Noord-Holland (Wes-Fries: Noard-Holland) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordweste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 2 953 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 4 092 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 1109 inwoners per km² land. Die hoofstad is Haarlem en die grootste stad is Amsterdam.