Die Maagd (Latyn: Virgo) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem. Dit lê tussen die Leeu in die weste en die Weegskaal in die ooste en is die tweede grootste van al die sterrebeelde, naas die aangrensende Noordelike Waterslang. Die konstellasie kan maklik gevind word deur middel van sy helderste ster, Spica (α Vir).[1] Sy simbool is ♍.
Die Maagd is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Ruimtevoorwerpe
Sterre
Naas Spica is ander helder sterre in die sterrebeeld Beta Virginis (Zavijava), Gamma Virginis (Porrima), Delta Virginis (Auva) en Epsilon Virginis (Vindemiatrix).
Ander, dowwer sterre wat ook name het, sluit in Zeta Virginis (Heze), Eta Virginis (Zaniah), Iota Virginis (Syrma) en Mu Virginis (Rijl al Awwa).
Eksoplanete
Daar is altesaam 34 bekende eksoplanete om 28 sterre in die Maagd. Die ster 70 Virginis het een van die eerste bekende eksoplaneetstelsels, met een bevestigde planeet wat 7,5 keer so swaar soos Jupiter is.
Chi Virginis het een van die swaarste planete wat nog waargeneem is, met ’n massa van 11,1 MJ. Die ster 61 Virginis, wat baie soos die Son is, het drie planete: een is ’n super-aarde en twee is omtrent so swaar soos Neptunus.
SS Virginis is ’n veranderlike ster met ’n opvallende rooi kleur. Dit wissel in magnitude van minimum 9,6 tot maksimum 6 oor ’n tydperk van sowat ’n jaar.[2]
Ander sterre met planete sluit in PSR B1257+12 (drie planete) en NY Virginis (twee planete).
NGC 4639 is ’n staafspiraalstelsel wat van voor af gesien word. Dit is sowat 78 miljoen ligjare van die Aarde af en het ’n rooiverskuiwing van 0,0034. Sy buitenste arms bevat ’n groot aan Cepheïede, wat gebruik word as standaard-aanwysers om afstande in die ruimte te bepaal. Deur verskeie Cepheïede in NGC 4639 te gebruik, het sterrekundigestipe 1a-supernovas gekalibreer as standaard-aanwysers om die afstande van meer verafgeleë sterrestelsels te bepaal.[3]
’n Stelsel wat nie deel van die swerm uitmaak nie, is die Sombrero-sterrestelsel (M104), ’n ongewone spiraalstelsel. Dit het ’n buitengewoon groot groep sterre in sy middel wat uit ouer sterre bestaan. Dit word omring deur groot, helder bolvormige sterreswerms en het ’n baie prominente stofbaan.[3]
NGC 4438 is ’n sterrestelsel met ’n aktiewe kern. Sy supermassiewe swartkolk spu strome materiaal uit wat borrels vorm met ’n deursnee van tot 800 ligjare.[3]NGC 4261 het ook ’n swartkolk wat sowat 20 ligjare van sy kern af geleë is en ’n massa van sowat 1,2 miljard sonmassas het. Dit het ’n ongewone stowwerige skyf met ’n deursnee van 300 ligjare. Dit het ook sterk emissies in die radiospektrum.[3]
Die Maagd bevat verskeie ander sterrestelselswerms. In een van hulle, Abell 2029, is die reusagtige elliptiese sterrestelsel IC 1101. Dit is sowat 1,07 gigaligjare van die Aarde af en met ’n deursnee van 5,5 miljoen ligjare, of 50 keer die grootte van die Melkweg, was dit toe dit ontdek is die grootste bekende sterrestelsel in die heelal.
Die Maagd bevat ook die eerste kwasar wat ontdek is, 3C 273. Dit is die helderste kwasar aan die hemelruim.
Mitologie
Die sterrebeeld word van die Babiloniese tye al met koring en vrugbaarheid verbind. Die Grieke en Romeine het dit verbind met hul godin van koring, Demeter (Ceres), wat die ma van Persephone (Proserpina) is. Dit is soms ook verbind met die godin van geregtigheid, Astraia, wat die skaal van geregtigheid vashou as die sterrebeeld Weegskaal.[4] In die Middeleeue is Virgo soms verbind met die Maagd Maria.[5]
↑Levy, David H. (2005), Deep Sky Objects, Prometheus Books, ISBN1-59102-361-0
↑ 3,03,13,23,3Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN978-1-55407-175-3.