Pous Gregorius VIII[1] is gebore as Alberto de Morra ongeveer in 1110 in Benevento, Italië uit 'n adellike familie. Op jeugdige ouderdom word hy 'n Cisterciënser monnik in die klooster van Laon. In 1120 sluit hy hom aan by die Norbertyne. Sover (2008) is hy die enigste pous uit die Norbertynse orde. Alberto word deur Pous Adrianus IV as kardinaal aangestel in 1155 en in 1158 kry hy die titelkerk van St. Lorenzo in Lucina. In 1172 woon hy die konsilie van Avranches by as pouslike legaat, waar Hendrik II van Engeland vergiffenis kry vir die moord op Thomas Becket. Op 21 Oktober 1187 volg hy Pous Urbanus III op nadat Hendrik van Clairvaux geweier het en regeer tot sy dood op 17 Desember1187. Hy word opgevolg deur Pous Clemens III.
Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
Pontifikaat
Pous Gregorius VIII[2] is op 25 Oktober1187 in die amp bevestig en sy eerste daad was om die bul "Audita tremendi" uit te reik op 29 Oktober1187 waarin hy die oproep tot die derde kruistog na die verlies van die slag van Hattin en die verowering van Jerusalem deur Saladin op 2 Oktober1187. Die pous het nooit die derde kruistog sien gebeur nie, want sterf aan koors nog dieselfde jaar.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
↑Loughlin, James. "Pope Gregory VIII." The Catholic Encyclopedia. Vol. 6. New York: Robert Appleton Company, 1909. 4 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/06795a.htm>.
Eksterne skakels
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: