Die 2022 Formule EenSaoedi-Arabiese Grand Prix is op 27 Maart 2022 op die Djedda-straatrenbaan gehou, en was die 1059ste byeenkoms van die Formule 1-wêreldkampioenskap sedert 1950 gewees. Dit was die tweede uitgawe van die Grand Prix van Saoedi-Arabië vir die Formule 1-wêreldkampioenskap en die tweede rondte van die 2022-kampioenskap.
Pirelli het die volgende bande in Saoedi-Arabië verskaf:
Bande vir gebruik te Djedda
Bande vir 'n droë baan
Reënbande
Hard C2
Medium C3
Sag C4
Tussen-in
Reën
Vrye oefening
Daar was drie oefensessies, elk een uur lank. Die eerste twee was op Vrydag 25 Maart om 17h00 en 20h00 (plaaslike tyd UTC+03:00) en die derde op 26 Maart om 17h00.[2]
*1Daniel Ricciardo ontvang 'n roosterstraf van drie plekke vir die hinder van Esteban Ocon tydens K2.[3] *2Mick Schumacher het onttrek uit die wedren, weens 'n swaar ongeluk tydens kwalifisering. Sy roosterplek is deur die ander jaers ingeneem.[4] *3Yuki Tsunoda behaal geen tyd in K1 weens 'n probleem met die verkoeling, maar mag steeds aan die ren deelneem.
Wedren
Die renjaers het om 20h00 (plaaslike tyd) op 27 Maart weggespring en 50 rondtes gejaag.[2]
VCharles Leclerc ontvang 'n ekstra punt vir die vinnigste rondte. †Alexander Albon haal nie die eindstreep nie, maar word wel geklassifiseer, omdat hy meer as 90% van die renafstand afgelê het.