Groningen (Gronings: Grönnen of Grunnen; Wes-Fries: Grinslân) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 596 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 955 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 257 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Groningen.