Die 53ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2000 gehou. Die Franse regisseur en vervaardiger Luc Besson was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise Virginie Ledoyen het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 56 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Deense rolprent Dancer in the Dark, met Lars von Trier as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[2][3] Die fees is geopen met Roland Joffé se Vatel[4][5] en afgesluit met Stardom van Denys Arcand.[6][7]