Die Phoenix-dwergsterrestelsel of PGC 6830 is ’n onreëlmatige satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeldFeniks. Dit is in 1976 deur Hans-Emil Schuster en Richard Martin West ontdek en aanvanklik aangesien vir ’n bolvormige sterreswerm.[1][2] Dit is tans sowat 1,44 miljoen ligjare van die Son af.
Eienskappe
Die Phoenix-dwerg het jong sterre in die middel wat in ’n oos-wes-rigting loop en ouer sterre buite wat noord-suid loop. Dit lyk of die sentrale gebied se tempo van stervorming nog altyd redelik konstant gebly het.[3] In 1999 het St-Germain en ander ’n H I-gebied van sowat 105sonmassas net wes van Phoenix ontdek wat fisiek gebonde aan die sterrestelsel kan wees as bewys kan word dat hul radiale snelheid dieselfde is.[4]
Verwysings
↑Schuster, H.-E.; West, R.M. (05/1976). "A very distant globular cluster?". Astronomy & Astrophysics. 49: 129–131. Bibcode:1976A&A....49..129S. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |date= (hulp)
↑Canterna, R.; Flower, P.J. (Maart 1977). "A new dwarf irregular galaxy in the constellation Phoenix". Astrophysical Journal. 212 (Letters): L57–L58. Bibcode:1977ApJ...212L..57C. doi:10.1086/182374.