Die NGR 4-6-2TT Havelocktenk-en-tenderlokomotief is die eerste stoomlokomotief wat in Suid-Afrika gebou is. Die lokomotief kry die naam "Havelok", ter ere van sir Arthur Havelock, goewerneur van die Natal Kolonie. Dit is in 1887 deur die Natalse Regeringspoorweë met 'n 2-8-2TT-konfigurasie ontwerp en in 1888 in Durban gebou. Later is dit met 'n 4-6-2TT-konfigurasie herbou.[1]
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die lokomotief met dik henneptou bedek om dit te kamoefleer en beskerm teen vyandige vuur, en het die bynaam "Hairy Mary" gekry.
Verwysings
↑ 1,01,1(en) Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. p. 90-91. ISBN 978-0-7153-5427-8.
Hierdie treinartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.