Die 2016 Formule Een Chinese Grand Prix is op 17 April 2016 op die Shanghai Internasionale Renbaan in China gehou. Dit was die derde wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Nico Rosberg in sy Mercedes gewen.
Bande beskikbaar gestel
Pirellibande vir gebruik te Shanghai
Bande vir 'n droë baan
|
Reënbande
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/df/F1_tire_Pirelli_PZero_Red.svg/50px-F1_tire_Pirelli_PZero_Red.svg.png) Supersag
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4d/F1_tire_Pirelli_PZero_Yellow.svg/50px-F1_tire_Pirelli_PZero_Yellow.svg.png) Sag
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/F1_tire_Pirelli_PZero_White.svg/50px-F1_tire_Pirelli_PZero_White.svg.png) Medium
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/86/F1_tire_Pirelli_Cinturato_Green.svg/50px-F1_tire_Pirelli_Cinturato_Green.svg.png) Tussen-in
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/F1_tire_Pirelli_Cinturato_Blue.svg/50px-F1_tire_Pirelli_Cinturato_Blue.svg.png) Reën
|
Kwalifisering
Kontroversie
Na afloop van kwalifisering in beide die Grands Prix van Australië en Bahrein was daar hewige kritiek op die nuwe kwalifiseringstelsel, waarin die stadigste jaer in elke sessie na 'n sekere tyd uitgeskakel word. Hierdie stelsel het egter gesorg dat daar in K2 en K3 aan die einde van die sessie niemand meer uitgeval het nie. Die opwinding wat die nuwe stelsel moes lewer, het toe nie plaasgevind nie.
Direk na afloop van kwalifisering in Australië het die spanne vergader en is daar op 20 Maart besluit om die FIA te versoek om terug te keer na die ou stelsel tydens die eersvolgende ren in Bahrein.[1] 'n Paar dae later is egter bekend gemaak dat verskeie spanne nie akkoord wou gaan met die terugkeer na die ou stelsel nie. Hierna is die elimineringstelsel behou vir kwalifisering in Bahrein.[2]
Na afloop van die rennaweek in Bahrein is daar weer beraadslaag oor hierdie stelsel. Op 7 April, die dag waarop daar besluit sou word of daar aanpassings moes kom aan die kwalifiseringstelsel, het alle Formule 1-spanne geëis om terug te keer na die kwalifiseringstelsel soos dit tot 2015 gebruik is.[3] Later die dag is daar na oorleg besluit om wel terug te keer na die oorspronklike kwalifiseringsopset,[4] en dit is daarna op 11 April deur die FIA bekragtig.[5]
Wegspringrooster
Die Mercedes-jaer Lewis Hamilton, wie in die vorige twee renne heelvoor weggespring het, ontvang 'n straf van vyf roosterposisies omdat sy motor se ratkas vervang moes word.[6]
VOOR Posisies na kwalifisering vir die 2016 Sjinese Grand Prix
VOOR Wegspringrooster vir die 2016 Sjinese Grand Prix
Renuitslag
Puntestand na die Grand Prix
Renjaers
Vervaardigers
Verwysings