23 Mei
23 Mei is die 143ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (144ste inskrikkeljare). Daar volg nog 222 dae.
Gebeure
Geboortes
- 1707 – Carolus Linnaeus, Sweedse dokter, plantkundige en bioloog († 1778).
- 1827 – Lord Henry Loch, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1900).
- 1848 – Otto Lilienthal, Duitse lugvaartpionier († 1896).
- 1888 – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter († 1976).
- 1896 – Felix Steiner, Duitse generaal († 1966).
- 1923 – Alicia de Larrocha, Spaanse pianis en komponis († 2009).
- 1926 – Joe Slovo, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en lid van die ANC († 1995).
- 1929 – Joe Modise, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminster († 2001).
- 1933 – Joan Collins, Engelse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 1935 – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper († 2015).
- 1949 – Estian Calitz, Suid-Afrikaanse ekonoom en emeritus professor van die Universiteit Stellenbosch.
- 1950 – Martin McGuinness, Noord-Ierse republikeinse politikus († 2017).
- 1969 – Kobie van Rensburg, Suid-Afrikaanse tenoor en operadirekteur.
- 1972 – Rubens Barrichello, Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
Sterftes
- 230 – Pous Urbanus I, sewentiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1423 – Teenpous Benedictus XIII (* 1328).
- 1498 – Girolamo Savonarola, Florentynse Dominikaanse hervormer (* 1452).
- 1699 – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam aan die Kaap gevestig het (* 1626).
- 1838 – Jan Willem Janssens, laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap (* 1762).
- 1857 – Augustin Louis Cauchy, Franse wis- en natuurkundige (* 1789).
- 1906 – Henrik Ibsen, Noorse dramaturg en kritikus (* 1828).
- 1926 – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser (* 1853).
- 1944 – Grete Berger, Duitse aktrise (* 1883).
- 1992 – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931).
- 2017 – Roger Moore, Engelse akteur (* 1927).
- 2021 – Lorrae Desmond, Australiese aktrise (* 1929).
Vakansiedae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 May. |
|
|