Die 36ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-19 Mei 1983 gehou. Die Amerikaanse skrywer William Styron was die voorsitter van die jurie. Altesaam 48 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Die Japannese rolprent The Ballad of Narayama (Narayama Bushiko) van die regisseur Shōhei Imamura het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Martin Scorsese se The King of Comedy en afgesluit met WarGames van John Badham[3][4]