Klas 4-stoomlokomotief

Suid-Afrikaanse Klas 4 4-8-2
ou CGR Klas 4 "Mountain" 4-8-2

'n Klas 4 op Worcester in die Kaapprovinsie
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper Kaapse Regeringspoorweë
Vervaardiger North British Locomotive Company
Serienommer 19242-19243 [1][2]
Model CGR 4-8-2[3]
Vervaardig 1911
Aantal gebou 2
Bouspesifikasies
Konfigurasie 4-8-2 "Mountain"
Spoorbreedte Kaapspoor
Voorwielomtrek 724 mm (28 ½ dm)
Dryfwielomtrek 1 370 mm (54 dm)
Agterwielomtrek 838 mm (33 dm)
Wielbasis Totaal: 17.586 m
Enjin: 4.394 m per gekoppelde deel, 9.728 m totaal
Tender: 1.372 m boegie,
4.902 m totaal
Lengte 19.822 m
Hoogte 3.912 m
Asbelasting 15.2 t op die 4de drywer
Massa op dryfwiele 60.0 t
Lokomotiefmassa 83.4 t
Tendermassa 21.7 t leeg
Gesamentlike massa 127.6 t gelaai
Tendertipe XJ * 2 asboegies
864 mm wiele, lengte 7.334 m
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 6.9 t
Waterkapasiteit 16 000 ℓ
Stoomketel 1.695 m binnediameter, 5.486 m binnelengte
Stoomketeldruk 1 240 kPa
Vuurroosteroppervlak 3.437 m2
201 buise met 57.1 mm omtrek
– Vuurkas 17.280 m2
215.256 m2
Silinders Twee
Silindergrootte 521 mm (20 ½ dm)) boor
711 mm (28 dm) slag
Klepwerk Stephenson[3]
Werkverrigting
Trekkrag 131 kN (29 420 lbf) teen 75% keteldruk
Diensgeskiedenis
Gebruiker Kaapse Regeringspoorweë
Suid-Afrikaanse Spoorweë [1]
Aantal in klas 2
Vlootnommer(s) CGR 850-851
SAR 1477–1478[4]
Plek gebruik Kaapse hooflyn, later Witwatersrand
Afleweringsdatum 1911
Eerste tog 1911
Onttrekkingsdatum 1938

Die Klas 4 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die 20ste eeu gebruik is. Die klas het twee subklasse.

Klas 4

Hierdie klas is 'n Kaapse Regeringspoorweë (CGR)-lokomotief en ontwerp deur H.M. Beatty in 1911. Die eerste twee lokomotiewe was toegerus met Stephenson-klepratwerk en D-kleppe en was nie met superverhitters toegerus nie. Hulle het hoofsaaklik op die Kaapse hooflyn diens gedoen en was uit diens gestel in 1938.[3]

Klas 4A

Tien lokomotiewe is bestel by North British Locomotive Company in 1913 en 1914. Hulle was toegerus met superverhitters, Walschaerts-klepratwerk en geklassifiseer as Klas 4A. Vir die eerste tien jaar het hulle op die Kaapstad-Mafekinghooflyn diens gedoen en daarna is hulle oorgeplaas na die Witwatersrand waar hulle vir vele rolle aangewend is, veral op die Zeerust, Volksrust en Breytentrajekte.

Klas 4AR

Wanneer Klas 4A toegerus word met Nommer-2 stoomketels word hulle as Klas 4AR herklassifiseer. Die laaste van die klas het rangeerdiens gedoen in die Wes-Rand en is uit diens onttrek in 1974.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 12–13, 137. ISBN 978-0-7153-5427-8.
  2. North British Locomotive Company works list
  3. 3,0 3,1 3,2 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112.pp. 38–39.
  4. South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig

Eksterne skakels


Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!