Rotorua Internasionale Stadion

Rotorua Internasionale Stadion
Bynaam Die Hangi-put
Ligging Rotorua, Nieu-Seeland
Koördinate 38°9′21″S 176°13′27″O / 38.15583°S 176.22417°O / -38.15583; 176.22417
Kapasiteit Rugby: 34 000
Konserte: 30 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1911
Huurders
Bay of Plenty Rugby Union
Rotorua United
Wedstryd tussen Samoa en Namibië tydens die Rugbywêreldbeker 2011

Die Rotorua Internasionale Stadion is 'n veeldoelige stadion in Rotorua, Nieu-Seeland. Die stadion is teenaan Devon Street West in die voorstad Westbrook geleë.

Die stadion het 'n kapasiteit van 34 000 toeskouers.[1] Dit is oorspronklik in 1911 gebou, en is sedertdien verskeie kere opgegradeer. Die stadion het 'n bedekte pawiljoen wat tot 4 000 mense sitplek kan bied, asook 'n beton-sitarea aan die westekant van die veld.

Die stadion word hoofsaaklik vir rugbywedstryde ingespan en is een van die twee tuisvelde van die Bay of Plenty-span (rugbyunie). Tydens die Rugbywêreldbeker 1987 is in die stadion die klein finale vir die derde plek tussen Australië en Wallis beslis. Verskeie wedstryde is ook tydens die 2011 Rugbywêreldbeker hier gespeel.

Sagtebalbane is aan die noordekant van die stadion geleë.

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 1987

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1987.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
18 Junie 1987 Vlag van Australië Australië 21–22 Vlag van Wallis Wallis Klein finale 29 000

Rugbywêreldbeker 2011

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2011.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
10 September 2011 15:30 Vlag van Fidji Fidji 49–25 Vlag van Namibië Namibië Groep D 10 100
14 September 2011 14:30 Vlag van Samoa Samoa 49–12 Vlag van Namibië Namibië Groep D 12 752
25 September 2011 18:00 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 62–12 Vlag van Rusland Rusland Groep C 25 661

Rugbyliga-toetswedstryde

Toets# Datum Uitslag Toeskouers Notas
1 16 Julie 1989 Vlag van Australië Australië versl. Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 8–0 26 000 Gespeel as deel van die 1989 Trans-Tasmansee Toetsreeks
2 5 Oktober 1996 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland versl. Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 62–8 4 800
3 14 Oktober 2009 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland versl. Vlag van Tonga Tonga 42–24 8 000
4 30 Oktober 2010 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland versl. Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 76–12 6 000 Gespeel as deel van die 2010 Viernasies

Verwysings

  1. "Rotorua International Stadium" (in Engels). eventvenues.co.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2009. Besoek op 24 Augustus 2008.

Eksterne skakels

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!