Tussen 1918 en 1922 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë dertig Klas 15B-stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 Mountain-tipe wieluitleg in diens geplaas.[1][2]
Vervaardiger
As gevolg van die ontwrigting van die oorlog in Europa, is die eerste groep van tien Klas 15B 4-8-2 stoomlokomotiewe vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) bestel by die Montreal Locomotive Works (MLW) in Kanada. Hulle is gebou en afgelewer in 1918, genommer in die reeks van 1829 tot 1838 en 'n tweede groep van twintig lokomotiewe is van dieselfde bouers bestel en afgelewer in 1922, genommer in die reeks van 1971 tot 1990. Hulle was volgens die algemene spesifikasies gebou van die Klas 15, maar met staaframe en 'n paar tipiese Noord-Amerikaanse kenmerke. Hulle was toegerus met Belpaire-vuurkaste met verbrandingskamers. [2]
Klas 15BR
Lokomotiewe wat nuwe stoomketels moes kry is as Klas 15BR geklassifiseer. Hierdie lokomotiewe het aanvanklik in die oostelike Vrystaat, maar later in die Kaapse Middellande diens gedoen; hulle was by Noupoort gebaseer en het diens gedoen tot by Cradock en uit na De Aar. Toe die verbeterde Klas 15F sy verskyning maak, is die lokomotiewe geleidelik na Kaapstad oorgeplaas, van waar hulle goedere en passasierstreine noordwaarts getrek het. Hulle het ook oor die Sir Lowryspas gewerk na Caledon en Bredasdorp in die Overberg en op die Bitterfontein-lyn via Malmesbury en Klawer.[1][2] totdat hulle uit diens gestel is in 1976.
↑ 1,01,1Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways. Vol. 2: 1910-1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, England: David & Charles. pp. 34–36. ISBN978-0-7153-5427-8.
↑ 2,02,12,2Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. pp. 10–11, 60–61. ISBN0869772112.
Hierdie treinartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.