Newel

Die Skeppingspilare in die Arend-newel.
Die newel NGC 604 in die sterrebeeld Driehoek.

’n Newel, newelvlek of nebula is ’n wolk van ruimtestof, waterstof, helium en ander geïoniseerde gasse. Hulle is dikwels stervormende gebiede, soos die Arend-newel in die sterrebeeld Slang.

Die woord "newel" is oorspronklik gebruik vir enige groot ruimtevoorwerp, insluitende sterrestelsels buite die Melkweg, totdat die ware aard van sterrestelsels ontdek is. So is die Andromeda-sterrestelsel eers die "Andromeda-newel" genoem.

In ’n stervormende gebied koek die gas, stof en ander materiaal saam om groter massas te vorm; dié trek nog materiaal aan en word eindelik groot genoeg om sterre te vorm. Daar word geglo die orige materiaal vorm dan planete en ander ruimtevoorwerpe.

Geskiedenis

Omstreeks 150 n.C. het Claudius Ptolemeus in boeke VII-VIII van sy Almagest vyf sterre aangeteken wat newelagtig voorkom. Hy het ook ’n newelagtige streek tussen die sterrebeelde Groot Hond en Leeu opgemerk wat nie met enige ster geassosieer was nie. Die eerste ware newel, soos onderskei van ’n sterreswerm, is genoem deur die Arabiese sterrekundige Abd al-Rahman al-Soefi in sy Boek van Vaste Sterre (964).[1] Hy het "’n klein wolk" waargeneem waar die Andromeda-sterrestelsel geleë is.[2] Hy het ook die Omicron Velorum-sterreswerm en ander newelagtige voorwerpe as "newelagtige sterre" aangeteken.[1] Die supernova wat die Krap-newel gevorm het, SN 1054, is in 1054 deur Arabiese en Chinese sterrekundiges waargeneem.[3][4]

Om ’n rede wat nie bekend is nie, het Al-Sufi niks gesê van die Orion-newel, wat minstens net so prominent as die Andromeda-sterrestelsel aan die naghemel is, nie. Op 26 November 1610 het Nicolas-Claude Fabri de Peiresc die Orion-newel met ’n teleskoop ontdek. Dit is ook in 1618 deur Johann Baptist Cysat gesien. Die eerste gedetailleerde beskrywing van die newel is egter eers in 1659 gegee deur Christian Huygens, wat geglo het hy is die eerste persoon wat dit sien.[2]

In 1715 het Edmund Halley ’n lys van ses newels gepubliseer.[5] Meer mense het newels begin sien en in 1746 het Jean-Philippe de Cheseaux ’n lys van 20 newels (onder meer agt wat voorheen onbekend was) saamgestel. Van 1751-'53 het Nicolas-Louis de Lacaille 42 newels gelys wat hy van die Kaap die Goeie Hoop af gesien het. Die meeste van dié was voorheen onbekend. Charles Messier het teen 1781 ’n lys gemaak van 103 "newels" (nou Messier-voorwerpe genoem; dit sluit voorwerpe in wat nou bekend is as sterrestelsels). Hy het eintlik in komete belanggestel en het voorwerpe wat met komete verwar kan word, gelys sodat dit nie sy tyd mors nie.[6]

Die aantal newels is daarna aansienlik uitgebrei deur veral William Herschel en sy suster Caroline Herschel. Hul Catalogue of One Thousand New Nebulae and Clusters of Stars is in 1786 gepubliseer. ’n Tweede katalogus met 1 000 newels is in 1789 gepubliseer en ’n derde met 510 newels in 1802. Tydens die grootste deel van hul werk het William Herschel geglo die newels is verafgeleë sterreswerms. In 1790 het hy egter ’n ster ontdek wat deur newelagtigheid omring is en afgelei wat die ware aard van newelagtigheid is.[6]

In die begin van 1864 het William Huggins die spektrums van sowat 70 newels ondersoek. Hy het gevind dat sowat ’n derde van hulle die absorpsiespektrum van ’n gas het. Die res se spektrum was aaneenlopend en daar is geglo dat hulle uit ’n massa sterre bestaan.[7][8] ’n Derde kategorie is in 1912 bygevoeg toe Vesto Slipher gewys het dat die spektrum van die newels wat die ster Merope omring, ooreenstem met die spektrum van die oop sterreswerm Plejades. Die newels se uitgestraalde lig is dus weerkaatste sterlig.[9]

In omstreeks 1922 het dit duidelik geword dat baie "newels" eintlik sterrestelsels is wat ver van die Melkweg af geleë is.

Slipher en Edwin Hubble het voortgegaan om die spektrum van baie verskillende newels te ondersoek en het gevind dat 29 van hulle ’n emissiespektrum getoon het, terwyl 33 die ononderbroke spektrum van sterlig het.[8] In 1922 het Hubble aangekondig dat feitlik alle newels met sterre geassosieer word en dat hul uitstraling van sterlig af kom. Hy het ook ontdek dat newels met ’n emissiespektrum feitlik altyd geassosieer word met sterre van spektraaltipe B1 of warmer, terwyl die newels met ’n ononderbroke spektrum by koeler sterre voorkom.[10] Beide Hubble en Henry Norris Russell het afgelei dat newels om warmer sterre die een of ander transformasie ondergaan.[8]

Die vorming van newels

Baie newels en sterre vorm vanweë die swaartekrag-inploffing van gas in die ruimte tussen sterre. Soos die materiaal onder hul eie gewig inplof, kan massiewe sterre in die sentrum vorm. Hul ultraviolet-uitstraling ioniseer die omringende gas en maak dit sigbaar teen optiese golflengtes. Voorbeelde van sulke newels is die Roset- en die Pelikaan-newel. Die grootte van die newels, bekend as H II-gebiede, hang af van die grootte van die oorspronklike gaswolk. Nuwe sterre vorm in die newels.

Sommige newels vorm vanweë supernova-ontploffings, wanneer enorme sterre met ’n kort leeftyd hul einde bereik. Die materiaal uit die ontploffing word geïoniseer deur die energie en die kompakte ster wat dit produseer. Een van die beste voorbeelde is die Krap-newel in die sterrebeeld Bul. Die supernova-voorval is in 1054 aangeteken en word SN 1054 genoem. Die kompakte ster wat ná die ontploffing ontstaan het, lê in die middel van die Krap-newel en is ’n neutronster.

Ander newels kan vorm as planetêre newels. Dit is die finale fase van ’n ster met ’n lae massa, soos die son. Sterre met ’n massa van 8–10 sonmassas verander in rooi reuse en verloor hul buitenste lae langsamerhand. Wanneer ’n ster genoeg materiaal verloor het, neem sy temperatuur toe en die ultraviolet-uitstraling kan die omringende newel wat ontstaan, ioniseer. Sulke newels bestaan uit sowat 97% waterstof en 3% helium.

Soorte newels

Verskeie soorte newels word onderskei:

  • Diffuse newels: Die meeste newels is diffuse newels, wat beteken hulle is uitgesprei en het geen duidelike grense nie.[11] In sigbare lig kan hulle verdeel word in emissie- en refleksienewels. Eersgenoemde straal spektraallyn-straling van geïoniseerde gas (meestal geïoniseerde waterstof) uit.[12] Hulle word dikwels H II-gebiede genoem (die term "H II" word in professionele sterrekunde gebruik om te verwys na geïoniseerde waterstof). Refleksienewels straal nie self ’n groot hoeveelheid sigbare lig uit nie, maar is naby sterre en weerkaats hul lig.[12] Soortgelyke newels wat nie naby sterre is nie, weerkaats nie sigbare lig nie, maar kan gesien word as donker wolke wat die lig van helder voorwerpe agter hulle blokkeer; hulle word donker newels genoem.[12]
  • Planetêre newels: Hulle vorm ’n liggewende, ringvormige skil rondom ’n ster van gemiddelde massa nadat die ster die einde van sy leeftyd bereik het. Hulle is emissienewels met spektrums soortgelyk aan dié van die emissienewels wat in stervormende gebiede aangetref word.[12] Tegnies gesproke is hulle H II-gebiede omdat die meeste van die waterstof geïoniseer sal wees, maar hulle is digter en kompakter as die newels in stervormende gebiede.[12] Hulle is voorheen dikwels verwar met planete, vandaar die naam. Ons Son sal na verwagting ’n planetêre newel voortbring sowat 12 miljard jaar ná sy vorming.[13]
  • Supernova-oorblyfsels: Dit word gevorm wanneer ’n ster met ’n groot massa die einde van sy leeftyd bereik. Wanneer die kernfusie in die ster se kern ophou, plof die kern in en die buitenste lae word die ruimte in geskiet in ’n reuse-ontploffing bekend as ’n supernova.[12] Die uitspreiende gas vorm ’n supernova-oorblyfsel, ’n spesiale diffuse newel.[12]

Galery

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Kenneth Glyn Jones (1991). Messier's nebulae and star clusters. Cambridge University Press. p. 1. ISBN 0-521-37079-5.
  2. 2,0 2,1 Harrison, T. G. (1984). "The Orion Nebula — where in History is it". Royal Astronomical Society Quarterly Journal. 25 (1): 70–73. Bibcode:1984QJRAS..25...65H. {{cite journal}}: Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  3. Lundmark K. (1921), Suspected New Stars Recorded in Old Chronicles and Among Recent Meridian Observations, Publications of the Astronomical Society of the Pacific, v. 33, p.225
  4. Mayall N.U. (1939), The Crab Nebula, a Probable Supernova, Astronomical Society of the Pacific Leaflets, v. 3, p.145
  5. Halley, E. (1714–16). "An account of several nebulae or lucid spots like clouds, lately discovered among the fixt stars by help of the telescope". Philosophical Transactions. XXXIX: 390–2.
  6. 6,0 6,1 Hoskin, Michael (2005). "Unfinished Business: William Herschel's Sweeps for Nebulae". History of Science. 43: 305–320. Bibcode:2005HisSc..43..305H.
  7. Watts, William Marshall; Huggins, Sir William; Lady Huggins (1904). An introduction to the study of spectrum analysis. Longmans, Green, and co. pp. 84–85. Besoek op 31 Oktober 2009.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. 8,0 8,1 8,2 Struve, Otto (1937). "Recent Progress in the Study of Reflection Nebulae". Popular Astronomy. 45: 9–22. Bibcode:1937PA.....45....9S.
  9. Slipher, V. M. (1912). "On the spectrum of the nebula in the Pleiades". Lowell Observatory Bulletin. 1: 26–27. Bibcode:1912LowOB...2...26S.
  10. Hubble, E. P. (Desember 1922). "The source of luminosity in galactic nebulae". Astrophysical Journal. 56: 400–438. Bibcode:1922ApJ....56..400H. doi:10.1086/142713.
  11. "The Messier Catalog: Diffuse Nebulae". University of Illinois SEDS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 1996. Besoek op 12 Junie 2007.
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 12,5 12,6 F. H. Shu (1982). The Physical Universe. Mill Valley, California: University Science Books. ISBN 0-935702-05-9.
  13. E. Chaisson, S. McMillan (1995). Astronomy: a beginner's guide to the universe (2de uitg.). Upper Saddle River, New Jersey: Prentice-Hall. ISBN 0-13-733916-X.

Eksterne skakels

Read other articles:

American college basketball season 2019–20 Pacific Tigers men's basketballConferenceWest Coast ConferenceRecord23–10 (11–5 WCC)Head coachDamon Stoudamire (4th season)Assistant coaches Leonard Perry Luke Wicks JayDee Luster Home arenaAlex G. Spanos CenterSeasons← 2018–192020–21 → 2019–20 West Coast Conference men's basketball standings vte Conf Overall Team W   L   PCT W   L   PCT No. 2 Gonzaga † 15 – 1   .938 31 R...

 

Pertaruhan the Series 2Genre Laga Drama BerdasarkanPertaruhanoleh UpiDitulis oleh Fajar Martha Santosa[a] Sandi Paputungan[b] Luhki Herwanayogi[c] Khusnul Khitam[d] Sutradara Sidharta Tata[e] Fajar Martha Santosa[f] Pemeran Jefri Nichol Giulio Parengkuan Clara Bernadeth Juan Bio One Khiva Iskak Aulia Sarah Graciella Abigail Jeremie J. Tobing Rama Ramadhan Angie Marcheria Ferry Salim Penata musikFajar AhadiNegara asalIndonesiaBahasa asliBah...

 

الأعطال في منظومة القوى الكهربائية هي كل ما يسبب تغير غير طبيعي في قيم التيار أو الجهد.[1] وأكثر ما يسبب ذلك عموما هو حدوث انهيار في العزل الموجود على الموصلات بسبب ضغوط ميكانيكية أو كهربائية، أو ربما نتيجة ظروف جوية، أو بسبب تلامس مع الأرض، أو حدوث تلامس بين خطين، أو بين...

Campionati europei giovanili di nuoto 1997 Competizione Campionati europei giovanili di nuoto Sport Nuoto Edizione XXIV Organizzatore LEN Date 31 luglio - 3 agosto nuoto e tuffi Luogo Glasgow,  Regno Unito (nuoto)Edimburgo,  Regno Unito (tuffi) Statistiche Gare 30 di nuoto e 12 di tuffi Cronologia della competizione Campionati europei giovanili di nuoto 1996 Campionati europei giovanili di nuoto 1998 Manuale I XXIV Campionati europei giovanili di nuoto e tuffi si sono disputati nell...

 

ケルン中央駅と駅前広場 ケルン大晦日集団性暴行事件(ケルンおおみそかしゅうだんせいぼうこうじけん)は、2015年12月31日から2016年1月1日にかけて発生した、ドイツのハンブルクほか北ドイツ地域[1]、およびケルンのケルン中央駅とケルン大聖堂前広場などにおけるアラブ人・北アフリカ人を主体とした約1,000名による女性に対する、3件の強姦[2][3]を

 

Airline of Kyrgyzstan ATOMIC redirects here. For other uses, see Atomic (disambiguation). AVJ redirects here. For the record label, see Average Joes Entertainment. Avia Traffic Company, LLCООО «Авиа Трафик Компани» IATA ICAO Callsign YK AVJ ATOMIC Founded2003HubsManas International AirportSubsidiariesTezJet AirlinesFleet size6Destinations16HeadquartersBishkek, KyrgyzstanKey peopleKarim Fiatovich Damin (General Director)Websitehttp://www.aero.kg/ Avia Traffic's Boeing 737...

Akita International University国際教養大学MottoBe a Leader in the Global SocietyTypePublicEstablished2004PresidentNorihiko SuzukiAcademic staff94Undergraduates820[1]Postgraduates21LocationAkita, Akita, Japan39°37′39″N 140°11′52″E / 39.6275°N 140.197778°E / 39.6275; 140.197778CampusSuburbColoursGreen and Beige    MascotOneWebsitewww.aiu.ac.jp www.aiu.ac.jp/en/Japan Akita Prefecture 39°37′39″N 140°11′52″E / þ...

 

Marvel Comics fictional character An editor has performed a search and found that sufficient sources exist to establish the subject's notability. These sources can be used to expand the article and may be described in edit summaries or found on the talk page. The article may include original research, or omit significant information about the subject. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: A...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (مارس 2023) عمر الحربي معلومات شخصية الاسم الكامل عمر نفاع الحربي تاريخ الميلاد 3 يوليو 1997 (العمر 26 سنة) مركز اللعب لاعب وسط الجنسية السعودية معلومات النادي النادي الحالي ...

American politician Ethan ChaMember of the Minnesota House of Representativesfrom the 47B districtIncumbentAssumed office January 3, 2023Preceded byredistricted Personal detailsPolitical partyDemocratic (DFL)Children3ResidenceWoodbury, MinnesotaOccupationLegislatorWebsiteGovernment website Campaign website Ethan Cha is an American politician serving in the Minnesota House of Representatives since 2023. A member of the Minnesota Democratic-Farmer-Labor Party (DFL), Cha represen...

 

Johor Darul Ta'zim F.C. 2016 football season Johor Darul Ta'zim F.C.2016 seasonChairmenDato' Haji Ismail Karim (until 27 July 2016) Tunku Tun Aminah binti Sultan Ibrahim(from 27 July 2016)ManagerMario Gomez StadiumLarkin StadiumJohor BahruSuper LeagueWinnersFA CupWinnersMalaysia CupGroup StageCharity ShieldWinnersChampions LeagueQualifying preliminary round 2AFC CupSemi-finalsTop goalscorerLeague: Pereyra Díaz (18)All: Pereyra Díaz (32)Highest home attendance13 Feb 2016 – (26,800) vs Sela...

 

2016 video game For other uses, see The Last Guardian (disambiguation). 2016 video gameThe Last GuardianDeveloper(s)Japan StudioGenDesignPublisher(s)Sony Interactive EntertainmentDirector(s)Fumito UedaProducer(s)Kazunobu SatoFumito UedaDesigner(s)Masanobu TanakaProgrammer(s)Makoto IzawaArtist(s)Shunpei SuzukiYutaro SakaiWriter(s)Fumito UedaMasami TanjiYuta KimuraComposer(s)Takeshi FurukawaPlatform(s)PlayStation 4ReleaseWW: 6 December 2016EU: 7 December 2016Genre(s)Action-adventureMode(s)Singl...

Stasiun Kosugō越河駅Stasiun Kosugō pada Agustus 2014Lokasi1-7-8 Higashi-Sendai, Shiroishi-shi, Miyagi-ken 989-0111JepangKoordinat37°56′1.96″N 140°36′16.21″E / 37.9338778°N 140.6045028°E / 37.9338778; 140.6045028Koordinat: 37°56′1.96″N 140°36′16.21″E / 37.9338778°N 140.6045028°E / 37.9338778; 140.6045028Pengelola JR EastJalur■ Jalur Utama TōhokuLetak dari pangkal298.6 km dari TokyoJumlah peron1 peron samping + 1 pe...

 

Historical palace in Mysore, Karnataka, India This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Mysore Palace – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2012) (Learn how and when to remove this template message) Mysore PalaceAlternative namesAmba Vilas PalaceGeneral informationLocationSayyaji Rao Rd...

 

Hamid Awaluddin dan Malik Mahmud berjabat tangan setelah menandatangani MoU Helsinki yang dimediasi mantan Presiden Finlandia, Martti Ahtisaari. Kesepakatan Helsinki atau MoU Helsinki adalah sebutan yang umum dipakai di Indonesia merujuk pada nota kesepahaman antara Pemerintah Republik Indonesia dan Gerakan Aceh Merdeka (GAM) yang ditandatangani di Helsinki, Finlandia pada 15 Agustus 2005.[1][2] Kesepakatan ini merupakan pernyataan komitmen kedua belah pihak untuk penyelesaian...

Swedish historian Valentin in 1958 in Stockholm Hugo Valentin (1888–1963) was a Swedish historian, scholar and leading Zionist. He received his PhD from Uppsala University in 1916 and took up teaching at the Teachers Training College in Uppsala and at a high school. In 1930 he was appointed lecturer at the high school in Uppsala (Uppsala Högre Allmänna Läroverk). In 1930 he was also awarded the title of Docent by the university, and, some years later, in 1948, the government awarded ...

 

Sebuah aileron (bahasa Prancis untuk 'little wing' atau kemudi guling) adalah kontrol penerbangan permukaan berengsel biasanya melekat pada trailing edge dari tiap sayap dari pesawat sayap tetap. Ailerons digunakan dalam pasangan untuk mengontrol pesawat dalam gulungan, atau gerakan sumbu memanjang di sekitar pesawat, yang biasanya menghasilkan perubahan dalam pos karena miring dari vektor angkat. Gerakan sekitar sumbu ini disebut 'bergulir' atau 'banking'. Aileron ini pertama kali dipatenkan...

 

This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (June 2012) This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this ...

Patrulla estadounidense El crimen en Estados Unidos ha sido registrado desde la colonización. Las tasas de criminalidad han variado con el tiempo, con un fuerte aumento después de 1900, alcanzando un amplio pico abultado entre los años setenta y principios de los noventa. Desde entonces, el crimen ha disminuido significativamente.[1]​ Las estadísticas sobre crímenes específicos están indexadas en los Informes Uniformes de Crimen anuales de la Oficina Federal de Investigación (FB...

 

赫列姆(英:Hrym)。是北歐神話中的一名霜巨人。他在「諸神的黃昏」(Ragnarok)到來時,是霜巨人的領導及納吉爾法(Naglfar)船的掌舵者。滿載霜巨人的船由約頓海姆(Jothuheim)出發,在火巨人和芬里爾(Fenrir)之後抵達的最後戰場維格利德(Vigrid)。 查论编北欧神话神祇(英语:List of Germanic deities)和其他人物阿萨神族(男性) 巴德爾 布拉基 得林 凡賽堤 海姆达尔 赫...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!