Geelsug

Geelsug
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Gelerige kleur veroorsaak deur hepatiese geelsug.
’n Gelerige kleur veroorsaak deur hepatiese geelsug.
ICD-10 R17
ICD-9 782.4
DiseasesDB 7038
MedlinePlus   003243
MeSH D007565
Mediese waarskuwing

Geelsug (Engels Jaundice, van jaune, Frans vir geel) is 'n aandoening waartydens die vel en slymvliese 'n gelerige kleur kry. Die oorsaak hiervan is 'n oormaat galpigment (bilirubien) in die bloed. Daar word algemeen tussen drie tipes geelsug onderskei:

  • Hemolitiese geelsug word veroorsaak deur abnormale bloedafbreking as gevolg van onder andere vergiftiging, bloedsiektes of die toedoening van die verkeerde tipe bloed gedurende 'n bloedoortapping.
  • Obstruktiewe geelsug ontstaan weens die afsluiting van die galbuise. Dit kan deur galstene of deur 'n ander obstruksie soos 'n gewas veroorsaak word. Die opgedamde bilirubien en gal kan dan nie op die normale manier uit die bloed geskei word nie.
  • Gedurende hepatiese geelsug is die lewer nie in staat om bilirubien uit die bloed te verwyder nie, as gevolg van een of ander aandoening van die lewer. Die algemeenste aandoening is die virusinfeksie hepatitis A en B.

Soos vermeld, veroorsaak geelsug dat die vel en die slymvliese van 'n geelsuglyer 'n geel kleur kry as gevolg van 'n abnormaal hoë gehalte van bilirubien (galkleurstof of galpigment). Geelsug tree te voorskyn as die bilirubiengehalte van die bloed vier keer hoër is as normaal. Die eerste simptoom daarvan kan in die sklerae of wit van die oë waargeneem word.

Bilirubien is 'n afbrekingsproduk van hemoglobien of rooi bloedkleurstof. Hemoglobien maak die opneem van suurstof in die longe en die vervoer daarvan deur die liggaam moontlik. Wanneer die hemoglobien vrygelaat word uit afgebreekte rooibloedliggaampies, word dit omgesit in biliverdien, wat yster bevat. Hierná word yster en globien afgesplit en word biliverdien gereduseer tot bilirubien. Hierdie chemiese reaksies vind plaas in die selle van die retikuloëntoteliale stelsel (RES), 'n netwerk van selle met 'n ingewikkelde funksie. Die grootste konsentrasie daarvan kom in die beenmurg en milt voor, maar word ook elders in die liggaam gevind.

Bilirubien word deur die bloed na die lewer gevoer. Die Nederlandse internis Albert Abraham Hijmans van den Bergh (1869-1943) het in 1917 ontdek dat bilirubien, wat deur die lewer saam met die gal uitgeskei word, 'n ander chemiese samestelling het as dié bilirubien wat nog nie deur die lewer uitgeskei is nie. Dit het geblyk dat bilirubien in die lewer gekoppel word aan glukuronsuur. Hierdie bilirubien word gekonjugeerde of saamgestelde bilirubien genoem, in teenstelling met gewone bilirubien. Dit is onder andere van belang by die onderskeiding van meganiese en dinamiese geelsug. Eersgenoemde word veroorsaak deur stuwings in die galgange of as die lewerweefsel beskadig word, en die tweede deur verhoogde bloedafbreking of deur lewerweefsel wat swak funksioneer.

Dinamiese geelsug word gekenmerk deur te veel gewone bilirubien in die bloed, terwyl daar by meganiese geelsug te veel saamgestelde bilirubien in die bloed is. Die galkleurstof word saam met die gal in die derm uitgestort as 'n reaksie op die teenwoordigheid van voedsel. Deur bakterieë, wat altyd in groot getaIIe in die derm voorkom, word die saamgestelde bilirubien gereduseer tot urobiliogeen. Daaruit ontstaan weer mesobilirubinogeen en sterkobilinogeen. 'n Deel van die sterkobilinogeen word weer deur die dermwand in die poortaarstelsel opgeneem, waar dit of direk met die gal uitgeskei word of tot bilirubien geoksideer word. 'n Derde moontlikheid is dat sterkobilinogeen afgeskei word in die bloedvate wat uitmond in die onderste holaar en dan deur die niere uitgeskei word. Hierdie prosesse geskied gelyktydig in die liggaam. Die voedselreste en dooie bakterieë word laer af in die derm volledig met sterkobilinogeen gemeng, waaraan die kleur van die ontlasting toe te skryf is. Die kleurlose uro- en sterkobilinogeen word gereduseer tot 'n oranjebruin gekleurde urobilien en sterkobilien. Die siklus van die galkleurstof (derm-poortaar-Iewer-derm) word die interohepatiese kringloop (enteron="derm" , hepar="lewer") genoem. In hierdie siklus kan 'n aantal afwykings voorkom wat verantwoordelik is vir verskillende soorte geelsug.

Oorsake in die bloed

Pasgebore baba wat fototerapie ondergaan om neonatale geelsug te behandel

Die normale lewensduur van 'n rooi bloedliggaampie (eritrosiet) is ongeveer 100 dae. Wanneer hierdie lewensduur verkort word deurdat 'n groot aantal rooibloedliggaampies afgebreek word, word die bilirubien verhoog, sodat dit soms nie deur die lewer verwerk kan word nie, Hierdie verhoogde konsentrasie in die bloed bring mee dat die weefsels deurdrenk word met bilirubien, 'n toestand wat tot gevolg het dat die vel en slymvliese van die geelsuglyer geel vertoon. Bloedarmoede of anemie, veroorsaak deur die afbraak van bloed, word hemolitiese anemie (bloedgeelsug) genoem en 'n aangebore en verwerfde vorm word onderskei. Die belangrikste siekte wat uit die aangebore vorm voortspruit, is die erflike sferositose, waar die rooibloedliggaampies klein en bolvormig (sferies) vertoon en swak bestand is teen veranderinge in die osmotiese druk en teen meganiese invloede.

Sekelselanemie, 'n erflike afwyking wat veral by swartmense voorkom, kan gepaard gaan met geelsug. Die kenmerkendste verskynsel is dat die ronde rooi bloedliggaampies sekelvormig word wanneer die suurstofkonsentrasie in die rooibloedliggaampies daal. Hemolitiese anemie kan 'n komplikasie wees van 'n siekte in die bloed of in die organe wat bloed vervaardig, maar word ook deur allerlei ander siektes en siektetoestande soos vergiftiging, favisme (favaboonanemie) en infeksies (byvoorbeeld malaria), deur 'n bloedoortappingsreaksie en deur resusantagonisme veroorsaak. Soms kan geen oorsaak vir die siekte gevind word nie.

Konstitusionele hiperbilirubinemie is 'n afwyking waarby 'n aangebore, abnormaal hoë konsentrasie van bilirubien in die bloed voorkom, 'n toestand wat met geelsug gepaard kan gaan. Hierdie afwyking kom veral by jong mans voor, maar het die neiging om met verloop van tyd te verbeter.

Oorsake in die lewer en die galkanale

Verskeie lewersiektes kan die oorsaak wees van geelsug of die sogenaamde intrahepatiese geelsug. Die leek assosieer geelsug in die eerste plek met lewerontsteking soos hepatitis infectiosa en serumhepatitis. Hierdie siektes in inderdaad dikwels die oorsaak van geelsug.

Intrahepatiese geelsug kan ook ontstaan as gevolg van lewersklerose, wat byvoorbeeld deur chroniese alkoholisme veroorsaak word. Ander oorsake is lewerbeskadiging deur geneesmiddels, infeksiesiektes (byvoorbeeld die siekte van Pfeiffer), geelkoors, die siekte van Weil en sifilis. Afwykings in die galafvoerstelsel veroorsaak posthepatiese geelsug. Hierdie stelsel bestaan hoofsaaklik uit 'n afvoerkanaal (ductus choledochus), wat van die lewer na die twaalfvingerderm (duodenum) loop en voorsien is van 'n sykanaal. Aan die einde van hierdie derm is daar 'n sakvormige orgaan, naamlik die galblaas. As die afvoer gestrem word, kan die lewer steeds gal produseer totdat die druk te hoog word: hierna tree geelsug in en word die ontlasting kleurloos omdat geen sterkobilien gevorm word nie. Soms word die galafvoer al in die lewer self belemmer, deurdat die galkanaaltjies diggedruk word as gevolg van 'n ontsteking wat 'n swelling veroorsaak. Verder kan die infeksieproses tot 'n afsluiting lei. Dikwels word hierdie afsluiting veroorsaak deur 'n galsteen (cholelitiase of galsteensiekte). Hoe hierdie stene gevorm word, is nie presies bekend nie.

Daar is verskillende soorte galstene: suiwer cholesterolstene, suiwer pigmentstene, cholesterol-pigmentkalkstene en kombinasiestene, wat 'n samestelling van genoemde stene is. Galstene kom veral voor by vet, middeljarige vrouens. Indien die stene in die galblaas voorkom, is die galkanale van die lewer na die derm steeds oop. As die hoofkanaal egter afgesluit word, is gal afvoer nie meer moontlik nie. Die afsluiting kan ook slegs gedeeltelik wees. Stene in die hoofkanaal is meestal afkomstig van die galblaas. Van daar word dit deur die beweging van die wand van die galblaas en die sykanaal na die ductus choledachus gevoer. Dit veroorsaak tipies 'n hewige pyn. Een van die belangrikste funksies van gal is die splitsing of afskeiding van die vet in voedsel. Pasiënte wat aan hul gal ly, kan in die algemeen nie vetterige soort kos eet nie. Hulle is gewoonlik op 'n dieet en as die pasiënt wel galstene het, moet dit gewoonlik operatief verwyder word.

Bronne

Read other articles:

EgyptAirBerkas:Egypt Air.svg IATA ICAO Kode panggil MS MSR EGYPTAIR Didirikan1932 (dengan nama Misr Airwork)PenghubungBandar Udara Internasional KairoKota fokusBandar Udara El NouzhaBandar Udara Internasional HurghadaBandar Udara Internasional Sharm el-SheikhBandar Udara Internasional LuxorProgram penumpang setiaEgyptAir PlusAliansiArabesk (Arab Air Carriers Organization)Star Alliance (Anggota Berpotensi)Armada47 (+15 dalam pesanan)Tujuan70Perusahaan indukEgyptAir Holding CompanyKantor pusatC...

 

Questa voce raccoglie le principali tipologie di trasporti in Etiopia. Etiopia: carta geopolitica con rete stradale e ferroviaria Indice 1 Trasporti su rotaia 1.1 Reti ferroviarie 1.2 Reti metropolitane 1.3 Reti tranviarie 2 Trasporti su strada 2.1 Rete stradale 2.2 Reti filoviarie 2.3 Autolinee 3 Porti e scali 4 Trasporti aerei 4.1 Aeroporti 5 Note 6 Voci correlate 7 Altri progetti Trasporti su rotaia Reti ferroviarie In totale: 681 km, appartenenti alla parte etiopica della ferrovia Ad...

 

American comic book creator Marc SilvestriSilvestri in 2014Born (1958-03-29) March 29, 1958 (age 65)Palm Beach, Florida, U.S.NationalityAmericanArea(s)Writer, artist, publisherNotable worksCyberforce The Darkness Uncanny X-Men Strykeforce Witchblade WolverineOfficial website Marc Silvestri (born March 29, 1958) is an American comic book artist, creator and publisher. He serves as CEO of both Top Cow Productions[1] and Image Comics.[2] Early life Marc Silvestri was born on...

ناهدة الرماح معلومات شخصية تاريخ الميلاد 13 أكتوبر 1938 الوفاة 22 مارس 2017 (78 سنة)بغداد، العراق الجنسية  العراق الحياة العملية المهنة ممثلة  سنوات النشاط 1956 - 1974 المواقع السينما.كوم صفحتها على موقع السينما تعديل مصدري - تعديل   ناهدة الرماح (13 تشرين الأول/أكتوبر 1938 - 22 آذار/م

 

Penduduk Asli Taiwan Perburuan Rusa (捕鹿), 1746 Informasi umum Total populasi 2014: 533.600[1] Tanah air di Taiwan Pegunungan yang membentang dalam lima rangkaian dari ujung utara sampai ujung selatan pulau tersebut Dataran timur sempit Pulau Anggrek (Lán Yǔ) Bahasa 14 bahasa Formosa hidup. Beberapa bahasa terancam dan bahasa hampir mati. Puak Diakui Amis Atayal Bunun Hla'alua Kavalan Kanakanavu Paiwan Puyuma Rukai Saisiyat Sakizaya Seediq Tao Thao Tsou Truku  Tak diakui ...

 

Палац герцогів КадавалPalácio dos Duques de Cadaval Палац герцогів КадавалПалац герцогів Кадавал (Португалія)Країна  ПортугаліяТериторіальна одиниця União das Freguesias de Évora (São Mamede, Sé, São Pedro e Santo Antão)d 38°34′24″ пн. ш. 7°54′26″ зх. д. / 38.57345600002777530° пн. ш. 7.90744100002777817° з

2014 Thai television series Room Alone 401-410ThaiRoom Alone 401-410 – รูมอะโลน GenreRomanceDramaCreated byGMMTVDirected byNuttapong MongkolsawasCountry of originThailandOriginal languageThaiNo. of episodes10ProductionRunning time50 minutesProduction companyGMMTVOriginal releaseNetworkOne HDBang Channel [th]GMM 25 (Rerun)Release25 October (2014-10-25) –27 December 2014 (2014-12-27)RelatedRoom Alone 2 Room Alone 401-410 (Thai: Room Alone 401-410 ...

 

Italian politician Leopoldo EliaPresident of the Constitutional courtIn office21 September 1981 – 7 May 1985Preceded byLeonetto AmadeiSucceeded byLivio PaladinMinister for Electoral and Institutional ReformsIn office28 April 1993 – 10 May 1994Prime MinisterCarlo Azeglio CiampiPreceded byMino MartinazzoliSucceeded byFrancesco SperoniMinister of Foreign AffairsActing19 April 1994 – 10 May 1994Prime MinisterCarlo Azeglio CiampiPreceded byBeniamino AndreattaSuccee...

 

العلاقات البليزية النيجيرية بليز نيجيريا   بليز   نيجيريا تعديل مصدري - تعديل   العلاقات البليزية النيجيرية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين بليز ونيجيريا.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه المقارنة بليز ...

American baseball pitcher (born 1989) Baseball player Drake BrittonBritton with the Pawtucket Red SoxPitcherBorn: (1989-05-22) May 22, 1989 (age 34)Waco, Texas, U.S.Batted: LeftThrew: LeftMLB debutJuly 20, 2013, for the Boston Red SoxLast MLB appearanceSeptember 28, 2014, for the Boston Red SoxMLB statisticsWin–loss record1–1Earned run average2.93Strikeouts21 Teams Boston Red Sox (2013–2014) John Drake Britton (born May 22, 1989) is an American former ...

 

Swedish musical personality (born 1967) Thomas Öberg in 2009. Rolf Thomas Öberg (born 15 March 1967) is a Swedish musical personality best known as the singer in the acclaimed group bob hund. He was named, in 2000, as the country's best singer. He has gained renown for his musical depth and unique lyrics as well as extremely energetic stage presence. A native of the coastal city of Helsingborg, the seat of Helsingborg Municipality in Skåne County, at the southernmost tip of the Scandinavia...

 

Helen Broderick Helen Broderick en el centro, en una escena de la película The Rage of Paris (1938).Información personalNacimiento 11 de agosto de 1891 Filadelfia, Pensilvania, EE.UU.Fallecimiento 25 de septiembre de 1959 (68 años) Beverly Hills, California, EE.UU.Nacionalidad EstadounidenseFamiliaCónyuge Lester CrawfordHijos Broderick CrawfordInformación profesionalOcupación Actriz de teatro y actriz de cine Años activa desde 1924[editar datos en Wikidata] Helen Broderick (1...

У Вікіпедії є статті про інших людей із прізвищем Бєлоусов. Володимир Бєлоусов Особисті дані Повне ім'я Володимир Сергійович Бєлоусов Народження 11 липня 1947(1947-07-11) (76 років)   Москва, СРСР Зріст 183 см Вага 80 кг Громадянство  СРСР Росія Позиція захисник Юнацькі клу...

 

TCF1 redirects here. For a protein of the same name, see TCF7. Protein-coding gene in the species Homo sapiens HNF1AAvailable structuresPDBOrtholog search: PDBe RCSB List of PDB id codes1IC8, 2GYPIdentifiersAliasesHNF1A, HNF-1A, HNF1, IDDM20, LFB1, MODY3, TCF-1, TCF1, HNF1 homeobox A, HNF4A, HNF1alphaExternal IDsOMIM: 142410 MGI: 98504 HomoloGene: 459 GeneCards: HNF1A Gene location (Human)Chr.Chromosome 12 (human)[1]Band12q24.31Start120,978,543 bp[1]End121,002,512 bp[1]...

 

American botanist This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (October 2021) (Learn how and when to remove this template message) Randall James BayerBorn (1955-07-13) July 13, 1955 (age 68)Buffalo, New YorkScientific careerFieldsSystematic botany Randall James Bayer (born 13 July 1955) is an American systematic botanist born in Buffalo, New York, who ...

Historic house in Massachusetts, United States United States historic placeHouse at 19 Linden StreetU.S. National Register of Historic Places Location19 Linden St., Brookline, MassachusettsCoordinates42°20′4.76″N 71°7′4.59″W / 42.3346556°N 71.1179417°W / 42.3346556; -71.1179417Built1843Architectural styleGreek RevivalMPSBrookline MRANRHP reference No.85003284[1]Added to NRHPOctober 17, 1985 19 Linden Street is a historic house located...

 

Include both the corticobulbar tract and the corticospinal tract Pyramidal tractsDeep dissection of brain-stem. Lateral view. (pyramidal tract visible in red, and pyramidal decussation labeled at lower right.)Spinal cord tracts, with pyramidal tracts labeled at upper leftDetailsDecussationMany fibres in pyramids of Medulla oblongataFromcerebral cortexTospinal cord (corticospinal) or brainstem (corticobulbar)IdentifiersLatintractus pyramidalistractus corticospinalisMeSHD011712NeuroNames1320Neu...

 

Pentax SFXPentax SF1 Тип Однообъективный зеркальный Производитель Asahi Optical Год выпуска 1987—1989 Крепление объектива Pentax KAF Фотоматериал Плёнка типа 135 Размер кадра 24 × 36 мм Фокусировка Ручная, автоматическая Экспозиция Центрально-взвешенный с TTL-экспонометром Затвор Фокальный с вер...

This is a list of college athletics programs in the U.S. state of Maine. NCAA BatesBowdoinColbyHussonMaine–FarmingtonMaine–Presque IsleMaine MaritimeNew EnglandSaint Joseph'sSouthern MaineThomasMaineclass=notpageimage| Full NCAA member colleges in Maine. – DI Football member, – DIII Football member – DIII Non-football member Division I Team School City Conference Sport sponsorship Foot-ball Basketball Base-ball Soft-ball Ice hockey Soccer M W M W M W Maine Black Bears University of ...

 

Sony's video gaming brand This article is about the PlayStation brand. For the original 1994 console, see PlayStation (console). For other uses, see PlayStation (disambiguation). PlayStationProduct type Video game console(home, handheld and microconsole) Production company(PlayStation Productions; films and TV series) OwnerSony Interactive EntertainmentCountryMinami-Aoyama, Minato, Tokyo, JapanIntroducedDecember 3, 1994; 29 years ago (1994-12-03)MarketsWorldwideTaglinePlay h...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!