Die Carina-Sagittarius-arm is een van die klein spiraalarms van die Melkweg.[1] Elke spiraalarm is ’n lang, uitgespreide krom stroom sterre, gas en stof wat vanaf die sentrale staaf van die Melkweg na buite kronkel. Dit bevat dikwels miljarde sterre en duisende gaswolke. In die Carina-Sagittarius-arm is ’n groot aantal H II-gebiede, jong sterre en reuse- molekulêre wolke.[2] Dit lê tussen die twee groot spiraalarms, die Scutum-Centaurus-arm en die Perseus-arm.[1]
Die Carina-Sagittarius-arm is in twee dele verdeel. Vanaf die sentrale staaf lê die Sagittarius-arm, wat verder weg die Carina-arm word.[1]
↑Steiman-Cameron, T.Y.; Wolfire, M.; Hollenbach, D. (2010). "Cobeand the Galactic Interstellar Medium: Geometry of the Spiral Arms from Fir Cooling Lines". The Astrophysical Journal. 722 (2): 1460. Bibcode:2010ApJ...722.1460S. doi:10.1088/0004-637X/722/2/1460.