Die Verenigde State Grand Prix is die vierde van ses GP-naweke vanjaar waarin 'n "Sprint" (naelren) gehou sal word. ’n “Sprint” is amper dieselfde as ’n gewone wedren, met die verskil dat die wedren minder tyd neem. Die afstand van die naelren is ongeveer 100 kilometer (30 minute).
Die Grand Prix-naweek het op Vrydag met die vrye oefening van sestig minute begin, gevolg deur die naelrenkwalifisering. Op Saterdag word die sprint gehou, gevolg deur die kwalifisering wat die wegspringrooster vir die hoofren op Sondag (insluitend moontlike roosterstrawwe) bepaal en ook watter jaer die eer verdien om heel voor weg te spring.
Bande
Pirelli het die volgende bande in die Verenigde State verskaf:
*1Alexander Albon kwalifiseer in die agtiende plek, maar moes vanuit die kuipelaan wegspring omdat daar aan sy motor gewerk is onder Parc fermé-toestande.
*1George Russell het sesde gekwalifiseer, maar moes uit die kuipe wegspring omdat daar aan sy motor gewerk is onder Parc fermé toestande. *2Liam Lawson moes van agter af wegspring weens die oorskryding van die kwota aan enjinonderdele. Hy het vyftiende geëindig in die kwalifikasie. *3Zhou Guanyu het 'n roosterstraf van vyf plekke ontvang vir die vervanging van 'n enjinonderdeel. Hy het laaste gekwalifiseer, maar het twee plekke vorentoe begin as gevolg van die straf vir Liam Lawson en George Russell wat uit die kuipe begin.
*1Lando Norris is 'n straf van vyf sekondes opgelê vir 'n verbysteek buite die baanperk. VEsteban Ocon teken die vinnigste rondte aan, maar het nie 'n ekstra punt ontvang nie, omrede hy nie onder die top tien geëindig het nie.