Pous Julius I

Pous Julius I
Geboortenaam Julius
Pontifikaat begin 6 Februarie 337
Pontifikaat eindig 12 April 352
Voorganger Markus
Opvolger Liberius
Gebore
Rome, Italië
Sterf 12 April 352
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Julius
Sint Pous Julius I

Sint Julius I, detail van 'n venster in die skip van Sint Joseph, La Coquille, Dordogne, Frankryk.
Gebore Rome, Italië
Sterfte 12 April 352, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Pelgrimsoord Katakombe van Calepodius
Feesdag 12 April
Attribute Swaard en palm

Julius I was die 35ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Julius I was 'n Romein van geboorte, die seun van Rustics. Op 6 Februarie 337 volg hy Pous Markus op en regeer tot sy dood op 12 April 352. Hy word opgevolg deur Pous Liberius. Die naam ‘Julius’ beteken uit die geslag van die Juliërs.

Pontifikaat

Die pontifikaat van Pous Julius I word gekenmerk deur indringende optrede in die Ariaanse kwessie. Na die dood van Konstantyn die Grote op 22 Mei 337 het sy seun Konstantyn II die goewerneur van Gallië, Athanasius, toegelaat om na die bisdom van Alexandrië terug te keer. Die Ariane in Egipte het egter hulle eie biskop aangestel ene Pistus en het 'n afvaardiging na Rome gestuur om Pous Julius te vra om die aanstelling te bekragtig. Die afvaardiging het die besluite van die raad van Tyrus (335) saamgebring om aan te toon dat Athanasius wettig afgeset is. Athanasius het sy eie afvaardiging na Rome gestuur met 'n sinodale brief van die Egiptiese biskoppe wat hulle patriarg verdedig het. Toe Athanasius se gesante in Rome aankom het Macarius die leier van die Ariaanse gesante die stad verlaat. Die twee oorblywende Ariaanse gesante en die afgevaardigdes van Athanasius is deur Pous Julius opgeroep om voor hom te verskyn. Die Ariaanse gesante het by die Pous gepleit dat hy 'n groot sinode moet saamroep waar beide partye hulle saak kon stel. Pous Julius het daartoe ingewillig.

Julius het die sinode in Rome laat plaasvind en twee gesante na die biskoppe van die Midde-Ooste gestuur om hulle daarheen uit te nooi. Onder die leiding van Eusebius van Nicomedia wat biskop van Konstantinopel was, het die biskoppe van die Midde-Ooste hulle eie sinode gehou in Antiogië en het George van Cappadocië in Pistus se plek as biskop van Alexandrië gekies. George het Athanasius uit Alexandrië verdryf en Athanasius het na Rome gevlug. Baie ander biskoppe onder andere Marcellus van Ancyra wat deur die Ariane verdryf is, het ook na Rome gekom. Die Ariaanse biskoppe van Eusebius het geweier om die sinode in Rome by te woon. Die sinode is gehou in die herfs van 340 of 341 onder voorsitterskap van die Pous in die kerk van die ouderling Vitus. Die sinode bevind dat Athanasius en Marcellus van Ancyra heraangestel moet word en berispe die biskoppe van die Midde-Ooste dat hulle eers vir die Pous toestemming moes gevra het, voordat hulle die biskoppe afgeset het.

Na sy oorwinning oor sy broer Konstantyn II was keiser Konstans heerser oor die grootste deel van die Romeinse Ryk. Hy het voorspraak gedoen by sy broer Konstantius keiser van die Ooste ten voordele van die afgesette biskoppe. Beide heersers het saamgestem dat 'n algemene kerkvergadering van die Westerse en die Oosterse biskoppe gehou moet word om die saak te besleg. Die kerkvergadering is gehou in die herfs van 342 of 343 in Sardica die belangrikste stad in die provinsie Dacia Mediterranea (naby die huidige Sofia). Julius het Archidamus, Philoxenus en die diaken Leo as sy afgevaardigdes gestuur. Die Ariaanse biskoppe het nie deelgeneem nie, maar die vergadering het die prosedure vir die aanklagte teen biskoppe en die Pous se reg op ingrype noukeurig vasgelê.

Nie teenstaande sy onskuldigbevinding deur die sinode van Sardica is Athanasius nie deur die keiser heraangestel nie tot na die dood van George.

In 346 skryf Pous Julius in brief aan die gemeente van Alexandrië om hulle geluk te wens met die terugkeer van hulle wettige biskop.

Die biskoppe Ursacius van Singidunum en Valens van Musia wat deur die sinode afgeset is, het hulle van Arianisme bekeer en is deur die Pous heraangestel.

Julius het twee basilieke in Rome laat bou, Santa Maria in Trastevere en die basiliek Julia (nou die Kerk van die Twaalf Apostels). Hy het ook drie begraafplase in Rome laat aanlê: een op pad na Porto, een op die Via Aurelia en 'n derde op die Via Flamina by die graf van St. Valentein.

Die verering van heiliges het vinnig versprei en in 336 stel Philocalus 'n vereringsalmanak op.

Verering

Julius I word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy reliek word bewaar in Santa Maria in Trastevere. Sy feesdag is op 12 April. Hy is die beskermheilige van die toiletskoonmakers.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001, bl. 30–32. ISBN 0300091656

Eksterne skakels


Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Markus
Biskop van Rome
337352
Opgevolg deur
Liberius

Read other articles:

«Escorpión» redirige aquí. Para otras acepciones, véase Escorpión (desambiguación). «Alacrán» redirige aquí. Para otras acepciones, véase Alacrán (desambiguación).   Escorpiones Rango temporal: 435 Ma - 0 Ma PreЄ Є O S D C P T J K Pg N Silúrico temprano - Presente Escorpión rojo indio (Hottentotta tamulus)TaxonomíaReino: AnimaliaFilo: ArthropodaSubfilo: ChelicerataClase: ArachnidaOrden: ScorpionesC. L. Koch, 1837Distribución Familias Ver sección Taxonomía ...

 

Ishak DaudLahir(1960-01-12)12 Januari 1960Blang Geulumpang, Idi Rayeuk, Aceh Timur, AcehMeninggal8 September 2004(2004-09-08) (umur 44)Peureulak, AcehPengabdian Aceh MerdekaLama dinasJuni 1987 — 8 September 2004PangkatPanglima WilayahKesatuanTentara Nasional AcehKomandanTgk Abdullah syafi'iPerang/pertempuranPemberontakan di Aceh  † Teungku Ishak Daud (12 Januari 1960 – 8 September 2004) adalah Panglima GAM wilayah Peureulak. Dia pernah dipenjarakan oleh peme...

 

1980 painting by David Inshaw The River Bank (Ophelia), David Inshaw, 140 cm × 120 cm (55 in × 47 in), Victoria Art Gallery The River Bank (Ophelia) is a 1980 painting by the English painter David Inshaw. The subject is from William Shakespeare's play Hamlet. It was made for a joint exhibition of the Brotherhood of Ruralists, where each artist made his own interpretation of the subject. Since 2015 it belongs to the Victoria Art Gallery in Bath, Somerset. Descri...

Goyang 고양高陽KotaTranskripsi Korea • Hangul고양시 • Hanja高陽市 • Ahli Aksara yang DisempurnakanGoyang-si • McCune-ReischauerKoyang-si Lambang GoyangNegara Korea SelatanWilayahSudogwonPembagian administratif3 gu, 35 dongLuas • Total267,29 km2 (10,320 sq mi)Populasi (2005) • Total1.073.069 • Kepadatan4.014,6/km2 (103,980/sq mi) • DialekSeoul Kota Goyang...

 

The PanturasInformasi latar belakangAsalJatinangor, Sumedang ,Bandung IndonesiaGenreSurf RockrockTahun aktif2015 - sekarangLabelLa Munai RecordsArtis terkait.FeastAnggotaAbyan Nabilio Surya Fikri Bagus Patria Rizal Taufik The Panturas merupakan sebuah grup musik Indonesia asal Kota Bandung, Jawa Barat[butuh rujukan]. The Panturas dibentuk pada tahun 2015 oleh Abyan Nabilio, Surya Fikri, Bagus Patria dan Rizal Taufik. Sepanjang kariernya mereka sudah merilis sebanyak dua album.[1&#...

 

Cet article est une ébauche concernant l’Espagne et le Concours Eurovision de la chanson. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Espagneau Concours Eurovision 1963 Données clés Pays  Espagne Chanson Algo prodigioso Interprète José Guardiola Compositeur Fernando García Morcillo Parolier Camillo Murillo Janero Langue Espagnol Sélection nationale Radiodiffuseur Televisión Española (TVE) Type...

Pakistani TV series or programme MunkirNida Khan (left) and Osman Khalid ButtGenreDramaWritten byZafar MairajDirected byNadeem SiddiquiCountry of originPakistanOriginal languageUrduNo. of seasons1No. of episodes24ProductionRunning time35 minutesProduction companyEveryday EntertainmentOriginal releaseNetworkTv OneRelease12 February (2017-02-12) –30 July 2017 (2017-07-30) Munkir (Urdu: منکر) is a Pakistani dramatic romance TV show. This drama is directed by Nadeem Sidd...

 

Minnesota's at-largeth congressional districtObsolete districtCreated185719101930Eliminated18631935Years active1857-18631913-19151933-1935 During the 35th through 37th Congresses, Minnesota elected its two members of the United States House of Representatives at-large statewide on a general ticket. Minnesota then elected a member (considered the 10th seat) to an at-large seat 1913-1915, with the remaining nine representatives elected in districts. Minnesota elected all its members at large fo...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (ديسمبر 2021) تشن ون-هواي   معلومات شخصية الميلاد 23 فبراير 1997 (26 سنة)[1]  تايبيه الجديدة  الجنسية تايوان  الحياة العملية المهنة رباعة  الرياضة رفع الأثقال...

Indian actor (born 1980) Jayam RaviRavi in 2015BornMohan Ravi (1980-09-10) 10 September 1980 (age 43)[1]Tirumangalam, Tamil Nadu, IndiaAlma materLoyola College, ChennaiOccupationActorYears active2003–presentSpouse Aarthi ​(m. 2009)​Children2ParentEditor Mohan (father)RelativesMohan Raja (brother) Mohan Ravi (born 10 September 1980), better known by his stage name Jayam Ravi, is an Indian actor who works in the Tamil cinema. He has won a Fi...

 

2021 studio album by French MontanaThey Got AmnesiaStudio album by French MontanaReleasedNovember 19, 2021 (2021-11-19)GenreHip hopLength60:10Label Coke Boy Bad Boy Epic Producer 12Keyz Armotunez Aye YB Boi-1da BoogzDaBeast Bordeaux Butterbeats Cardiak Diddy Elemantastic French Montana FnZ Go Grizzly Harry Fraud Hitmaka Keith-FF Kronic LayZbeats Lil CC London Jae Mixx Nik Dean Non Native Paul Cabbin Pooh Beatz Reefa Rich Steele Slimwave SMPLGTWY Stoopidondabeat Tay Keit...

 

Calendar used in the Bengal region Today  Bangladesh Friday Ogrohayon 23 1430 BS  India Friday 1430 BS 25 Jumada al-awwal 1445 AH 8 December 2023 AD This article contains Bengali text. Without proper rendering support, you may see question marks, boxes, or other symbols. The Bengali Calendar or Bangla Calendar (Bengali: বঙ্গাব্দ, lit. 'Baṅgābda'), colloquially (Bengali: বাংলা সন, romanized: Baṅgla Śon), is a solar calendar[1...

Financial services group DNB ASANative nameDen Norske BankTypeAllmennaksjeselskapTraded asOSE: DNBIndustryFinancial servicesFounded1822HeadquartersOslo, NorwayArea servedNorthern-EuropeKey peopleKjerstin Braathen (CEO), Olaug Svarva (Chairman)ProductsBanking and insuranceRevenueNOK 53.993 billion (2015)[1]Net incomeNOK 24.762 billion (2015)[1]Total assetsNOK 2.599 trillion (end 2015)[1]Total equityNOK 190.078 billion (end 2015)[1]OwnerNorwegian government (34&#...

 

Den här artikeln har skapats av Lsjbot, ett program (en robot) för automatisk redigering. (2015-11)Artikeln kan innehålla fakta- eller språkfel, eller ett märkligt urval av fakta, källor eller bilder. Mallen kan avlägsnas efter en kontroll av innehållet (vidare information) För andra betydelser, se Lista. Lista Lista, cabo, Lista, Cape Udde Kontinent  Antarktis Koordinater 63°01′00″S 62°38′00″V / 63.01667°S 62.63333°V / -63.01667; -62.63333 Ge...

 

2010 film by Siddharth P. Malhotra For the French comedy film, see We Are Family (2016 film). We Are FamilyTheatrical release posterDirected bySiddharth P. MalhotraWritten byVenita Coelho (Indian Adaptation)Story byGigi LevangieBased onStepmom (1998)Produced byHiroo Yash JoharKaran JoharStarringKajolKareena KapoorArjun RampalCinematographyK. U. MohananEdited byDeepa BhatiaMusic byOriginal Soundtrack:Shankar–Ehsaan–LoyBackground Score:Raju SinghProductioncompaniesColumbia PicturesUTV Motio...

Estuary bay near Houston on the Texas Gulf Coast Galveston BaySatellite image of Galveston Bay. Galveston Island is at the bottom of the image, separated from Bolivar Peninsula by Bolivar Roads. A portion of Greater Houston is visible to the left.Galveston BayLocationTexas Gulf CoastCoordinates29°34′11″N 94°56′12″W / 29.56972°N 94.93667°W / 29.56972; -94.93667Primary inflowsTrinity River, San Jacinto RiverOcean/sea sourcesGulf of MexicoBasin countriesU...

 

District in Anhui, People's Republic of ChinaHuaishang 淮上区DistrictCountryPeople's Republic of ChinaProvinceAnhuiPrefecture-level cityBengbuArea • Total412 km2 (159 sq mi)Population (2018) • Total236,000Time zoneUTC+8 (China Standard)Postal code233002 Huaishang (Chinese: 淮上; pinyin: Huáishàng) is a district of the city of Bengbu, Anhui Province, China. Administrative divisions In the present, Huaishang District has 1 subdistrict, ...

 

  لمعانٍ أخرى، طالع كرايغ باول (توضيح). هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (أبريل 2019) كرايغ باول معلومات شخصية الميلاد 13 نوفمبر 1971 (53 سنة)  يونغزتاون  مواطنة الولايات المتحدة  الطول 193 سنتيمتر&#...

Spanish water polo player In this Spanish name, the first or paternal surname is Miranda and the second or maternal family name is Dorado. Lorena Miranda Personal informationFull name Lorena Miranda DoradoBorn (1991-04-07) 7 April 1991 (age 32)Ceuta, SpainHeight 174 cm (5 ft 9 in)Weight 73 kg (161 lb)Number 7National teamYears Team2014 Spain Medal record Women's water polo Representing  Spain Olympic Games 2012 London Team World Championships 20...

 

نيكولا والتر معلومات شخصية الميلاد 22 نوفمبر 1934  تاريخ الوفاة 7 مارس 2000 (65 سنة)   مواطنة المملكة المتحدة  الأولاد ناتاشا والتر[1]  الأب ويليام غراي والتر[2]  الحياة العملية المدرسة الأم كلية إكستر  المهنة صحفي،  ولاسلطوي،  وكاتب  اللغات الإنجليزي...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!