Pous Nicolaas was hervormingsgesind en op 13 April1059 vaardig hy 'n dekreet uit wat bepaal dat die pous voortaan slegs deur die kardinale verkies sal word. Ten opsigte van die Normandiërs in Suid-Italië volg hy 'n ander koers as sy voorgangers. Hy het 'n verbond gesluit met Robert Guiscard, die Normandiese leier en daardeur vrede verseker. Dit het egter nie die goedkeuring van die Duitse biskoppe gehad nie en hulle het probeer om die pous se besluite ongeldig te laat verklaar op 'n sinode in die somer van 1060.
Toe Nicolaas op 27 Julie1061 sterf het die Duitsers dadelik 'n teenpous Honorius II uit Basel, verkies. Honorius was van Duitse afkoms en is voorgestel deur keiserin Agnes.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Brand (P); GARIN (J), 1925, Un pape savoyard, Nicolas II (1059–1061), Librairie Dardel, 76 p.