Die 2015 Formule Een Verenigde State Grand Prix het op 25 Oktober 2015 op die Circuit of the Americas in Austin, Texas plaasgevind. Dit was die sestiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen. Daarmee het Hamilton verseker dat hy nie in die laaste drie wedrenne van die seisoen ingehaal kan word nie, en dus sy derde F1-wêreldbestuurderskampioenskapstitel verower.
Kwalifisering
Sebastian Vettel, wat in die vyfde plek kwalifiseer en Kimi Räikkönen op agtste plek, word albei met 10 plekke op die rooster gepenaliseer vir die gebruik van 'n vyfde enjin. Die jaarlikse kwota is op vier vasgestel. Na die straf wat Bottas opgelê is, het Vettel vanaf dertiende plek en Räikkönen vanaf die agttiende weggespring.
Posisies na kwalifisering vir die 2015 Verenigde State Grand Prix
Wegspringrooster vir die 2015 Verenigde State Grand Prix
Renuitslag
Puntestand na die Grand Prix
Renjaers
Vervaardigers