Peter Louw

Peter Nicolaas Moltke Louw (gebore 13 Januarie 1950) is ’n regsgeleerde en ’n Afrikaanse digter. Hy is die seun van die digter N.P. van Wyk Louw.

Lewe en werk

Peter Nicolaas Moltke Louw is die seun van N.P. van Wyk Louw en Truida Pohl en is op 13 Januarie 1950 in Kaapstad gebore. Sy name is ’n vermenging van die name van sy oupas aan moederskant en vaderskant en ook van sy pa. Hy het ’n suster, Reinet, en twee halfsusters (Ria en Nakkie) uit sy pa se eerste huwelik met Joan Wessels. Van Wyk Louw sou op 31 Januarie 1950 na Nederland vertrek waar hy ’n pos aan die Gemeentelike Universiteit van Amsterdam aanvaar het. Peter was egter nog te klein en het boonop ’n vorm van geelsug gehad, sodat daar besluit is dat hy nie op daardie tydstip saam met sy pa na Nederland kon gaan nie. Op 11 Februarie 1950 word hy gedoop, met D.J. Opperman wat as sy peetvader aangewys word. Truida, Reinet en Peter het op 30 Maart 1950 uit die Kaap per skip vertrek en op 18 April in Antwerpen aangekom, waarna hulle by Van Wyk Louw in Amsterdam aangesluit het. Op 17 November 1953 keer hy weer saam met sy ma en suster na Suid-Afrika terug vir ’n lang vakansie en gaan weer terug na Nederland in April 1954. As ’n kleuter in Nederland praat Peter aanvanklik slegs Nederlands, hoewel hy dit net by die Louws se huishoudster en ’n paar speelmaats geleer het. Hy bry ook soos ’n Swartlander, maar op hierdie jong ouderdom begin hy reeds hakkel, ’n probleem wat hom sy lewe lank teister. Sy pa wou dus nie met sy taalgebruik lol om hom te dwing om Afrikaans te praat nie. Hy begin sy laerskoolopleiding in Amsterdam. In 1959 keer die gesin terug na Suid-Afrika en woon eers in Parkview voordat hulle in 1969 na Linden verhuis. Hy matrikuleer in 1967 aan die Hoërskool Linden in Johannesburg.

Na skool studeer hy in die Ekonomie aan die Randse Afrikaanse Universiteit, maar verander van studierigting en verwerf in 1972 die B.A.-graad in die Regte. Hy staak sy studies aan die einde van sy eerste LL.B.-jaar omdat hy nie die mondelinge eksamens kon vermy nie en sy hakkelry dit vir hom baie moeilik gemaak het. In 1974 begin hy werk as hofklerk by die Johannesburgse Landdroshof en vanaf 1975 tot 1976 is hy verslaggewer, subredakteur en vertaler by Die Burger in Kaapstad. In 1976 trou hy met Elizabeth van der Merwe van Rawsonville, maar die egpaar skei in 1988. Die huwelik was kinderloos. Ná ’n lang oorsese reis behaal hy in 1979 die LL.B.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika en word as advokaat tot die balie toegelaat. In 1980 word hy aangestel as regsvertaler by die AA Mutual versekeringsmaatskappy in Johannesburg. Intussen studeer hy deeltyds aan die Universiteit van Suid-Afrika en behaal in 1982 die B.A. Honneurs-graad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde met lof. Hy bedank in 1986 by AA Mutual en begin sy eie finansiële en regsvertaalbesigheid, wat hy in 1987 na Kaapstad verskuif. Later sluit hy by Ou Mutual aan as hierdie maatskappy se taalspesialis. Op 31 Maart 1990 trou hy met die joernalis Elsje Margaretha (Elretha) Moolman (gebore Dreyer) en hulle het ’n seun, Peter Nicolaas, wat op 13 November 1992 gebore is.

Skryfwerk

Peter ontmoet in die vroeë tagtigerjare vir Martin Schwartz van Amerika, ’n deskundige op die gebied van hakkel. Schwartz benader die hakkelprobleem op ’n nuwe en vars manier, wat hy lugvloeiterapie noem. Dit is gegrond op die idee dat spanning op die stembande die wortel van alle kwaad is. Die doel van die terapie is om die spanning op die stembande so laag moontlik te hou deur byvoorbeeld sagter en stadiger te praat, ’n laer toonhoogte te hou en ontspanningsoefeninge te doen om die algemene spanningsvlak te verlaag. Peter sluit hierna by ’n “lugvloeiklub” aan waar ’n groep hakkelaars Schwartz se tegniek begin toepas het. Hierna skryf Peter sy boek “Hhhakkel” waarin hy met liefde en begrip oor sy eie en ander hakkelaars se ervaring op skool, op universiteit, en in die algemene handel en wandel skryf. Die probleem van hakkel word fisiologies, sielkundig, maatskaplik en opvoedkundig omskryf en maak sodoende die pad vir begrip oop. Die boek word in Engels vertaal as “Coping with stuttering” en in 1991 word ’n bygewerkte uitgawe getiteld “Oorwin hhhakkel” gepubliseer. Hy is betrokke by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Hakkel en versorg die Vereniging se nuusbrief, terwyl hy ook voorsitter was van die Kaapstadse tak van Speakeasy, ’n nasionale ondersteuning- en selfhelpvereniging vir mense wat hakkel.

Na N.P. van Wyk Louw se dood word hy en sy suster Reinet aangestel as eksekuteurs van sy literêre nalatenskap. Hy stel ’n keur uit sy vader se gedigte saam onder die titel “Verborge vuur” en versorg ook die versamelbundel “Die mooiste van Van Wyk Louw”.[1] Verder dra hy ook baie by tot die reeks “Duisend beste boeke”, wat opsommings en besprekings van beroemde boeke bevat, waarin hy onder andere die bespreking oor die drama “Germanicus” van sy vader bespreek.[2]

Aan die einde van die jare sewentig begin hy gedigte publiseer in tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde, Ensovoort en die Vlaamse tydskrif De brakke hond, waarna hy debuteer met die digbundel “Tantalus”.[3] Die titel van die bundel is ontleen aan die Griekse mitologie, waar Tantalus ’n seun van Zeus was, wat sy seun Pelops se vlees aan die gode opgedien het. As straf moes Tantalus na Pelops se dood in water staan, wat bly wegsypel het as hy dit wou drink. Hierdie verhaal word metafoor vir die digterlike arbeid, waar die volmaakte woord en vorm die digter telkens ontwyk. Die gedigte ontkom aan die neigings en tekortkomings van debuutbundels, waar die hoogs persoonlike, die emosionele belydenis en die hartstogtelike dikwels oorheers. In stede daarvan bevat dit goed deurdagte verse, wat daarin slaag om in die oënskynlik alledaagse en gewone dinge betekenislae van kosmiese omvang waar te neem. “Bioskoopganger” is ’n ligte verposing van die aktualiteit en geweld wat die verteller omring, waar hy eerder gaan fliek en kan konsentreer daarop om slegs ’n toeskouer te wees, met “Antwoord” ’n bekoorlike liefdesvers. Hy sluit die bundel af met vrye verwerkings van Baudelaire-gedigte. Verder publiseer hy ook in die elektroniese digbundel “Klikspringer” en op die Internet op PoësieNet, ’n afdeling van die LitNet-webwerf. Sy verse word in verskeie bloemlesings opgeneem, waaronder “Groot Verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Die dye trek die dye aan”, “Senior verseboek” en “Nuwe verset”. Van sy verse word ook in radioprogramme voorgedra.

Publikasies

Jaar Publikasies
1987 Hhhakkel
1989 Tantalus
1991 Oorwin hhhakkel
Samesteller
1989 Verborge vuur – N.P. van Wyk Louw
1994 Die mooiste van Van Wyk Louw – N.P. van Wyk Louw

Bronnelys

Boeke

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria
  • Eerste uitgawe 2005
  • Steyn, J.C. “Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal Deel I” Tafelberg-uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
  • Steyn, J.C. “Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal Deel II” Tafelberg-uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998

Tydskrifte en koerante

  • Lourens, Vanessa “Hakkel beslis geen ‘ligte probleempie’ – Peter” “Die Burger” 22 Oktober 1999

Internet

Ongepubliseerde dokumente

Verwysings

  1. Hambidge, Joan “Die Burger” 26 Oktober 1994
  2. Malan, Lucas “Rapport” 27 November 1994
  3. Brink, André P. “Vrye Weekblad” “Lente 1989

Read other articles:

この項目では、「松竹京都撮影所」を経営する映画会社について説明しています。映画・舞台興行会社「松竹」の撮影所については「松竹#撮影所」をご覧ください。 株式会社松竹撮影所Shochiku Studio Co., Ltd.種類 株式会社市場情報 非上場略称 松竹撮影所本社所在地 日本〒616-8152京都府京都市右京区太秦堀ヶ内町12-9[1]設立 2008年10月15日[1]1946年 京都映画株式会...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (مايو 2020) سعدي بن شنيبر العتيبي معلومات شخصية الميلاد سنة 1924  الرياض، السعودية الوفاة 19 مايو 2020 (95–96 سنة)[1]  الرياض، السعودية مواطنة السعودية  الحياة العمل

 

The Central American Junior and Youth Championships in Athletics (Spanish: Campeonatos Centroamericanos Juvenil A y B) is an athletics event organized by the Central American Isthmus Athletic Confederation (CADICA) (Spanish: Confederación Atlética del Istmo Centroamericano) open for athletes from member associations. The event is divided into the Junior B Central American Championships and the Junior A Central American Championships. The Junior A category is open for girls and boys aged 18...

Національний інститут стандартів і технології англ. National Institute of Standards and Technology(NIST) Оригінальна назва англ. National Institute of Standards and Technology (1988)Дата заснування 1901Голова Директор Patrick D. Gallagher[1]Положення Гейтерсберг (Меріленд) (Меріленд) та Боулдер (Колорадо) (Колорадо), СШААдрес...

 

Opera by Ernest Bloch MacbethOpera by Ernest BlochThe composer in 1917LibrettistEdmond FlegLanguageFrenchBased onShakespeare's MacbethPremiere30 November 1910 (1910-11-30)Opéra-Comique, Paris Macbeth is an opera in three acts, with music by Ernest Bloch to a libretto by Edmond Fleg, after the eponymous play of William Shakespeare. Bloch composed the opera between 1904 and 1906, but it did not receive its first performance until 30 November 1910 by the Opéra-Comique in Paris w...

 

Esta página cita fontes, mas que não cobrem todo o conteúdo. Ajude a inserir referências. Conteúdo não verificável pode ser removido.—Encontre fontes: ABW  • CAPES  • Google (N • L • A) (Abril de 2021) Estrela de Ouro Nome Associação Athlética Estrela de Ouro Fundação 01 de setembro de 1903 (120 anos) Uniformetitular Uniformealternativo A Associação Athlética Estrela de Ouro foi um clube de futebol brasile...

Japanese long-distance runner Hitomi NiiyaNiiya in 2008 Hokkaido MarathonPersonal informationBorn26 February 1988 (1988-02-26) (age 35)Sōja, Okayama, JapanSportCountry JapanSportWomen's athleticsAchievements and titlesPersonal bests3000 m: 9:09.275000m: 14:55.8310,000 m: 30:20.44Half marathon: 66:38 NRMarathon: 2:19:24 (Houston 2023) Medal record Asian Championships 2011 Kobe 5000 m 2019 Doha 10,000 m World Youth Championships 2005 Marrakesh 5000 m Hitomi Niiya (新谷 仁美,...

 

American politician (born 1974) Eric GreitensOfficial portrait, 201756th Governor of MissouriIn officeJanuary 9, 2017 – June 1, 2018LieutenantMike ParsonPreceded byJay NixonSucceeded byMike Parson Personal detailsBornEric Robert Greitens (1974-04-10) April 10, 1974 (age 49)St. Louis, Missouri, U.S.Political partyRepublican (since 2015)Other politicalaffiliationsDemocratic (before 2015)Spouses Rebecca Wright ​ ​(m. 2000; div. 2003)̴...

 

German military historian Ernst KlinkBorn5 December 1923 (1923-12-05)Dietenhausen, GermanyDied1993 (aged 69–70)Occupation(s)Historian, author, editorKnown forMember of HIAG, a post-war Waffen-SS lobby groupAcademic backgroundAlma materUniversity of TübingenAcademic workInstitutionsMilitary History Research Office (MGFA)Main interestsModern European history Military historyNotable worksGermany and the Second World War Ernst Klink (5 December 1923 – 1993) was a German mi...

1964 soundtrack album by Irwin KostalMary Poppins: Original Cast SoundtrackSoundtrack album by Irwin KostalReleasedSeptember 1964RecordedApril–December 1963StudioWalt Disney Studios, BurbankGenre Film score soundtrack Length53:51LabelDisneylandProducer Richard M. Sherman Robert B. Sherman Walt Disney Mary Poppins chronology Mary Poppins: Original Cast Soundtrack(1964) Mary Poppins Returns: Original Motion Picture Soundtrack(2018) Singles from Mary Poppins: Original Cast Soundtrack A...

 

В Википедии есть статьи о других людях с именем Мешко. Мешко Iпольск. Mieszko I Польский князь Мешко I Князь Польши 960 — 992 Предшественник Земомысл Преемник Болеслав I Храбрый Рождение около 935 Смерть 25 мая 992(0992-05-25) Место погребения собор Св. Петра и Павла, Познань, Польша Род ...

 

Pre-Islamic Arabian goddess al-LatGoddess of war, peace, combat, and prosperityAl-Lāt with a palm branch and lion from the Temple of Baalshamin in Palmyra, 1st century AD. Damascus, SyriaMajor cult centerPalmyra, Iram,[1] Ta'if (according to Islamic sources)SymbolLion, gazelle, crescent, cubic rockRegionArabiaPersonal informationSiblingsAl-Uzza, ManatConsort Lion of Al-lat (Palmyrene tradition)[2] Dushara (Nabataean tradition) ChildrenDushara (Nabataean tradition)EquivalentsG...

Indian alcoholic drink Sura or Sooraa (Sanskrit and Pāli; Devanāgarī: सुरा) is a strong distilled alcoholic drink originating from the Indian subcontinent. It is referred to as an anaesthetic by Suśruta (a surgeon in India circa 400 BCE). Other ancient medical authorities also mention it; Charaka referred to making a woman with a miscarriage senseless to pain by administering alcoholic drinks like sooraa, sīdhu, ariṣṭa, madhu, madirā or āsava.[1] History The method ...

 

Fundraising event broadcast on television For the Space Ghost Coast to Coast episode, see Telethon (Space Ghost Coast to Coast). A telethon (a portmanteau of television and marathon) is a televised fundraising event that lasts many hours or even days, the purpose of which is to raise money for a charitable, political or other purportedly worthy cause. Most telethons feature heavy solicitations for pledges (promises to donate funds at a later time) by masters of ceremonies or hosts, who are of...

 

Artikel ini perlu diwikifikasi agar memenuhi standar kualitas Wikipedia. Anda dapat memberikan bantuan berupa penambahan pranala dalam, atau dengan merapikan tata letak dari artikel ini. Untuk keterangan lebih lanjut, klik [tampil] di bagian kanan. Mengganti markah HTML dengan markah wiki bila dimungkinkan. Tambahkan pranala wiki. Bila dirasa perlu, buatlah pautan ke artikel wiki lainnya dengan cara menambahkan [[ dan ]] pada kata yang bersangkutan (lihat WP:LINK untuk keterangan lebih lanjut...

Автошлях B30 Автошлях B30 у МеккенбойреніЗагальні даніКраїна  НімеччинаНомер B 30Землі БаваріяБаден-ВюртембергСмуги переважно чотири смуги шосеподібніДовжина 102 кілометрНапрямок Північ-південьпочаток Новий Ульмкінець ФрідріхсгафенДорожнє покриття асфальтобетонЗ'єд...

 

Species of turtle Florida softshell turtle Conservation status Least Concern (IUCN 3.1)[1] Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Chordata Class: Reptilia Order: Testudines Suborder: Cryptodira Family: Trionychidae Genus: Apalone Species: A. ferox Binomial name Apalone ferox(Schneider, 1783) Florida softshell turtle range[2] Synonyms[3] Testudo ferox Schneider, 1783 Testudo mollis Lacépède, 1788 Testudo bartrami Daudin, 1801 E...

 

Pakistani general Lieutenant GeneralBakhtiar RanaHilal-e-JuratHJ  SPk  HQA  MCBorn(1910-11-03)3 November 1910Hoshiarpur, Punjab, British India(Present day India)Died1999 (aged 88–89)Lahore, Punjab, PakistanAllegiance British Raj (1931-1947)  Pakistan (1947-1966)Service/branch British Indian Army Pakistan ArmyYears of service1931–66Rank Lieutenant GeneralUnit1st Piffers, Frontier Force RegimentCommands heldI Corps in ManglaIns-Gen...

DePaul University Universidad DePaul Lema Viam sapientiae monstrabo tibi (Te enseñaré el camino de la sabiduría)Tipo PrivadaFundación 1898LocalizaciónDirección 1 E. Jackson, Chicago, IL 60604Chicago, Illinois,  Estados UnidosCoordenadas 41°55′25″N 87°39′13″O / 41.923558, -87.653542AdministraciónRector Dennis H. Holtschneider, C.M.AcademiaEstudiantes 21.969 • Pregrado 14.740 • Posgrado 7.229Mascota Demonio azulColores académicos &#...

 

Swiss basketball player Sefolosha redirects here. For the painter, who is also his mother, see Christine Sefolosha. Thabo SefoloshaSefolosha with the Houston Rockets in 2019Vevey Riviera BasketPositionShooting guard / small forwardLeagueSBLPersonal informationBorn (1984-05-02) May 2, 1984 (age 39)Vevey, SwitzerlandNationalitySwissListed height6 ft 7 in (2.01 m)Listed weight215 lb (98 kg)Career informationNBA draft2006: 1st round, 13th overall pickSelected by the ...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!