Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Pous Clemens V

Pous Clemens V
Geboortenaam Bertrand de Got
Pontifikaat begin 5 Junie 1305
Pontifikaat eindig 20 April 1314
Voorganger Benedictus XI
Opvolger Johannes XXII
Gebore 1264
Villandraut, Frankryk
Sterf 20 April 1314
Roquemaure, Frankryk
Ander pouse genaamd Clemens

Clemens V was die 195ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1305 tot 1314. Hy is veral bekend vir die opheffing van die Tempeliers en die verskuiwing van die setel van die pous na Avignon in Frankryk.

Biografie

Pous Clemens V[1] is gebore as Bertrand de Got (ook gespel Gouth of Goth) in 1264 in Villandraut, Frankryk. Hy studeer regte in Orléans en Bologna en word biskop van Comminges in Maart 1295. In 1299 word hy kardinaal-biskop van Albano en in 1299 benoem Pous Bonifatius VIII hom tot aartsbiskop van Bordeaux. Na 'n konklaaf van elf maande volg hy op 5 Junie 1305 Pous Benedictus XI op, maar word eers gekroon op 14 November 1305 in Lyon in die aanwesigheid van koning Philip IV van Frankryk. Hy regeer tot sy dood, vermoedelik weens kanker, op 20 April 1314 en word opgevolg deur Pous Johannes XXII. Die naam ‘Clemens’ beteken 'die sagmoedige'.

Pontifikaat

Die Tempeliers

Die Franse koning Philip IV, die Skone, wou die Orde van die Tempeliers vernietig en hulle aansienlike rykdom konfiskeer. Hy het hulle beskuldig van kettery, maar slegs die Kerk kon hulle veroordeel. Philip het gedink die proses sou vinnig afgehandel word na die bekentenisse wat deur foltering verkry is. Pous Clemens V[2] het die proses egter moedswillig vertraag. Op Vrydag 13 Oktober 1307 word die Tempeliers in Frankryk gearresteer en op 22 November 1307 het Clemens die opdrag gegee aan alle Christelike vorste om die Tempeliers te arresteer en hulle besittings aan die Kerk beskikbaar te stel. In Februarie 1308 skort hy die aktiwiteite van die Franse Inkwisisie op. Op 12 Augustus 1308 word die pouslike aanklagte teen die Tempeliers gepubliseer en 'n ondersoekskommissie word aangestel.

Die konsilie van Vienne, wat op 16 Oktober 1311 begin het, het die lot van die Tempeliers bepaal. Die konsilie wou nie die orde veroordeel nie, maar die pous besluit om die tempelorde tog op te hef, egter sonder om hulle vir kettery te veroordeel. Met die bul “Vox in Excelso” (22 Maart 1312) skaf hy die orde af en met die bul “Ad Providam” (2 Mei 1312) dra hy hulle besittings oor aan die Hospitaalridders. Die laaste Grootmeester van die Tempeliers, Jacques de Molay het die pous en die koning vervloek toe hy op die brandstapel sterf.

Die perkament van Chinon

In 2001 word die “perkament van Chinon” [3] in die geheime argief van die Vatikaan ontdek. Dit bevat die verslag van die verhore van verskeie Tempeliers en ook aantekeninge van Pous Clemens. Daaruit blyk dat die pous hulle in 1314 vrygespreek het van kettery, hulle vergewing van sondes gegee het en dat die pous vergiffenis vir sy optrede gevra het.

Clemens die juris

Pous Clemens V was 'n regsgeleerde. Hy het sy uitsprake saam met die van die konsilie van Vienne gebundel en uitgegee as die “Clementinae Constitutiones”. Sy opvolger Pous Johannes XXII het na Clemens se skielike dood, die versameling aan die universiteite deurgegee in 1317. Veral die dekreet “Saepe contingit” is belangrik omdat daarin die minimum vereistes vir 'n korrekte kerklike hofsaak vasgelê word. Met die bul “Exivi de Paradiso”” van 6 Mei 1312 lê hy die regulasies van die Minderbroeders (Fratres Minores) vas.

Die vertrek na Avignon

Vanaf 1305 bly die pous afwisselend in Bordeaux, Poitiers en Toulouse. In Maart 1309 het die pouslike hof van Poitiers na Avignon verhuis. Avignon was toe nie in Frankryk nie maar 'n keiserlike leengebied gehou deur die koning van Sisilië. Die verskuiwing na Avignon is deur die Franse geregverdig om rede die toestand in Rome weens die stryery van die Colonna en die Orsini families, onveilig was. Die pous se hof het egter tot 1377 in Avignon gebly.

Die hofsaak teen Pous Bonifatius VIII

Op aandrang van koning Philip IV, heropen Clemens die Nogaret-hofsaak teen Pous Bonifatius VIII op aanklag van kettery. Die saak het begin op 2 Februarie 1309 in Avignon en vir twee jaar aangekarring. Clemens het egter in Bonifatius se onskuld geglo en in 1311 is die saak na die konsilie van Vienne verwys.

Die Mongole en die kruistog

Hayton van Corycus gee sy verslag oor die Mongole aan die pous.

Clemens het van tyd tot tyd met die Mongole onderhandel om 'n alliansie teen die Moslems te probeer stig. In April 1305 stuur die Mongoolse Khan Oljeitu 'n gesantskap onder leiding van Buscarello de Ghizolfi na Clemens, koning Philip en koning Edward I van Engeland. In 1307 is daar nog 'n gesantskap van die Mongole onder leiding van Tommaso Ugi di Siena. Niks het egter ooit van die onderhandeling gekom nie.

Op 4 April 1312 roep die pous op tot 'n kruistog tydens die konsilie van Vienne. 'n Nuwe gesantskap is na Oljeitu en Edward gestuur om vir ondersteuning te vra. In 1313 het Philip onderneem om op kruistog te gaan teen die advies van Enguerrand de Marigny, maar hy is dood in 'n jagongeluk in November 1314.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

  1. Clement V. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Shahan, T. (1908). Pope Clement V. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Januarie 16, 2009 by http://www.newadvent.org/cathen/04020a.htm
  3. Van de Venn, Ben (2007) Mogelijk rehabiliatie Tempeliers op komst. In: Katholiek Nieuwsblad, 12 October. Url: http://www.katholieknieuwsblad.nl/actueel24/kn2441f.htm. Besoek 12 Januarie 2009

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Benedictus XI
Pous (Pontifex Maximus)
13051314
Opgevolg deur
Johannes XXII

Read other articles:

Weathering with YouPoster rilis teater JepangNama lainJepang天気の子HepburnTenki no KoArtiAnak [Sang] Cuaca Sutradara Makoto Shinkai ProduserGenki Kawamura[1]Ditulis oleh Makoto Shinkai Pemeran Kotaro Daigo Nana Mori Penata musikRadwimps[2][3]Perusahaanproduksi CoMix Wave Films Story Inc.[4] Distributor TOHO (Jepang) Encore Films Indonesia (Indonesia) Tanggal rilis 19 Juli 2019 (2019-07-19) (Jepang) 21 Agustus 2019 (2019-08-21) ...

City neighborhood in Madrid, Community of Madrid, SpainEnsanche de VallecasCity neighborhoodCountrySpainRegionCommunity of MadridMunicipalityMadridDistrictVilla de VallecasPopulation (2020) • Total49,290 Ensanche de Vallecas is an administrative neighborhood of Madrid, belonging to the district of Villa de Vallecas. The urbanisation of the area was conceived as a PAU (Programa de Actuación Urbanística) named Ensanche de Vallecas within the Casco Histórico de Vallecas neigh...

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018) هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها...

Indian television actress This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: Avantika Hundal – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2021) (Learn how and when to remove this template ...

Stasiun Bojonggede B23 Stasiun BojonggedeLokasiJalan Raya BojonggedeBojonggede, Bojonggede, Bogor, Jawa Barat 16922IndonesiaKoordinat6°29′36″S 106°47′42″E / 6.4932666°S 106.7948931°E / -6.4932666; 106.7948931Koordinat: 6°29′36″S 106°47′42″E / 6.4932666°S 106.7948931°E / -6.4932666; 106.7948931Ketinggian+140 mOperatorKAI CommuterLetak dari pangkalkm 42+965 lintas Jakarta-Manggarai-Bogor[1]Jumlah peronDua peron sisi...

МартійMarthille   Країна  Франція Регіон Гранд-Ест  Департамент Мозель  Округ Саррбур-Шато-Сален Кантон Дельм Код INSEE 57451 Поштові індекси 57340 Координати 48°55′31″ пн. ш. 6°33′38″ сх. д.H G O Висота 249 - 359 м.н.р.м. Площа 10,2 км² Населення 168 (01-2020[1]) Густота 17,75 ос./км²

星方天使エンジェルリンクス ジャンル SF アニメ 原作 矢立肇、伊東岳彦 監督 山口祐司 シリーズ構成 あみやまさはる キャラクターデザイン 西田亜沙子 メカニックデザイン 中原れい 音楽 佐橋俊彦 アニメーション制作 サンライズ 製作 サンライズ、バンダイビジュアル 放送局 WOWOW 放送期間 1999年4月7日 - 6月30日 話数 全13話 漫画 原作・原案など 矢立肇、伊東岳彦 作画

Siderópolis Municipio BanderaEscudo Lema: Tendens ad Sidera(en latín:Apuntando a las estrellas) SiderópolisLocalización de Siderópolis en Brasil Localización de Siderópolis en Santa CatarinaCoordenadas 28°35′52″S 49°25′26″O / -28.597777777778, -49.423888888889Entidad Municipio • País Brasil • Región Región Sur de Brasil • Estado  Santa Catarina • Intermedia Criciúma • Inmediata CriciúmaPrefecto Franqui Salvaro (2021...

Véase también: Elecciones provinciales de Argentina de 2011 ← 2007 •  • 2015 → Elecciones provinciales de 2011Gobernador para el período 2011-201524 de 48 escaños de la Cámara de Diputados19 de 38 escaños del Senado Provincial Fecha 23 de octubre de 2011 Tipo Provincial Demografía electoral Hab. registrados 1,234,251 Votantes 1,000,269 Participación    81.04 %  6 % Votos válidos 870,653 (87,04%) Votos en blanco 86,4...

  لمعانٍ أخرى، طالع خوان غونزاليس (توضيح). هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يوليو 2019) خوان غونزاليس معلومات شخصية الميلاد 20 أكتوبر 1969 (54 سنة)  مواطنة الولايات المتحدة بورتوريكو  الحياة العملي...

Latin Catholic jurisdiction in China Diocese of XianxianDioecesis Scienscienensis天主教献县教区Sacred Heart CathedralLocationCountryChinaEcclesiastical provinceBeijingStatisticsArea8,400 km2 (3,200 sq mi)Population- Total- Catholics(as of 1950)2,200,00062,000 (2.8%)InformationDenominationCatholic ChurchSui iuris churchLatin ChurchRiteRoman RiteCathedralCathedral of the Sacred Heart in XianxianCurrent leadershipPopeFrancisBishopJoseph Li LianguiMetropolitan...

Untuk self-titled album, lihat Symphony X (album). Symphony XSymphony X tampil pada acara Hellfest (French music festival), 2013Informasi latar belakangAsalMiddletown, New Jersey, Amerika SerikatGenreProgressive metal, power metal, neo-classical metal, symphonic metalTahun aktif1994–sekarangLabelNuclear Blast, Inside Out Music, Zero CorporationSitus webwww.symphonyx.comAnggotaMichael RomeoMichael PinnellaJason RulloRussell AllenMichael LepondMantan anggotaThomas MillerRod TylerThomas Wallin...

2008 crime film directed by Matteo Garrone GomorrahItalian theatrical release posterItalianGomorra Directed byMatteo GarroneScreenplay byMatteo GarroneRoberto SavianoMaurizio BraucciUgo ChitiGianni Di GregorioMassimo GaudiosoBased onGomorrahby Roberto SavianoProduced byDomenico ProcacciStarringToni ServilloGianfelice ImparatoMaria NazionaleSalvatore CantalupoGigio MorraSalvatore AbruzzeseMarco MacorCiro PetroneCarmine PaternosterCinematographyMarco OnoratoEdited byMarco SpoletiniMusic byGiova...

حكومة إسرائيل الثانيةمعلومات عامةالاختصاص إسرائيل رئيس الحكومة دافيد بن غوريون التكوين 1 نوفمبر 1950 النهاية 8 أكتوبر 1951 المدة 11 شهرًا و7 أيامٍحكومة إسرائيل الأولى 1949 حكومة إسرائيل الثالثة 1951 تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات حكومة إسرائيل الثانية تشكلت خلال الكنيست...

Book by Ann Grifalconi Ain't Nobody a Stranger to Me AuthorAnn GrifalconiIllustratorJerry PinkneyCountryUnited StatesLanguageEnglishGenreChildren's literature, picture book, African-American historyPublished2007 (Hyperion Books for Children)Media typePrint (hardback, paperback)Pages32 (unpaginated)ISBN9780786818570OCLC86222232 Ain't Nobody a Stranger to Me is a 2007 picture book by Ann Grifalconi and illustrator Jerry Pinkney about an old man telling his granddaughter of he and his young...

Hospital in Essex, EnglandBraintree Community HospitalMid and South Essex NHS Foundation TrustGeographyLocationChadwick Drive, Braintree, Essex, EnglandCoordinates51°52′47″N 0°32′18″E / 51.8798°N 0.5382°E / 51.8798; 0.5382OrganisationCare systemNational Health ServiceTypeCommunityHistoryOpened19 April 2010LinksWebsitewww.mse.nhs.uk/other-locations-and-sites Braintree Community Hospital is a community hospital in Braintree, Essex. It is run by Mid and South ...

British trade unionist and Liberal-Labour politician For the Virginia politician, see Charles R. Fenwick. For the Canadian Surgeon General, see Charles Philip Fenwick. Charles Fenwick c.1895 Charles Fenwick c.1905 Charles Fenwick (5 May 1850 – 20 April 1918) was a British trade unionist and Liberal–Labour politician who sat in the House of Commons from 1885 to 1918.[1][2] Fenwick was born in Cramlington, Northumberland, and became a coal miner at the age of 10. In 1863 he ...

District of Kosovo This article is about the district in Kosovo. For the district of the Serbian government, see Kosovska Mitrovica District (Serbia). This article uses bare URLs, which are uninformative and vulnerable to link rot. Please consider converting them to full citations to ensure the article remains verifiable and maintains a consistent citation style. Several templates and tools are available to assist in formatting, such as reFill (documentation) and Citation bot (documentation)....

Revolusi AnyelirBagian dari transisi Portugal menuju demokrasi dan Perang Dingin25 April selamanya! 1978Tanggal25 April 1974; 49 tahun lalu (1974-04-25)LokasiPortugalSebab Represi kebebasan sipil, kebebasan politik, dan kebebasan berpendapat Berkembangnya antiimperialisme, meningkatnya anggaran militer, dan isolasi internasional MetodeKudeta, revolusi damaiHasil Imperium Portugal bubar Dimulainya transisi Portugal menuju demokrasi Perang Kolonial Portugis berakhir dan kemerdekaan bagi An...

This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Endless Harmony Soundtrack – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2016) (Learn how and when to...

Kembali kehalaman sebelumnya