Die 48ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 17-28 Mei 1995 gehou. Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Jeanne Moreau was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise en model Carole Bouquet het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 60 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Joego-Slawiese rolprent Underground van die regisseur Emir Kusturica het die Palme d'Or gewen.[1] Die fees is geopen met Jean-Pierre Jeunet se The City of Lost Children[2][3] en afgesluit met The Quick and the Dead van Sam Raimi.[4]