Nijgh & Van Ditmar is a Nederlandse literêre uitgewersmaatskappy wat in 1837 gestig is.
Geskiedenis
Die maatskappy is in 1837 in Rotterdam deur Henricus Nijgh gestig. Nijgh wou oorspronklik slegs 'n boekwinkel begin, maar het gou besef dat die uitgewersbesigheid ook winsgewend is.
Nijgh was in 1843 ook die stigter van die Rotterdamsch staats-, handels-, nieuws- en advertentieblad, wat later die NRC Handelsblad oftewel Nieuwe Rotterdamsche Courant sou word.
In 1864 het hy saamgespan met Willem Nicolaas Josua van Ditmar, wie se van in 1870 toegevoeg is tot die firma se naam.[1]
Outeurs
Nijgh & Van Ditmar gee onder meer die outeurs Albert Helman, Erik Jan Harmens, J. Slauerhoff, Simon Vestdijk, Kees van Beijnum, Ferdinand Bordewijk, Roddy Doyle, Rob van Erkelens, Herman Franke, Ronald Giphart, Arnon Grunberg, Ernest van der Kwast, Paul Mennes, Nescio, Lieke Noorman, Bart Chabot en Annejet van der Zijl uit.
Literatuur
C.J. Aarts en M.C. van Etten, 175 Jaar Nijgh & Van Ditmar / Nimmer Dralend 1837-2012. Amsterdam, Nijgh & Van Ditmar, 2012.