Benewens sokker word die stadion ook soms vir rugbywedstryde aangewend. Die eerste rugbywedstryd wat in die stadion gespeel is, was in Mei 2008 toe Saracens (wat op daardie stadium Vicarage Road met Watford Voetbalklub gedeel het) teen Bristol gespeel het omdat Watford hul stadion vir ’n Kampioenskapuitspeelwedstryd benodig het.[4] In 2011 het Northampton Saints die stadion gebruik vir die kwart- en halfeindstryde van die Heinekenbeker omdat hul eie stadion te klein was. Die stadion het ook as gasheer vir drie wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gedien.[5]
Fotogalery
Sokkerwedstryd tussen Engeland Azerbeidjan se o/21-spanne in 2009
Wedstryd tussen Fidji en Uruguay tydens die Rugbywêreldbeker 2015