met 'n uitleg van 2-8-2+2-8-2. Daar was drie bestellings geplaas vir die lokomotief met Beyer, Peacock and Company. Die eerste bestelling van ses is in 1925 afgelewer; hulle was in wese 'n vergroting van die 2-6-2+2-6-2Klas GD.
Die tweede bestelling van 10 is in 1926 geplaas, hulle was feitlik identies aan die eerste bestelling behalwe vir die steenkoolbunker en watertenk wat verander is.
Die derde bestelling vir twee lokomotiewe is in 1931 geplaas. Hulle het baie na die 1926 bestelling gelyk maar het 'n wyer kajuit gehad, groter silinders, wat hulle sterker gemaak het, en vele ander verbeteringe aan die stoomketel.
Die Garratt-lokomotiewe se onderskeidende kenmerk is dat hulle soos 'n "dubbele" lokomotief lyk. Vooraan die stoomketel loop nog 'n tenker, en drie of vier pare dryfwiele sit onder hierdie voorste sowel as die agterste wa. Dit het aan die eenheid beter vastrap- en trekvermoeë verskaf, veral in die Natalse Drakensberge. Al die lokomotiewe was toegerus met Walschaerts-klepratwerk.
↑ 1,01,1Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 43–45. ISBN 978-0-7153-5427-8.
↑ 2,02,12,2Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN0869772112. p. 91.
Hierdie treinartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.