2 Oktober
2 Oktober is die 275ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (276ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 90 dae in die res van die jaar.
Gebeure
313 – Die eerste Lateraanse sinode vind plaas.
1316 – Pous Johannes XXII neem sy intrek in Avignon .
1529 – Martin Luther en Ulrich Zwingli ontmoet in Marbach. ’n Geskil oor die gebruik van die nagmaal lei daartoe dat Switserse en Duitse Protestante nie verenig nie.
1623 – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini sr. aan as kardinaal.
1730 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Alessandro Aldobrandini, titulêr aartsbiskop van Rodi.
1756 – Gregorio Barnaba Chiaramonti , later Pous Pius VII , word Benediktyner-monnik.
1758 – Pous Clemens XIII stel Antonio Marino Priuli, biskop van Vicenza , en François-Joachim de Pierres de Bernis, kanunnik van Lyon , aan as kardinale.
1826 – Pous Leo XII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder Pietro Caprano, titulêr aartsbiskop van Iconio.
1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin.
1847 – Pous Pius IX stel munisipale bestuur van Rome in.
1901 – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water.
1954 – Die Maria van Riebeeck-standbeeld word deur prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld onthul.
1958 – Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk .
1981 – Switserse elektronika- en tegnologiemaatskappy Logitech deur ingenieurs Daniel Borel, Pierluigi Zappacosta en Giacomo Marini gestig.
1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet -besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjetsektor van Oos-Berlyn bestaan het, kom tot ’n einde.
2004 – Parkrun word deur Paul Sinton-Hewitt gestig by Bushy Park in Londen , Engeland .
Geboortes
Gandhi in 1929
1452 – Richard III , koning van Engeland († 1485 ).
1627 – Patriarg Adriaan van Moskou , laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland († 1700 ).
1852 – Curt von François , die stigter van Windhoek († 1931 ).
1852 – William Ramsay , Skotse chemikus en Nobelpryswenner († 1916 ).
1857 – MT Steyn , president van die Vrystaat († 1916 ).
1867 – James Stevenson-Hamilton , Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en (Britse) soldaat († 1957 ).
1869 – Mahatma Gandhi , Indiese massa-bewegingsleier († 1948 ).
1897 – Bud Abbott , Amerikaanse akteur en komediant († 1974 ).
1926 – Jan Morris , Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer († 2020 ).
1929 – Lorrae Desmond , Australiese aktrise († 2021 ).
1936 − Sandra Seacat , Amerikaanse aktrise en leermeesteres († 2023 ).
1944 − Ton Koopman , Nederlandse dirigent, orrelis, klavesimbelspeler en musikoloog.
1951 – Sting , Britse akteur en sanger.
Sterftes
829 – Michael II , keiser van die Bisantynse Ryk (* 770 ).
1264 – Pous Urbanus IV , 182ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195 ).
1919 – Alfred Geist, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863 ).
1920 – Max Bruch , Duitse komponis (* 1838 ).
1927 – Svante Arrhenius , Sweedse chemikus , fisikus en Nobelpryswenner (* 1859 ).
1985 – Rock Hudson , Amerikaanse akteur (* 1925 ).
1998 – Gene Autry , Amerikaanse akteur (* 1907 ).
1999 – Sarel Hayward , Suid-Afrikaanse politikus (* 1924 ).
1999 – Heinz G. Konsalik , Duitse outeur (* 1921 ).
1999 – Georg Tintner , Oostenrykse dirigent (* 1917 ).
2016 – Neville Marriner , Engelse violis en dirigent (* 1924 ).
2023 – Trienke Laurie , Suid-Afrikaanse skrywer (* 1946 ).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 Oktober .