"Plaaslike Superswerm" stuur jou aan na dié artikel. Vir die superswerm wat in 2014 ontdek is en waarvolgens Virgo net deel van ’n groter superswerm is, sien Laniakea-superswerm.
Volgens ’n studie in September 2014 is die Virgo-superswerm net deel van ’n groter swerm, die Laniakea-superswerm, wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves.[1]
Agtergrond
Reeds met die eerste groep newels wat in 1863 deur William en John Herschel gepubliseer is, was dit duidelik dat daar ’n merkbare oorvloed van newelvelde in die sterrebeeldMaagd is. In die 1950's het die Frans-Amerikaanse sterrekundigeGérard Henri de Vaucouleurs voorgestel dat hierdie oorvloed ’n grootskaalse sterrestelselagtige struktuur verteenwoordig; hy het dit in 1953 die "Plaaslike Supergalaktika" genoem en dié term in 1958 verander na "Plaaslike Superswerm" (PS).[2] Die debat oor of die PS wel ’n struktuur is en of dit ’n toevallige oplyning van sterrestelsels is, het in die 1960's en '70's voortgeduur.[3]
Die kwessie is opgelos met die rooiverskuiwing-opmetings van die laat 1970's en vroeë 1980's, wat ’n plat konsentrasie van sterrestelsels getoon het.[4]
Struktuur
In ’n omvattende dokument het R. Brent Tully in 1982 die resultate van sy navorsing oor die basiese struktuur van die PS gepubliseer. Die superswerm bestaan uit twee dele: ’n plat skyf wat twee derdes van die superswerm se liggewende sterrestelsels bevat, en ’n rofweg bolvormige halo of ring wat die oorblywende derde bevat.[5]
Die skyf self het ’n dun (~1 miljoen parsek) ellipsvorm met ’n verhouding tussen die lang en die kort as van minstens 6:1, en moontlik tot 9:1.[6]
Danksy data wat in Junie 2003 bekendgemaak is ná ’n vyfjaarstudie was sterrekundiges in staat om die PS met ander superswerms te vergelyk. Die PS is ’n redelike klein en arm (m.a.w. sonder ’n hoëdigtheidskern) superswerm. Dit het een ryk sterrestelselswerm in die middel wat omring is deur filamente van sterrestelsels en arm groepe.[7]
Die Plaaslike Groep is aan die buitewyke van die PS geleë in ’n klein filament wat van die Fornax-swerm tot die Virgo-swerm strek.[4] Die Virgo-superswerm se volume is min of meer 7 000 keer dié van die Plaaslike Groep en 100 miljard keer dié van die Melkweg.
Dinamika
Sedert die laat 1980's is dit duidelik dat nie net die Plaaslike Groep nie, maar alle materie tot op ’n afstand van 50 miljoen parsek, teen 600 km/s beweeg in die rigting van die Norma-sterrestelselswerm (Abell 3627) – ook bekend as die Groot Aantrekker as gevolg van dié tot dusver onverklaarbare verskynsel.[8]
↑R. Brent Tully, Helene Courtois, Yehuda Hoffman, Daniel Pomarède (2 September 2014). "The Laniakea supercluster of galaxies". Nature. 513 (7516): 71. arXiv:1409.0880. Bibcode:2014arXiv1409.0880T. doi:10.1038/nature13674. {{cite journal}}: Onbekende parameter |publicationdate= geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑de Vaucouleurs, G. (Maart 1981). "The Local Supercluster of Galaxies". Bulletin of the Astronomical Society of India. 9: 1. Bibcode:1981BASI....9....1D.
↑Plionis, Manolis; Valdarnini, Riccardo; Valdarnini (Maart 1991). "Evidence for large-scale structure on scales about 300/h MPC". Royal Astronomical Society, Monthly Notices. 249: 46–61. Bibcode:1991MNRAS.249...46P.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Brent Tully: The Local Supercluster, Astrophys. J., vol. 257, pp. 389–422 (1982)
Oscar Monchito: Superclusters and Other Stuff, Colton, vol. 12, pp. 124–118 (1992)