Logan Sargeant (gebore 31 Desember 2000 in Fort Lauderdale, Florida) is 'n Amerikaanse renjaer wat tans in Formule Een vir die Williams-span meeding.
Loopbaan
Sargeant het sy renloopbaan in karting in 2008 begin. In sy eerste jaar het hy hoofsaaklik in Amerikaanse kampioenskappe gejaag, voordat hy in 2009 na Europa verhuis het om daar aan kampioenskappe deel te neem. Hy het heelwat van hierdie kampioenskappe gewen, wat in die KF Juniorklas wêreldtitel in 2015 uitgeloop het, en die eerste Amerikaner sedert Lake Speed in 1978 om 'n groot kartkampioenskap in Europa te wen.
In 2018 het Sargeant voltyds oorgeskakel na die Eurocup Formule Renault 2.0 vir R-ace GP. By die seisoenopening by die Paul Ricard-renbaan het hy sy eerste wedren in hierdie kampioenskap gewen en later in die seisoen het hy oorwinnings by die Nürburgring en die seisoenfinaal by die Barcelona-Catalunya-renbaan bygevoeg. Met 218 punte was hy vierde in die finale puntelys agter Max Fewtrell, Christian Lundgaard en Ye Yifei. Hy het ook tweede agter Lundgaard in die nuweling-kampioenskap geëindig. Boonop het hy aan die Formule Renault 2.0 NEC vir R-ace GP deelgeneem, maar was ná die eerste twee rennaweke nie meer in aanmerking vir kampioenskappunte nie. Met 'n oorwinning by die Autodromo Nazionale di Monza wat wel vir die kampioenskap getel het, en 'n oorwinning by die Nürburgring wat nie vir punte getel het nie, het hy vyfde in hierdie klas geëindig met 87 punte.
In 2019 het Sargeant sy Formule 3-debuut in die nuwe FIA Formule 3-kampioenskap met Carlin gemaak.
In 2020 het Sargeant aktief gebly in FIA Formule 3, maar hy skakel oor na Prema Racing. Sy uitslae het aansienlik verbeter en hy het reeds sy eerste podiumplek in die eerste wedren by die Red Bull Ring behaal. Hy het ook 'n wedren by Spa-Francorchamps gewen. In totaal was hy gedurende die seisoen ses keer op die podium. Hy was tot die laaste wedren by die Mugello-baan in die stryd om die kampioenskap betrokke, maar in hierdie beslissende wedren het hy reeds op die eerste rondte weens 'n ongeluk uitgeval. Met 160 punte het hy derde geëindig agter Oscar Piastri en Théo Pourchaire.
Aan die einde van 2021 het hy in Formule 2 met die span HWA Racelab gedebuteer tydens die laaste twee rennaweke by die Djedda-straatrenbaan en die Yas Marina-renbaan, as 'n plaasvervanger vir Jake Hughes.
In 2022 maak Sargeant sy debuut as bestuurder vir Carlin se Formule 2-span. Hy het podiumplekke in Barcelona en op die Bakoe-straatrenbaan behaal voordat hy sy eerste oorwinning op Silverstone behaal het. Hy het ook 'n wedren die volgende naweek by die Red Bull Ring gewen. Hy was vir die res van die seisoen nie weer op die podium nie, maar het wel die voorste wegspringplek by Paul Ricard ingeneem. Met 148 punte was hy vierde op die finale puntelys agter Felipe Drugovich, Théo Pourchaire en sy spanmaat Liam Lawson.
Sargeant het sy Formule Een-debuut vir Williams–Mercedes gemaak tydens die eerste vrye oefensessie van die Verenigde State Grand Prix op 21 Oktober 2022.[2] Hy het 'n tyd van 1:40.325 aangeteken en dus negentiende geëindig.[3] Op 20 November 2022 is aangekondig dat Sargeant in 2023 vir die Williams-span in Formule 1 sal deelneem.[4]
Kleur
|
Uitslag
|
Goud
|
Wenner
|
Silwer
|
2e plek
|
Brons
|
3e plek
|
Groen
|
Voltooi, verdien punte
|
Blou
|
Voltooi, geen punte
|
Pers
|
Nie voltooi (DNF)
|
Nie geklassifiseer (NC)
|
Rooi
|
Nie gekwalifiseer (DNQ)
|
|
|
|
Kleur
|
Uitslag
|
Swart
|
Gediskwalifiseer (DSQ)
|
Wit
|
Nie begin (DNS)
|
Leeg
|
Nie deelgeneem
|
Onttrek (WD)
|
Uitgesluit (EX)
|
1, 2, 3
|
Naelrenplek, met punte
|
P
|
Voorste wegspringplek
|
V
|
Vinnigste rondte
|
|
- * Seisoen nog aan die gang
- † Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
Eksterne skakels
Verwysings