Waikato Rugbyunie (2002–nou) Chiefs (Superrugby) (2002–nou) WaiBop United (2015–2016)
Die Waikatostadion is 'n groot stadion in Hamilton, Nieu-Seeland, wat vir sport en kulturele byeenkomste aangewend word. Die stadion het 'n totale kapasiteit van 25 800 sitplekke en word deur Hamilton se stadsraad besit. Verskeie wedstryde is gedurende die Rugbywêreldbeker 2011 hier gespeel.
Fotogalery
Die Britse en Ierse Leeus teen die Nieu-Seeland Māorirugbyspan in 2005
Wedstryd tussen Wallis en Samoa tydens die Rugbywêreldbeker 2011