Vrededorp

Vrededorp
'n Straattoneel in Vrededorp
'n Straattoneel in Vrededorp
Vrededorp is in Gauteng
Vrededorp
Vrededorp
 Vrededorp se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°11′40″S 28°01′0″O / 26.19444°S 28.01667°O / -26.19444; 28.01667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
 • Totaal0,30 km2 (0,12 vk. myl)
Hoogte
1 764 m (5 787 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal2 742
 • Digtheid9 140/km2 (23 700/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense12,6%
 • Indiërs/Asiërs8,1%
 • Bruin mense8,6%
 • Swart mense69,6%
 • Ander1,1%
Taal (2011)
 • Engels 20,0%
 • Afrikaans 17,5%
 • Zoeloe 13,9%
 • Tswana 13,6%
 • Ander 35,0%
Poskode (strate)
2092
Poskode (posbusse)
2141

Vrededorp is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 2,7 km noordwes van die stadsaal.

Vrededorp beslaan sowat 0,32 km². Die grens stel die vorm van 'n verkeerd om hoofletter-P voor. In die suidweste word dit begrens deur die Brixton-begraafplaas, in die weste deur Vredepark, in die noordweste en noorde Jan Hofmeyer, in die noordooste Cottesloe, in die weste deur Wits se sportterrein, in die suidweste deur die Braamfontein-spoorwegwerf en in die suidooste deur Pageview.

Geskiedenis

Op dié straatplan van Johannesburg van 1929, nog voor Pageview en Jan Hofmeyr uitgelê is, kan gesien word hoedat Vrededorp tussen die ou (Braamfonteinse) en nuwe (Brixton-) begraafplaas geleë was.
Die ingang na die Brixton-plaas op die hoek van Krause- en Sewendestraat. Oorkant die straat noord daarvan is Jan Hofmeyr en oos Vrededorp.
Die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde gemeente Johannesburg op Cottesloeheuwel, Vrededorp is deur Gerard Moerdyk ontwerp.

Vrededorp is oorspronklik in 1893 op die plaas Braamfontein uitgelê en in standplase verdeel wat teen ’n nominale bedrag aan onvermoënde kopers beskikbaar gestel is. Die voorstad het sy ontstaan te danke aan die koms in 1892 van die spoorlyn vanaf die kus. Duisende Afrikaners wat ’n bestaan gevoer het as transportryers met ossewaens het oornag hul werk verloor. Die uitvoerende raad van die Zuid-Afrikaansche Republiek het Vrededorp uitgelê en aan elke werklose Afrikaner ’n standplaas gegee waarop hy ’n tent of ’n kothuisie van hout en yster kon oprig, van waar hy dan kon uitgaan om werk te soek. Al die eenvoudig geboude huisies het op 19 Februarie 1896 tydens die Braamfonteinse dinamietontploffing op die nabygeleë spoorweggoederewerf in die slag gebly. Honderde mense het ook hul lewe verloor.

Vrededorp was al die jare onder ou bedeling eens van die armoedigste blanke groepsgebiede en deurgaans oorwegend Afrikaans. Volgens die munisipale kieserslys was 2 465 van die kiesers in 1934 Afrikaanssprekend en net 231 Engelssprekend. In 1949 was dit 1 070 en 45, en in 1961 1 315 en 258. Nadat die Groepsgebiedewet afgeskaf is, het die wit bevolking skerp afgeneem en die swart bevolking dienooreenkomstig toegeneem. Vrededorp is in 2001 vir sensusdoeleindes saam met Pageview getel. Toe het die swart bewoners reeds 1 451 (46,4%) getel, vergeleke met 833 (26,6%) wit. Vir sensus 2011 is Vrededorp apart getel, toe 1 909 (69,6%) van die inwoners in die verkleinde gebied swart was, vergeleke met net 346 (12,6%) wit.

Die omgewing is oorspronklik deur ’n bonte verskeidenheid mense bewoon: swart, bruin, wit, Chinees, Maleis en Indies/Asiaties. Saam met doe aangrensende Pageview het die omgewing as Fietas bekendgestaan, na aanleiding van die mansuitrusters wat sake gedoen het in 14de Straat, Vrededorp; “fitters” is as “fittas” of “fietas” uitgespreek. Veertiende Straat was toe die gebied se sakekern waarheen mense uit alle uithoeke van Johannesburg gekom het op soek na winskopies. Destyds het die meeste winkeliers in ’n woonstel bo-op hul winkel gewoon.

Die regering het Fietas (Vrededorp en Pageview) in 1962 tot blanke groepsgebied verklaar. Gevolglik is al die gekleurde inwoners gedwonge verskuif. Talle woonplekke is gesloop en behuising vir wit mense op van die grond gebou, maar groot dele het onontwikkel gebly, selfs vandag nog. Enkele van die ou geboue het wel behoue gebly, soos die sogenaamde 23ste Straat-moskee.

Afrikaanse instellings

Die Nederduitsch Hervormde Kerk is die enigste Afrikaanse Susterkerk met 'n kerkgebou binne die grense van Vrededorp. Die gemeente Johannesburg is reeds op 26 Februarie 1895 as die eerste in die Goudstad gestig. Nadat Brixton (gestig in 1944) en Crosby (gestig in 1958) op 1 Februarie 1989 as die gemeente Goudrand saamgesmelt het, het die nuwe gemeente Crosby se kerk in Foylelaan gebruik, tot ook dié gemeente ophou bestaan het met die inlywing daarvan by Johannesburg (Vrededorp) in 2000. Nou bedien die moedergemeente 'n reusegebied van voorheen oorwegend Afrikaanse voorstede (waarvan die suide in die ou dae as die "Dip" bekendgestaan het) wat intussen almal so te sê al hul Afrikaanse inwoners verloor het. Die lidmaattal einde 2016 was net 91 belydende en 19 dooplidmate. Die kerkgebou op Cottesloekoppie is deur Gerard Moerdyk ontwerp en op 30 November 1935 ingewy. In sy buitemuur is die hoekstene van Crosby en Brixton se kerke gemessel asook 'n steen wat die ontstaan van die gemeente Goudrand gedenk het.

Die NG gemeente Cottesloe het op 26 Augustus 1927 as die NG gemeente Vrededorp van Fordsburg afgestig. Nadat die lidmaattal reeds in die laat 1970's en vroeë 1980's so afgeneem het dat die arm gemeente nie op sy eie kon bestaan nie, het die kerkraad voelers uitgesteek na die moedergemeente met die oog op inlywing. Hulle het die versoek van die hand gewys en Cottesloe aangeraai om liewer met Brixton te onderhandel, by wie Cottesloe dan ook omstreeks 1985 ingelyf is.

Die Gereformeerde Kerk se naaste gemeente was Johannesburg-Mayfair, wie se kerkgebou in Sesdelaan, Mayfair was. In 1986 het Johannesburg-Mayfair, Johannesburg-Oos en Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal ontbind. Vrededorp en die ander voorstede wat deel was van Johannesburg-Mayfair, het ingeskakel by Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes in Brixton, terwyl Johannesburg-Oos en -Sentraal saamgesmelt het. In 1998 het nog 'n samesmelting gevolg wat Vrededorp geraak het toe Johannesburg-Wes en Delarey as Bergbron verenig het. As daar dus Gereformeerde lidmate in Vrededorp oorgebly het, was die kerk waar hulle dienste moes bywoon, dus van toe af sowat 6 km van hul voorstad af in Schoongeszichtweg, Bergbron geleë.

Die plaaslike Laerskool Cottesloe moes in Augustus 1992 sluit. Hoewel daar nog 289 leerders oor was, kon die ouers nie bekostig om dit as Model C-skool te bedryf nie en het leerders ingeskakel by die Laerskool Piet van Vuuren in Brixton of die Laerskool Jim Fouché in Crosby. Albei skole het sedertdien grotendeels verengels. Die skoolgebou, oorkant die NG kerkgebou, se toekoms was lank in gedrang.

Naam

Die Afrikaanse naam se betekenis is voor die hand liggend, maar die bronne sê nie hoekom juis dié naam gekies is nie, hoewel die veronderstelling is dat intrekkers hulle in vrede hier kon vestig op grond wat die staat voorsien het.

Bronne

  • (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1975. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Vrededorp". Sensus 2011.

Read other articles:

Untuk Yeremia 40 dalam Septuaginta, lihat Yeremia 33. Yeremia 40Kitab Yeremia dalam Alkitab Ibrani, MS Sassoon 1053, foto 283-315.KitabKitab YeremiaKategoriNevi'imBagian Alkitab KristenPerjanjian LamaUrutan dalamKitab Kristen24← pasal 39 pasal 41 → Yeremia 40 (disingkat Yer 40; Penomoran Septuaginta: Yeremia 47) adalah bagian dari Kitab Yeremia dalam Alkitab Ibrani dan Perjanjian Lama di Alkitab Kristen. Berisi perkataan nabi Yeremia bin Hilkia, tentang Yehuda dan Yerusalem, yang ...

 

У Вікіпедії є статті про інші значення цього терміна: Протистояння. Протистояння планети або Опозиція планети відповідає моменту розташування Сонця, Землі та планети сонячної системи. Екліптичні довготи планети та Сонця відрізняються на 180°[1], при цьому Земля знахо...

 

For the French city, see Boulogne-sur-Mer. For other places called Boulogne, see Boulogne (disambiguation). Town in Buenos Aires, ArgentinaBoulogne Sur MerTownBoulogne Sur MerLocation in Greater Buenos AiresCoordinates: 34°30′S 58°34′W / 34.500°S 58.567°W / -34.500; -58.567Country ArgentinaProvince Buenos AiresPartidoSan IsidroElevation16 m (52 ft)Population (2001 census [INDEC]) • Total73,496CPA BaseB 1643Area code+54 11 Boulogn...

EK veldrijden 2012 Datum 3 november 2012 Plaats Vlag van Verenigd Koninkrijk Ipswich Editie 10 Organisator UEC Evenementen 3 Kampioenen Vrouwen elite Vlag van Verenigd Koninkrijk Helen Wyman Mannen beloften Mike Teunissen Jongens junioren Mathieu van der Poel Navigatie ← EK 2011     EK 2013 → Veldrijden Portaal    Wielersport EK veldrijden 2012ElitevrouwenBeloftenmannenJuniorenjongens De Europese kampioenschappen veldrijden 2012 was de tiende editie van de Europese kam...

 

De zonula ciliaris wordt hier aangeduid als “suspensory ligaments. De zonula ciliaris (uit het Latijn zonula, kleine gordel, en ciliaris, van het cilium, oogwimper); ook zonula van Zinn genoemd (naar Johann Gottfried Zinn) is een ring van vezelige strengen die een zonule (kleine band, membraan of gordel) vormt die het straalvormig lichaam verbindt met de lens van het menselijk oog. Deze vezels worden soms collectief aangeduid als de ligamenten van de lens en spelen een rol bij accommodatie.

 

利比里亞-美國關係 利比里亚 美國 利比里亞-美國關係是指利比里亚和美国之间的双边关系。美國殖民協會曾经于1821年至1847年在胡椒海岸建立美国黑人移住地,直到利比里亚于1847年脱离美国独立。[1]但仍然长期保持着特殊关系,利比里亚国旗也仿照星条旗而设计。 历史 一对象牙烛台和一个木制的礼品盒,这是利比里亚总统威廉·理查德·托尔伯特送给美国总统杰拉...

Parvin DabasLahir12 Juli 1974 (umur 49)Delhi, IndiaPekerjaanPemeran, peragawati dan sutradaraSuami/istriPreeti Jhangiani (2008-sekarang) Parvin Dabas (lahir 12 Juli 1974) adalah seorang pemeran, peragawati dan sutradara asal India. Kehidupan awal Dabas lahir pada 12 Juli 1974. Keluarganya berasal dari Kanjhawala, Delhi Luar. Ia belajar di Modern School Vasant Vihar, New Delhi dan kemudian di Kolese Hans Raj, Universitas Delhi.[1] Referensi ^ Sharma, Garima (10 December 2010). The...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يوليو 2021) علاء العثماني معلومات شخصية الميلاد 6 يوليو 1984 (39 سنة)[1]  الجنسية تونس  الحياة العملية المهنة لاعب رماية  الرياضة رماية  تعديل مصدري - تعديل   ...

 

Kuma di lepas pantai Tsingtao tahun 1930 Tentang kelas Nama:Kelas KumaOperator: Angkatan Laut Kekaisaran JepangDidahului oleh:Kapal penjelajah kelas-TenryūDigantikan oleh:Kapal penjelajah kelas-NagaraDibangun:1917-1921Beroperasi:1920-1946Bertugas:1920-1946Jumlah:5Rencana:5Selesai:5Hilang:4 Ciri-ciri umum Jenis Kapal penjelajah ringanBerat benaman 5.500 ton panjang (5.588 t) (normal) 5.832 ton panjang (5.926 t) (muat penuh)Panjang 162,1 m (531 ft 10 in) (keseluru...

Nucleotide or amino-acid sequence pattern This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Sequence motif – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (Mar...

 

Defunct flying squadron of the Royal Air Force No. XXXV (Madras Presidency) Squadron RAFXXXV Squadron badgeActive1 February 1916 – 26 June 19191 March 1929 – 8 April 19405 November 1940 – 23 February 19501 September 1951 – 11 September 19611 December 1962 – 1 March 1982Country United KingdomBranch Royal Air ForceMotto(s)Latin: Uno animo agimus(We act with one accord)[1]Battle honoursWestern Front, 1917-18*: Arras: Lys: Ypres, 1917*: Cambrai, 1917*: Somme, 1918*: Amiens:...

 

2023 single by Lil Wayne Kat FoodSingle by Lil Waynefrom the album Tha Fix Before Tha VI ReleasedSeptember 1, 2023GenreHip hopLength4:47Label Young Money Republic Songwriter(s) Dwayne Carter Jr. Chris Stein Darryl McDaniels Debbie Harry FnZ Jocelyn Donald Joseph Simmons Missy Elliott Paul Simon Rogét Chahayed Charlie Handsome Producer(s) Rogét Chahayed Charlie Handsome FnZ Lil Wayne singles chronology The Formula (2023) Kat Food (2023) Brand New (2023) Music videoKat Food on YouTube Kat Foo...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (نوفمبر 2018) ستانلى ليفينجستون   معلومات شخصية الميلاد 24 نوفمبر 1950 (73 سنة)[1]  لوس أنجلوس  مواطنة الولايات المتحدة  إخوة وأخوات باري ليفينغستون  الحياة ال...

 

Diocese in northern Kentucky, United States Diocese of CovingtonDioecesis CovingtonensisCathedral Basilica of the AssumptionCoat of armsLocationCountry United StatesTerritoryNorthern KentuckyEcclesiastical provinceArchdiocese of LouisvilleStatisticsArea3,359 sq mi (8,700 km2)Population- Total- Catholics513,97192,456 (18%)Parishes47Schools38InformationDenominationCatholicSui iuris churchLatin ChurchRiteRoman RiteEstablishedJuly 29, 1853CathedralCathedral Basi...

 

2017 single by BastilleGlorySingle by Bastillefrom the album Wild World Released5 June 2017 (2017-06-05)Recorded2016Genre Electropop pop Length4:41LabelVirgin RecordsSongwriter(s)Dan SmithProducer(s)Dan SmithMark CrewBastille singles chronology Blame (2016) Glory (2017) World Gone Mad (2017) Glory is a song by English indie pop band Bastille. It was released on 5 June 2017 as the fourth and final single from their second studio album, Wild World (2016).[1] The song was ...

WW2 US anti-tank gun 3-inch gun M5 M5 on carriage M6 on display at Fort Sam Houston, TexasTypeAnti-tank gunPlace of originUnited StatesService historyIn service1943–1945Used byUnited StatesWarsWorld War IIProduction historyProduced December 1942 – June 1943 November–December 1943 April–September 1944 No. built2,500SpecificationsMasscombat: 2,210 kg (4,872 lbs)Length7.1 m (23 ft 4 in)Barrel length3.4 m (11 ft 2 in), L/45Width2...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: 1460s in architecture – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (May 2015) (Learn how and when to remove this template message) Overview of the events of the 1460s in architecture List of years in architecture (table) … 1450 1451 1452 1453 1454 1455 1456 ...

 

Portrait of M.P. Belyayev, founder of the Russian Symphony Concerts, by Ilya Repin The Russian Symphony Concerts were a series of Russian classical music concerts hosted by timber magnate and musical philanthropist Mitrofan Belyayev in St. Petersburg as a forum for young Russian composers to have their orchestral works performed. While a number of works by these composers were performed, pieces written by composers of the previous generation such as Nikolai Rimsky-Korsakov and Mily Balakirev ...

Japanese actor Ichirō SugaiSugai in The Life of OharuBorn(1907-07-25)25 July 1907Kyoto, JapanDied11 August 1973(1973-08-11) (aged 66)Occupation(s)Actor, film directorYears active1927-1971 Ichirō Sugai (菅井一郎, Sugai Ichirō, 25 July 1907 – 11 August 1973) was a Japanese actor and film director[1] who appeared in more than 300 films in his 45 years spanning career,[2][3] working with directors such as Kaneto Shindō, Kenji Mizoguchi and Kōzabur...

 

For the opera, see Visitors on the Icy Mountain (opera). Bingshan Shang de Laike Visitors on the Icy Mountain (Chinese: 冰山上的来客; pinyin: Bīngshān Shàng de Láikè) is a 1963 Chinese film directed by Zhao Xinshui to a script by Bai Xin. The film is famous for its songs such as Why Are the Flowers So Red,[1] featuring the rawap and music of the Tajiks of Xinjiang.[2] The cast features Bai Dezhang, En Hesen, and Gu Yuying. References ^ Fanfare - Page 322 200...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!