Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Pous Julius III

Pous Julius III
Geboortenaam Giovanni Maria Ciocchi del Monte
Pontifikaat begin 7 Februarie 1550
Pontifikaat eindig 23 Maart 1555
Voorganger Paulus III
Opvolger Marcellus II
Gebore 10 September 1487
Monte San Savino, Italië
Sterf 23 Maart 1555
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Julius

Julius III was die 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1550 tot 1555. Julius is verkies as 'n kompromie-kandidaat nadat die Franse en keiserlike faksies in die konklaaf 'n dooie punt bereik het. As kardinaal was hy effektief en 'n betroubare diplomaat. As pous het hy nie dieselfde eienskappe openbaar nie, maar 'n lewe vol persoonlike plesier en luiheid gelei.

Biografie

Pous Julius III[1] is gebore as Giovanni Maria Ciocchi del Monte op 10 September 1487 in Monte San Savino, Italië. Hy was die tweede van vyf kinders van Vincenzo Ciocchi del Monte en Cristofora Saracini. Sy pa was 'n regsgeleerde en hy het regte studeer aan die universiteite van Perugia en Siena en teologie onder leiding van die Dominikaan Ambrosius Catharinus. Op 18 Maart 1513 volg hy sy oom Antonio del Monte op as aartsbiskop van Siponto Manfredonia in Apulia en word op 12 November 1514 tot biskop gewy. Op 13 Maart 1521 word hy ook biskop van Pavia. Tydens die plundering van Rome was hy een van die gyselinge maar hy is bevry deur kardinaal Pompeo Colonna. Op 22 Desember 1536 stel Pous Paulus III hom aan as kardinaal. Op 15 Januarie 1537 word hy kardinaal-priester van Sint Vitalis en op 11 Oktober 1542 kardinaal-priester van Sint Prassede. Op 5 Oktober 1543 word hy kardinaal-biskop van Palestrina. Op 4 Junie 1544 word hy biskop van Pavia. Op 13 Desember 1545 open hy as voorsitter die konsilie van Trente. In konflik met keiser Karel V verplaas hy die konsilie op 26 Maart 1547 na Bologna. Op 7 Februarie 1550 volg hy Pous Paulus III op en word gekroon op 22 Februarie 1550 deur kardinaal Innocenzo Cibo. Hy regeer tot sy dood op 23 Maart 1555 en word opgevolg deur Pous Marcellus II. Die naam ‘Julius’ beteken 'uit die geslag van die Juliërs'.

Pontifikaat

Die verkiesing

Na die dood van Pous Paulus III in November 1549, was die 48 kardinale van die konklaaf verdeel in drie groepe, die Franse, die keiserlikes (aanhangers van keiser Karel V) en die aanhangers van die Farnese-familie. Die Franse wou die konsilie van Trente laat vaar, maar die keiserlikes wou dit heropen. Beide die keiserlikes en die Farnese-familie wou die hertogdom Parma in die hande kry.

Nog die Franse nog die keiserlikes wou del Monte as pous hê, maar die Franse kon die ander twee groepe blokkeer. Na tien weke (die konklaaf het begin op 29 November 1549), die langste konklaaf tot dusver, is Pous Julius III[2] as kompromie-kandidaat verkies. Ottavio Farnese wie se steun onontbeerlik was vir die verkiesing is dadelik as hertog van Parma bevestig.

Kerkhervorming

Brons standbeeld in Perugia.

Aan die begin van sy bewind wou Julius graag kerkhervormings teweeg bring en die konsilie van Trente heropen met 'n bul gedateer 13 November 1550. Die konsilie het weer begin op 1 Mei 1551, maar is weer verdaag op 15 April 1552. Min het egter gebeur. As verskoning word aangebied dat die pous in sy laaste drie jaar erg aan jig gely het.

In 1551 het hy op versoek van keiser Karel V die konsilie van Trente heropen en saam met Karel teen die koning Hendrik II van Frankryk opgetree. Hy het egter op 29 April 1552 vrede gemaak met die koning en die konsilie verdaag.

Omdat hy nie juis gevorder het in sy onderhandelings met die keiser het Julius hom meer en meer na die Italiaanse politiek gewend. Hy het hom teruggetrek in sy luukse paleis Villa Giulia wat hy naby die Porta del Popolo laat bou het. Hier het hy luuks gelewe en so nou en dan swak pogings tot kerkhervorming aangewend. Hy was 'n virend van die Jesuïete en het hulle opnuut bevestig in 1550. Hy het die Collegium Germanicum gestig met 'n bul op 31 Augustus 1552.

Gedurende sy pontifikaat het Mary I van Engeland die katolisisme in Engeland tydelik herstel. Julius het kardinaal Reginald Pole na Engeland gestuur om te help met die restourasie. In Februarie 1555 stuur die Engelse 'n gesant na Rome om Julius in te lig oor Engeland se onderwerping, maar die gesant het eers na Julius se dood in Rome aangekom.

Kort voor sy dood stuur Julius kardinaal Giovanni Morone om die kerk se belange by die vrede van Augsburg te behartig.

Persoonlike lewe

Pous Julius III se persoonlike lewe het gesentreer om sy homoseksualiteit, nepotisme en begunstiging.[3] Hy het 'n straatkind Innocenzio opgetel en deur sy broer laat aanneem. Toe hy pous geword het, het hy die onbeskaafde, ongeletterde jongeling Innocenzo del Monte 'n kardinaal gemaak en hom ryk funksies gegee sodat hy die hoogste inkomste van enigiemand in Europa gehad het.[4] Die verhouding van die pous met die jongeling het baie skindernuus opgelewer. Die ambassadeur van Venesië het berig dat die jongeling die pous se bed gedeel het. Die digter Joachim du Bellay wat in Rome gewoon het aan die hof van kardinaal Jean du Bellay het die skandaal bespreek in sy reeks gedigte "Les Regrets". In 'n YouTube video word die pous beskuldig van pedofilie en sodomie. [5]

Nieteenstaande die skande vir die Kerk kon niks aan die saak gedoen word tot na die dood van Julius nie. Na die dood van die pous is Innocenzo vervang deur 'n nuwe pos van kardinaal-staatsekretaris wat later een van die belangrikste poste in die kurie sou word.[6]

Bevordering van die kunste

Pous Julius III het baie van sy tyd en geld aan vermaak by die Villa Giulia bestee, wat vir hom gebou is deur Giacomo Barozzi da Vignola. Die pous het Giovanni Pierluigi da Palestrina as sy kapelmeester aangestel. Hy het ook die werk van Giorgio Vasari en Michelangelo bevorder.

Die kollege van kardinale

Pous Julius III het twintig nuwe kardinale aangestel in vier konsistories.

Die konsistorie van 30 Mei 1550

  • Innocenzo Ciocchi del Monte, kardinaal-nepoot. Die pous se kardinaal-neef.

Die konsistorie van 12 Oktober 1551

  • Györgi Martinuzzi, O.S.P.P.E., biskop van Nagy Várad, Hongarye.

Die konsistorie van 20 November 1551

  • Cristoforo Guidalotti Ciocchi del Monte, kardinaal-nepoot, biskop van Marseille, Frankryk.
  • Fulvio Giulio della Corgna, O.S.Io.Hieros., biskop van Perugia.
  • Giovanni Michele Saraceni, aartsbiskop van Matera, goewerneur van Rome.
  • Giovanni Ricci, biskop van Chiusi.
  • Giovanni Andrea Mercurio, aartsbiskop van Messina, Sisilië.
  • Giacomo Puteo, aartsbiskop van Bari.
  • Alessandro Campeggio, biskop van Bologna.
  • Pietro Bertani, O.P., biskop van Fano.
  • Fabio Mignanelli, biskop van Grosseto.
  • Giovanni Poggio, biskop van Tropea.
  • Giovanni Battista Cicala, biskop van Albenga.
  • Girolamo Dandini, biskop van Imola.
  • Luigi Cornaro, Groot kommendator van Cyprus.
  • Sebastiano Antonio Pighini, aartsbiskop van Mafredonia.

Die konsistorie van 22 Desember 1553

  • Pietro Tagliavia d'Aragonia, aartsbiskop van Palermo, Sisilië.
  • Louis I de Guise, biskop van Alby, Frankryk.
  • Roberto de' Nobili, kardinaal-nepoot, priester van Arezzo.
  • Girolamo Simoncelli, kardinaal-nepoot, priester van Orvieto.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

  1. Julius III. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Ott, M. (1910). Pope Julius III. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Oktober 24, 2009 by: http://www.newadvent.org/cathen/08564a.htm
  3. Who's who in gay and lesbian history By Robert Aldrich, Garry Wotherspoon; p.278
  4. Crompton, Louis (2004). "Julius III". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 16 Augustus 2007.
  5. https://www.youtube.com/watch?t=238&v=ALtRGammsWQ&feature=youtu.be
  6. Sien The Cardinals of the Holy Roman Church – Biographical Dictionary – Pope Julius III (1550–1555) – Consistory of 30 May 1550 (I) Vir 'n opsomming van die lewe van Innocenzo Del Monte's sien Francis Burkle-Young en Michael Leopoldo Doerrer's se biografie, "The life of Cardinal Innocenzo del Monte".
  • P. Messina, 'Del Monte, Innocenzo', Dizionario biografico degli italiani, Vol 38, Rome, 1990.
  • Bayle, Pierre. "Jules III." Dictionnaire historique et critique. Vol. 15. Paris: Desoer, 1820.
  • Burkle-Young, Francis A., and Michael Leopoldo Doerrer. The Life of Cardinal Innocenzo del Monte: A Scandal in Scarlet. Lewiston, N.Y.: Edwin Mellen, 1997.
  • Dall'Orto, Giovanni. "Julius III." Who's Who in Gay and Lesbian History from Antiquity to World War II. Robert Aldrich and Garry Wotherspoon, eds. London: Routledge, 2001. 234-35.
  • Kelly, J. N. D. The Oxford Dictionary of Popes. Oxford: Oxford University Press, 1986.

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Paulus III
Pous (Pontifex Maximus)
1550 – 1555
Opgevolg deur
Marcellus II

Basis-URL: en:Pope Julius III

Read other articles:

British arms manufacturer Webley & ScottIndustryGun manufacturerFoundedBirmingham, England 1790; 233 years ago (1790)FounderWilliam DavisHeadquartersUnited KingdomProductsRevolvers, Air guns, ShotgunsWebsitewww.webley.co.uk Webley & Scott Firearms of Birmingham The famous Webley Mk VI, standard sidearm of the British Army 1915–1932 Webley & Scott is an arms manufacturer founded in Birmingham, England. Webley produced handguns and long guns from 1834 to 1979, wh...

Житие Константина Язык оригинала церковнославянский язык и старославянский язык Страна Тема Кирилл Философ Жанр житие Текст в Викитеке Житие Константина (другие названия: Житие Константиново, Житие святого Константина, Житие Константина-Кирилла, Житие (святого) Кир

  لمعانٍ أخرى، طالع البقيع (توضيح). البقيع  - منطقة سكنية -  تقسيم إداري البلد الأردن  المحافظة محافظة مادبا لواء لواء ذيبان قضاء قضاء العريض السكان التعداد السكاني 41 نسمة (إحصاء 2015)   • الذكور 28   • الإناث 13   • عدد الأسر 11 تعديل مصدري - تعديل   البقي...

Periquito-santo Estado de conservação Pouco preocupante (IUCN 3.1) Classificação científica Reino: Animalia Filo: Chordata Classe: Aves Ordem: Psittaciformes Família: Psittacidae Género: Forpus Espécie: F. passerinus Nome binomial Forpus passerinus(Linnaeus, 1766) Distribuição geográfica O periquito-santo (nome científico: Forpus passerinus) é uma espécie de ave pertencente à família Psittacidae. É um dos sete representantes do gênero Forpus. É considerada a menor espécie ...

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Sleep Marion song – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2018) 1995 single by MarionSleepSingle by Marionfrom the album This World and Body B-sideFathers DayReleased20 February 1995GenreBritpop, alternative rock, power popLabelLond...

سامانثا كارتر   معلومات شخصية الميلاد 29 ديسمبر 1968 (55 سنة)  مواطنة الولايات المتحدة  الحياة العملية الجنس أنثى  [لغات أخرى]‏  المهنة عالمة فيزياء فلكية،  وجندية،  وطيارة  اللغات الإنجليزية  موظفة في القوات الجوية الأمريكية  الخدمة العسكرية الفر...

此條目或其章節有關上映中的電視節目,內容可能因節目播出而有所更動。維基百科并非不经筛选的信息收集处。請留心記載正確信息,在信息相對明确之後進行編輯更新。 六方會談6자회담类型真人實境秀、綜藝節目主演金希澈、張度練、李敬揆、張東民、金龍萬、朴明洙制作国家/地区 大韓民國语言韓語集数4集每集长度約80分鐘制作拍攝地點 韩国制作公司KBS播出...

Стів Бушеміангл. Steven Vincent Buscemi Ім'я при народженні Стівен Вінсент БушеміSteven Vincent «Steve» BuscemiНародився 13 грудня 1957(1957-12-13) (65 років)Бруклін, Нью-Йорк[1][2]Громадянство  США[3]Діяльність актор, режисер, продюсерAlma mater Інститут театру і кіно Лі Страсберґаd, Nassau Community ...

Hidangan Hakka Hanzi: 客家菜 Kejia (Hakka): [Hak-kâ-chhoi] Alih aksara Mandarin - Hanyu Pinyin: kèjiā cài Kejia (Hakka) - Romanisasi: [Hak-kâ-chhoi] Min Nan - Romanisasi POJ: Kheh-ka-liāu-lí/Kheh-ka-chhài Yue (Kantonis) - Jyutping: Haak8 gaa1 coi3 Ayam Garam Masakan Hakka adalah masakan khas orang Hakka, suatu kelompok besar masyarakat yang bermukim di provinsi Guangdong dan Fujian di Tiongkok Selatan, juga di berbagai bagian lain di Tiongkok, serta komunitas-komunitas Hakka di sel...

سلسله اندى كار 2019 (بالانجليزى: 2019 NTT IndyCar Series)  البلد امريكا كندا  الرياضه سباق عربيات  الموسم 24  تاريخ 2019  تاريخ الانتهاء 22 سبتمبر 2019  عدد المباريات تعديل  سلسله اندى كار 2019 (بالانجليزى: 2019 IndyCar Series) هوا موسم رياضى فى سباق عربيات اتعمل فى كندا و امريكا سنة 2019. م...

Một hộp dụng cụ thời nay. Dao là một trong những dụng cụ sớm nhất làm từ con người. Từ nghĩa rộng của dụng cụ là sử dụng bề mặt của hai đồ vật hoặc hơn để làm việc hiệu quả hơn tuy theo mỗi ngành nghề. Những dụng cụ đơn giản nhất là máy cơ đơn giản hay gọi tắt là máy đơn giản. Ví dụ, đòn bẩy dựa vào tác dụng đòn bẩy và từ những điểm mấu chốt làm lực bẩy m...

Genus of spiders Raveniola R. chayi, female Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Arthropoda Subphylum: Chelicerata Class: Arachnida Order: Araneae Infraorder: Mygalomorphae Family: Nemesiidae Genus: RaveniolaZonstein[1] Type species Raveniola virgata(Simon, 1891) Species 43, see text Raveniola is a genus of spiders in the family Nemesiidae, first described in 1987 by Zonstein.[2] Species As of 2022[update], it contains 43 species widely...

1965 American filmThe Dirty GirlsOriginal film DVD coverDirected byRadley MetzgerScreenplay byPeter FernandezStory byPeter FernandezProduced byRadley Metzger (uncredited)StarringReine RohanDenyse RolandMarlene SherterPeter PartenAnne StengelLionel BernierCinematographyRoger DuculotHans JuraEdited byRadley MetzgerMusic byDaniel HartProductioncompanyCharles FilmsDistributed byAudubon FilmsFirst Run FeaturesImage EntertainmentRelease date 1965 (1965) Running time82 minutesCountryUSALanguage...

The following table lists the ranks and insignia of officers in NATO air forces. Officers (OF 1 - 10) NATO code OF-10 OF-9 OF-8 OF-7 OF-6 OF-5 OF-4 OF-3 OF-2 OF-1 OF(D) Student officer  Albanian Air Force[1]vte Gjeneral lejtant Gjeneral major Gjeneral brigade Kolonel Nënkolonel Major Kapiten Toger Nëntoger  Belgian Air Component[2]vte Generaal Luitenant-generaal Generaal-majoor Brigadegeneraal Kolonel Luitenant-kolonel Majoor Kapitein-commandant Kapitein Luite...

American academic & economist Lily BatchelderAssistant Secretary of the Treasury for Tax PolicyIncumbentAssumed office September 27, 2021PresidentJoe BidenPreceded byMark Mazur (Acting) Personal detailsBornBrookline, Massachusetts, U.S.Political partyDemocraticEducationStanford University (BA)Harvard University (MPP)Yale University (JD) Lily Lawrence Batchelder is the Robert C. Kopple Family Professor of Taxation at New York University and Assistant Secretary of the Treasury for tax p...

Historic house in North Carolina, United States United States historic placeMarley HouseU.S. National Register of Historic Places The Marley House in 2016Show map of North CarolinaShow map of the United StatesLocationNorth side of US 64 .1 miles west of the junction with SR 2475, near Staley, North CarolinaCoordinates35°44′39″N 79°33′03″W / 35.74417°N 79.55083°W / 35.74417; -79.55083Area12 acres (4.9 ha)Builtc. 1816 (1816)Architectural styleL...

Government officials report to Russian Internet Forum on the Electronic Russia programme in 2005 Russian Internet Forum (RIF) is the annual conference where people who feel they build the Runet meet. Those include members of Russian telecom and software industries, representatives of various Internet businesses and state institutions such as Federal Agency on Press and Mass Communications (FAPMC), Ministry for Economic Development and Trade, Ministry for Communications and Informatization of ...

SALMING Ekstraliga mężczyzn 2013/2014 ME 2012/13 MSE 2014/15 Szczegóły Państwo  Polska Liczba zespołów 7 Runda zasadnicza Termin 05.10.2013 – 26.01.2014 Liczba kolejek 14 Liczba meczów 56 Liczba bramek 819 Król strzelców Łukasz ChlebdaKS Szarotka Nowy Targ(46 bramek) Najskuteczniejszy zawodnik Piotr KostelaKS Górale Nowy Targ (72 pkt.) Runda finałowa Liczba meczów 20 Bramki 340 Zwycięzca MUKS Zielonka Ekstraliga polska w unihokeju mężczyzn 2013/2014 – 17. edycja najw...

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018) راضيان رازيان  - قرية -  تقسيم إداري البلد  إيران المحافظة أذربيجان الشرقية المقاطعة مقاطعة ...

2017 filmManhuntTheatrical release posterChinese追捕 Directed byJohn WooScreenplay by Gordon Chan Chan Hing Kai James Yuen Itaru Era Ho Miu Ki Maria Wong Sophie Yeh[3] Based onKimi yo Funnu no Kawa o Watareby Juko NishimuraProduced byGordon ChanStarring Zhang Hanyu Masaharu Fukuyama Qi Wei Ha Ji-won Jun Kunimura CinematographyTakuro IshizakiEdited byLee Ka Wah[3]Music byTaro Iwashiro[3]Productioncompanies Media Asia China Film Media Asia Audio Video Distribution Shen...

Kembali kehalaman sebelumnya