Die Wembley-stadion (dikwels kortweg "Wembley") is 'n sokkerstadion in Wembley in die noordweste van Londen. Die stadion het 90 000 sitplekke.
Die stadion is vanaf 2003 tot 2007 op die selfde plek as die eerste Wembley-stadion gebou. Daar is 'n boog oor die nuwe stadion wat so ontwerp is dat dit nie 'n skaduwee oor die veld sal gooi nie.