Westpacstadion

Westpacstadion
Wellingtonstadion
Buiteaansig van die Westpacstadion

Bynaam Die Koekblik, Die Stadion
Ligging Wellington, Nieu-Seeland
Koördinate 41°16′23″S 174°47′9″O / 41.27306°S 174.78583°O / -41.27306; 174.78583
Eienaar Wellington Regional Stadium Trust
Operateur Wellington Regional Stadium Trust
Kapasiteit 34 500 (sitplekkapasiteit)[1]
33 000 (krieket)[2]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 12 Maart 1998
Geopen 3 Januarie 2000[3]
Boukoste $130 miljoen NZD
Argitek Architecture Warren & Mahoney Ltd
Populous (toe Bligh Lobb Sports Architecture)
Projekbestuurder Beca Carter Hollings & Ferner Ltd
Hoofkontrakteurs Fletcher Construction Ltd
Huurders
Hurricanes (Superrugby) (2000–huidig)
Wellington Leeus (ITM-beker) (2000–huidig)
Wellington Firebirds (krieket) (2000–huidig)
Wellington Phoenix (sokker) (2008–huidig)

Die Westpacstadion (vroeër bekend as die WespacTrust Stadion) is 'n sportstadion in Wellington, Nieu-Seeland.[4] Weens die stadion se vorm en silwerkleurige omhulsel staan die stadion in volksmond bekend as Die Koekblik.

Geriewe en benutting

Lugbeeld van die Westpacstadion en CentrePort Wellington in 2015
NZ Army-prestasie op Westpac-stadion in 2012

Die stadion is 'n veeldoelige stadion wat hoofsaaklik vir sportgebeurtenisse aangewend word. Dit is die tuiste van die Wellington Leeus-rugbyspan wat aan die ITM-beker deelneem. Dit is ook die primêre tuisveld van die Hurricanes wat aan Superrugby deelneem. Verder is die stadion ook die gasheer vir die Wellingtonse toernooi in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreeks vir nasionale Rugby Sewesspanne. Die All Blacks speel ook gereeld van hulle internasionale wedstryde in die Westpacstadion.

Die Westpacstadion is ook die tuisveld van die Wellington Phoenix Voetbalklub met die ondersteuners van die Phoenix wat na die stadion as die Ring of Fire verwys. Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan (die All Whites) speel ook dikwels hier in internasionale wedstryde waaronder die kwalifiserende wedstryd teen Bahrein vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 een was, wat Nieu-Seeland 1–0 gewen het. 'n Ander was die kwalifiserende wedstryd teen Meksiko vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014, wat Meksiko 2–4 gewen het.

Die stadion is ook al gebruik vir rugby leaguewedstryde. Vertoonwedstryde tussen spanne van die Australiese Voetballiga is in 2000 en 2001 in die Westpacstadion gespeel.

Krieket word dikwels gedurende die somer in die stadion gespeel. Ander fasiliteite sluit in die Nieu-Seelandse Instituut vir Sport asook 'n kampus vir die Wellingtonse Krieketskool wat deur die Wellingtonse Krieketvereniging beheer word. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 2015 vir vier wedstryde ingespan.

Galery

Panorama van die Westpacstadion
Panorama van die Westpacstadion

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 2011

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 September 2011 20:30 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 17–16 Vlag van Wallis Wallis Groep D 33 331
17 September 2011 18:00 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 49–3 Vlag van Fidji Fidji Groep D 33 262
23 September 2011 20:30 Vlag van Australië Australië 67–5 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Groep C 33 824
25 September 2011 20:30 Vlag van Argentinië Argentinië 13–12 Vlag van Skotland Skotland Groep B 26 937
1 Oktober 2011 18:00 Vlag van Frankryk Frankryk 14–19 Vlag van Tonga Tonga Groep A 32 763
2 Oktober 2011 15:30 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 79–15 Vlag van Kanada Kanada Groep A 37 665
8 Oktober 2011 18:00 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 10–22 Vlag van Wallis Wallis Kwarteindrondte 35 787
9 Oktober 2011 18:00 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 9–11 Vlag van Australië Australië Kwarteindrondte 34 914

Krieketwêreldbeker 2015

Groepfase
20 Februarie 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
123 (33.2 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
125/2 (12.2 boulbeurte)
Joe Root 46 (70)
Tim Southee 7/33 (9 boulbeurte)
Brendon McCullum 77 (25)
Chris Woakes 2/8 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 30 148
Skeidsregters: Paul Reiffel (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tim Southee (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
Groepfase
1 Maart 2015
11:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
309/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
312/1 (47.2 boulbeurte)
Joe Root 121 (108)
Tillakaratne Dilshan 1/35 (8.2 boulbeurte)
Lahiru Thirimanne 139* (143)
Moeen Ali 1/50 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 9 paaltjies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 18 503
Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Kumar Sangakkara (SL)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
Groepfase
12 Maart 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
341/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
195 (47.3 boulbeurte)
AB de Villiers 99 (82)
Mohammad Naveed 3/63 (10 boulbeurte)
Swapnil Patil 57* (100)
AB de Villiers 2/15 (3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 146 lopies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 4 901
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: AB de Villiers (SA)
  • Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
Kwarteindrondte
21 Maart 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
393/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
250 (30.3 boulbeurte)
Martin Guptill 237* (163)
Jerome Taylor 3/71 (7 boulbeurte)
Chris Gayle 61 (33)
Trent Boult 4/44 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 143 lopies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 30 268
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Martin Guptill (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om te kolf.

Rugbyliga-Toetswedstryde

Datum Teenstaander Telling Toeskouers Deel van
13 Julie 2001 Vlag van Australië Australië 10–28 26 580
12 Oktober 2002 24–32 25 015
11 November 2006 Vlag van Verenigde Koninkryk Groot-Brittanje 34–4 16 401 2006 Drienasies
11 Oktober 2007 Vlag van Australië Australië 0–58 16 681
23 Oktober 2010 Vlag van Engeland Engeland 24–10 20 324 2010 Viernasies
12 November 2014 Vlag van Australië Australië 22–18 25 093 2014 Viernasies-eindwedstryd

Verwysings

  1. (en) http://westpacstadium.co.nz/key-facts/ Geargiveer 29 November 2014 op Wayback Machine
  2. "Westpac Stadium, Wellington, New Zealand" (in Engels). ESPNcricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 29 November 2015.
  3. (en) http://www.worldofstadiums.com/oceania/new-zealand/westpac-stadium/ Geargiveer 16 September 2016 op Wayback Machine
  4. "Westpac Stadium" (in Engels). ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 20 Februarie 2019.

Eksterne skakels

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!