Sy vader was die broer van die beeldende kunstenaar Richard Roland Holst wat getroud was met Henriette Roland Holst-van der Schalk, die digteres, skryfster en sosialis. Sy was dus die tante van Adriaan Roland Holst. Adriaan is deur vriende en familie "Jany" genoem. Die drie - Adriaan, Richard en Henriette - het gereeld kontak met mekaar gehad.[1]
Biografie
Holst het in het Gooi grootgeword. Hy het in Hilversum die Gemeentelijke HBS bygewoon (hierdie skool is na hom vernoem, en heet tans die A. Roland Holst-kollege) en van 1908 tot 1911 Keltiese Letterkunde aan die Universiteit van Oxford studeer. Reeds op twintigjarige leeftyd kon hy gedigte plaas in die letterkundige tydskrif De XXste Eeuw. In 1911 het sy debuutbundel getiteld Verzen in boekvorm verskyn. In sy volgende bundels, De belijdenis van de stilte en Voorbij de wegen, het sy eie stem tot volle wasdom gekom. Die verslete verse getuig van 'n romantiese begeerte en verhewe eensaamheid. Deirdre en de zonen van Usnach (1920), wat verskyn het in die bibliofiele-reeks Palladium, is 'n poëtiese verhaal wat afspeel in 'n Keltiese leefwêreld.
In 1918 het Holst in Bergen, Noord-Holland gaan woon waar sy woonhuis bewoon is deur 'n verskeidenheid skrywers en digters. Hy het verskillende literêre vriende gehad soos Menno ter Braak, J.C. Bloem, E. du Perron, J. Slauerhoff, Herman Gorter[2], Vasalis en Victor van Vriesland. Hy het ook kontak gehad met die skilder Carel Willink, wat in 1948 in opdrag van die ministerie van onderwyskunste en wetenskap 'n portret van hom geskilder het.
Uit die argief vir benoemings vir die Nobelprys vir Letterkunde by die Sweedse Akademie blyk dit dat Holst in 1955 en 1961 benoem is vir die Nobelprys.[3]
Hy het gesterf aan komplikasies wat teweeggebring is nadat hy uit sy bed geval het.[4]
Nasionale Monument
Roland Holst word in verskeie opsigte gesien as 'n monumentale digter. By die beeld ‘’De stedemaagd’’ in Alkmaar (1950) is daar 'n kort gedig van Roland Holst aangebring. Op die binnekant van die gedenkmuur van die Nationaal Monument op de Dam (in 1956 onthul) is 'n gedig van Roland Holst aangebring in belettering wat deur Jan van Krimpen ontwerp is:
"Nimmer, van erts tot arend, was enig schepsel vrij onder de zon,
noch de zon zelve, noch de gesternten.
Maar geest brak wet en stelde op de geslagen bres de mens.
Uit die eersteling daalden de ontelbaren. [...]"
Beeld
Mari Andriessen, wat as beeldhouer onder andere bekend is vir die beeldhouwerk De Dokwerker in Amsterdam en 'n lid is van die tweede generasie van De Groep van de figuratieve abstractie, het 'n beeld van Holst geskep wat op Hoflaan by die Ruïnekerk in Bergen, Noord-Holland staan. Dit is vergroot tot sy huidige formaat deur Theo Mulder, 'n leerling en vriend van Mari Andriessen.
Lukrake aangeleenthede
Op 19 November 2009, na aanleiding van die uiteindelike ampswisseling van premier Herman Van Rompuy, het die volgende versreëls uit "De Ploeger" van Holst in die Belgiese parlement weerklink:
A. Roland Holst: Briefwisseling met Richard en Henriette Roland Holst. De Arbeiderspers, Amsterdam 1990.
A. Roland Holst: In den verleden tijd, herinneringen aan Lodewijk van Deyssel e.a.. Boelen, Amsterdam 1975. By byvoorbeeld bl. 22-24, 37-39 (waar hy sy tante Henriette Roland Holst aandui as "de" dichteres), 40-44.
H. Roland Holst - van der Schalk : Het vuur brandde voort. Levensherinneringen. Nijgh & Van Ditmar 1949, derde en vierde verbeterde druk: De Arbeiderspers, Amsterdam 1979. By bl. 77, 115, 208.
E. Etty: Liefde is heel het leven niet, Henriette Roland Holst 1869-1952. Balans, Amsterdam 1996.