Messier 41 of M41 (ook bekend as NGC 2287) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Groot Hond. Dit is voor 1654 deur Giovanni Batista Hodierna ontdek en was miskien omstreeks 325 v.C. aan Aristoteles bekend.[1] Charles Messier het dit in die 18de eeu in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M41 lê sowat 4 grade reg suid van die ster Sirius. Dit bevat omtrent 100 sterre, onder meer verskeie rooireuse, waarvan die helderste een ’n tipe K3 is. Dit lê naby die sterreswerm se kern. Die swerm beweeg teen sowat 23,3 km/s weg van die Aarde af.[2] Dit het ’n deursnee van 25 tot 26 ligjare en is sowat 190 tot 240 miljoen jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels