Die Republiek van Noord-Ossetië-Alanië (Russies: Республика Северная Осетия – Алания, Respoeblika Sewjernaja Osetija – Alanija; Osseties: Республикӕ Цӕгат Ирыстон – Алани, Respublikæ Tsægat Iryston-Alani) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Die hoofstad is Wladikafkaz. Die bevolking van Noord-Ossetië se godsdiens is grotendeels Russies-Ortodoks.
In teenstelling met die Georgiese Suid-Ossetië beskik die Russiese Noord-Ossetië oor 'n goed ontwikkelde industriële sektor wat grotendeels in die hoofstad Wladikafkaz gekonsentreer is en 'n moderne burgerlike lughawe in Beslan. Die belangrikste Russiese militêre basis en lughawe in die Kaukasus-gebied, Mosdok, is eweneens in Noord-Ossetië geleë.
Betrekkinge met die naburige Islamitiese republieke Ingoesjetië en Tsjetsjnië in die ooste en Kabardino-Balkarië in die weste was in die verlede uiters gespanne. In 1992 is vermoedelik 400 Ingoesjete in pogroms vermoor. Die gyselaarsdrama in 'n skool in Beslan het meer as 300 menselewens geëis. In die 1990's het duisende bewoners van Suid-Ossetië na die noorde gevlug.
Die republiek lê in die Noord-Kaukasus en sowat 22% bestaan uit woude.
Al die riviere behoort tot die opvanggebied van die Terekrivier. Van die grootstes sluit in:
Al die berge in die republiek is deel van die Kaukasus. Berg Kazbek is die hoogste piek (5 033 m) en Berg Dzjimara die tweede hoogste (4 780 m).
Natuurlike hulpbronne sluit in minerale (koper, silwer en sink), hout, mineraalwater, hidroëlektriese krag, olie en gas.