Die 2019 Formule Een Japannese Grand Prix is op 13 Oktober 2019 op die Suzuka Internasionale Renbaan in Japan gehou. Dit was die sewentiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.
Bande
Pirelli het die volgende bande aan alle spanne te Suzuka verskaf:
Bande vir 'n droë baan
|
Reënbande
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/F1_tire_Pirelli_PZero_White.svg/55px-F1_tire_Pirelli_PZero_White.svg.png) Hard C1
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4d/F1_tire_Pirelli_PZero_Yellow.svg/55px-F1_tire_Pirelli_PZero_Yellow.svg.png) Medium C2
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/df/F1_tire_Pirelli_PZero_Red.svg/55px-F1_tire_Pirelli_PZero_Red.svg.png) Sag C3
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/86/F1_tire_Pirelli_Cinturato_Green.svg/55px-F1_tire_Pirelli_Cinturato_Green.svg.png) Tussen-in
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/F1_tire_Pirelli_Cinturato_Blue.svg/55px-F1_tire_Pirelli_Cinturato_Blue.svg.png) Reën
|
Vrye oefening
Kwalifisering
Kort voor die eerste vrye oefening het die FIA aangekondig dat alle aktiwiteite wat Saterdag op die baan sou plaasvind, gekanselleer is weens die naderende tifoon Hagibis. Gevolglik vind die kwalifisering op Sondag plaas, enkele ure voor die hoofwedren.[1]
- Notas
* Max Verstappen en Alexander Albon het identiese tye in K3 opgestel; Verstappen is voor geklassifiseer omrede hy sy rondtetyd vroeër opgestel het.[2]
† Beide Kevin Magnussen en Robert Kubica kon nie 'n tyd in K1 opstel nie. Hulle is met die wedrenbeamptes se diskresie wel toegelaat om deel te neem.[3][4]
‡ Kubica spring uit die kuipelaan weg omdat hy sy oorlewingsel moes vervang.[5]
← VOOR Posisies na kwalifisering vir die 2019 Japannese Grand Prix
← VOOR Wegspringrooster vir die 2019 Japannese Grand Prix
Wedren
Dit was opvallend dat die geruite vlag wat die einde van die wedren aandui, 'n rondte te vroeg geswaai is, weens 'n tegniese probleem met die ligpanele. As gevolg hiervan is Pérez, wat in die finale rondte met Gasly gebots het, steeds in die negende plek geklassifiseer.[6]
'n Week en 'n half ná die wedren is beide die Renault-jaers gediskwalifiseer weens protes wat deur Racing Point aangeteken is. Daar kon bewys word dat die Renault-renmotor se rembalans outomaties kan verander, terwyl die regulasies bepaal dat die bestuurder sy motor sonder enige hulp van buite moet bestuur.[7]
Renuitslag
* – Lewis Hamilton ontvang 'n ekstra punt vir die vinnigste rondte tydens die wedren.
Puntestand na die Grand Prix
Renjaers
Vervaardigers
Verwysings