Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Judo

Piktogram wat Judo aandui
'n Judo-gooi
'n Skouergooi (seoi-nage in Japannees) tydens graduering

Judo (Japannees: 柔道 jūdō) is 'n sportsoort wat sy oorsprong in die Japanse vegkuns het. Die sport was in ongeveer 1882 ontwerp deur Jigoro Kano. Die woord beteken "sagte weg", waarby die woord do (weg) verwant is aan tao en naas die betekenis 'manier' ook die konnotasie van 'lewenspad' het. 'n Beoefenaar van judo word 'n judoka genoem. Judo word wêreldwyd beoefen en word sedert 1964 as 'n Olimpiese sport vir mans erken, en vanaf 1992 vir dames.

Tegniek

In judo word daar tussen twee hooftegnieke onderskei:

  • tachi-waza (staande tegniek)
  • ne-waza (lêende tegniek)

Daarbenewens moet die judoka die tegniek van ukemi-waza (valbreek) bemeester.

Die gevegstegnieke word verdeel in:

  • nage-waza (gooitegniek)
  • katame-waza (beheertegniek)

Nage-waza

Die verskillende gooie kan as volg ingedeel word:

  • ashi-waza (beengooie)
  • goshi-waza (heupgooie)
  • kata-waza (skouergooie)
  • te-waza (armgooie, eintlik handtegnieke)
  • sutemi-waza (offergooie)

Katame-waza

Die verskillende bindingstegnieke word onderverdeel in:

  • osae-komi-waza (hougrepe)
  • ude-kansetsu-waza (armklemme)
  • shime-waza (wurgings)

Geskiedenis

Die Japaner Djigoro Kano (1860- 1938) is die grondlegger van moderne judo. As 'n joejitsoe-leerling het hy talle inrigtings besoek waar verskeie vorme van hierdie gevegsvorm aangebied is. Ongewapende selfverdediging was destyds in Japan baie gewild omdat gewone burgers verbied is om wapens te dra.

In 1882 het dr. Kano sy eie skool - die latere Kodokan - begin, waar hy sy leerlinge in 'n gevegstegniek onderrig het wat bestaan het uit bruikbare elemente van ander gevegsvorme wat hy bestudeer het. Hierdie tegniek het hy judo genoem (ju beteken "sag" en "sonder geweld", en do "wyse" of "manier"). In die Japanse kultuur is judo en ander vegsportsoorte (wat met die versamelnaam budo aangedui word) ten nouste met godsdienstige en ander lewensopvattinge verweef.

Die invloed hiervan, byvoorbeeld die teenstanders en skeidsregter wat mekaar hoflik groet en sekere ander rituele wanneer die judosaal betree word, het ook na ander lande uit gekring hoewel dit vir die Westerse sportman min betekenis het.

Judotegniek

Judo word in 'n judosaal (dojo) op matte wat met seil oorspan is (tatami's), beoefen. Die judobeoefenaar (judoka) dra voorgeskrewe drag (judogi) wat uit 'n kuitbroek, 'n jas (kimono) en 'n lyfband (obi) bestaan. Die bedrewenheid in judo word in 16 grade gemeet, waarvan die eerste ses leerlinggrade (kjoe-grade) en die ander 10 meestergrade (dangrade) is.

Die kleur van die lyfband dui aan hoe ver die judoka gevorder het. Die kjoegraderings is: 1 - wit, 2 - geel, 3 - oranje, 4 - groen, 5 – blou en 6 - bruin. Die eerste 5 meestergrade word met 'n swart lyfband aangedui, die 6e, 7e en 8e met 'n lyfband van rooi en wit blokkies en die 9e en 10e meestersgraad met ʼn rooi band. Die basiese beginsel by judo is om die teenstander in 'n staande geveg op sy rug te laat beland. Die tegnieke wat hier gebruik kan word, staan as nagè-waza bekend.

Die belangrikste gooie is beengooie (asji-waza), heupgooie (kosji-waza), armgooie (te-waza), skouergooie (kata-waza) en offergooie (soetemi-waza). Die grondwerk word verdeel in hougrepe (osaè-waza), wurggrepe (sjime-waza) en armklemme (oede-kansetsoe-waza). 'n Teenstander kan slegs neergegooi word wanneer hy van balans af is, en dit word teweeggebring deur hom te trek, te stoot, 'n skynaanval te doen of om 'n aanval uit te lok. Hierby loop die aanvaller egter ook gevaar om van balans gebring te word. Judobewegings is spesiaal daarop gerig om die judoka so min moontlik van balans te laat raak. Dit bestaan uit skuifelende passies. By groot passe word die persoon maklik van balans gebring, veral op die oomblik wanneer hy sy gewig van een been na die ander oordra.

Een van die grondbeginsels van judo is dat die beoefenaars moet leer om aan te voel wanneer 'n teenstander van balans is of gebring kan word. Wanneer iemand gegooi word, val hy gewoonlik min of meer op die sykant van sy rug, wat glad nie gevaarlik is nie. Die beginner se eerste reaksie is om sy val met die arm af te weer, en dit kan tot beserings lei. Hy word dus geleer om hierdie impuls te onderdruk. Min beserings kom gedurende oefeninge voor, maar by wedstryde waar baie krag aangewend word om 'n beslissing te probeer afdwing, is beserings nie ongewoon nie. Swak plekke is die gewrigte van die tone, enkels en knieë. 'n Verkeerde val veroorsaak gewoonlik skouer- of heupkneusings.

Wedstrydjudo

'n Wedstryd kan deur die toekenning van een vol punt (ippon) deur die hoofskeidsregter beslis word. 'n Gooi wat nie heeltemal slaag nie, kan gewaardeer word met 'n halwe punt (waza-ari) of met 'n voordeeltegniek (waza-ari ni tjika i). As 'n wedstryd nie voordat die tyd verstreke is, deur 'n ippon of deur twee waza-ari beëindig word nie, wys die hoofskeidsregter die wenner aan nadat hy met die twee hulpskeidsregters beraadslaag het. Een waza-ari of een waza-ari ni tjikai is voldoende vir 'n oorwinning op beslissing (joesei-gatji). As nie een daarvan tydens die wedstryd toegeken is nie, word die aantal duidelik waarneembare balansversteurings, die tegnieke wat gebruik is of waarskuwings en teregwysings in aanmerking geneem. By spanwedstryde met 5 judoki uit elke gewigsklas, tel elke oorwinning nie ewe veel nie, en die individuele wedstryde eindig ook dikwels onbeslis (hiki-wake). 'n Ippon en waza-ari kan ook in die grondgevegte (katame-waza) behaal word. Die skeidsregter ken 'n ippon toe wanneer die teenstander 30 sekondes lank in 'n hougreep is. As die hougreep net 25 sekondes duur, word 'n waza-ari toegeken. 'n Grondgeveg kan ook beëindig word wanneer 'n deelnemer hom oorgee. Dit word aangedui deurdat hy "maitta" roep of hy twee keer met die hand of die voet teen die vloer of sy liggaam tik. 'n Deelnemer gee gewoonlik oor wanneer hy in 'n wurggreep of 'n armklem beland. 'n Wurggreep kan die asemhaling of bloedtoevoer of albei tydelik afsny. Armklemme kan die elmbooggewrig verdraai. Op papier klink dit egter gevaarliker as wat dit in werklikheid is. Selfs by wedstryde kom beserings tydens die grondgeveg net selde voor. Dit is 'n wanopvatting dat krag by judo oorbodig is. Met goeie tegniek en vaardigheid kan daar wel vir 'n tekort aan krag vergoed word, maar tydens wedstryde gee krag en uithouvermoë die deurslag wanneer albei teenstanders byvoorbeeld ewe bedrewe in die tegniek is. Oefeninge in hierdie opsig is vir die topsportman dan ook baie belangrik. Wanneer judo as 'n ontspanningssport en ter wille van liggaamsontwikkeling beoefen word, is krag egter van min belang. Judo is 'n baie goeie sport vir liggaamsontwikkeling omdat alle spiere ewe veel oefening kry.

Judo in Suid-Afrika

Judo is reeds in 1931 deur prof. Jack Robinson in Suid-Afrika bekend gestel, maar het - net soos in die meeste ander Westerse lande - eers na die Tweede Wêreldoorlog behoorlik op dreef gekom.  Die beherende liggaam is die Suid-Afrikaanse Judo-unie.

Suid-Afrika tel nie onder die beste judolande ter wêreld nie, maar daar word nogtans baie gedoen om die sportsoort te bevorder. Hoewel die Suid-Afrikaanse Judo-unie tans nie met die Internasionale Judo-federasie geaffilieer is nie, meet sy lede dikwels met buitelandse judoki kragte. Spanne van Israel, Malta, Wes-Duitsland. Brittanje en die VSA het Suid-Afrika al besoek, terwyl Suid-Afrikaners gereeld aan die Britse opekampioenskap deelgeneem het en ook besoeke aan Duitsland, Italië, Switserland en die VSA gebring.

Die reëls van die Internasionale Judofederasie word in Suid-Afrika toegepas, en daar word ook probeer om die plaaslike skeidsregters van reëlveranderings op hoogte te hou deur oorsese skeidsregters hierheen te nooi.

Bron

Eksterne skakels


Read other articles:

برواسشن تقسيم إداري البلد اليونان  [1] التقسيم الأعلى بالاماس  خصائص جغرافية إحداثيات 39°29′00″N 21°54′00″E / 39.48333333°N 21.9°E / 39.48333333; 21.9  الارتفاع 100 متر  السكان التعداد السكاني 1666 (إحصاء السكان) (2011)  معلومات أخرى التوقيت ت ع م+02:00 (توقيت قياسي)،  وت ع م...

Circular muscle that normally maintains constriction of a natural body passage or orifice SphincterIdentifiersFMA75004Anatomical terms of muscle[edit on Wikidata] Look up sphincter in Wiktionary, the free dictionary. A sphincter is a circular muscle that normally maintains constriction of a natural body passage or orifice and which relaxes as required by normal physiological functioning. Sphincters are found in many animals. There are over 60 types in the human body, some microscopically ...

Persekutuan Gereja-Gereja Pantekosta Indonesia (PGPI) adalah sebuah organisasi Kristen di Indonesia yang menaungi gereja-gereja yang dari denominasi aliran khusus Pentakosta. Berdiri pada tanggal 14 September 1979 dengan nama sebelumnya Dewan Pantekosta Indonesia (DPI), organisasi ini sejajar dengan PGI. Sejarah Kabar Pentakosta mulai dikenal di Indonesia dengan berangkatnya 2 orang utusan Pentakosta dari Seattle, Amerika Serikat bersama keluarganya dengan menumpang kapal Suamaru pada tanggal...

كافيرس    شعار الاسم الرسمي (بالفرنسية: Caffiers)‏    الإحداثيات 50°50′24″N 1°48′42″E / 50.84°N 1.8116666666667°E / 50.84; 1.8116666666667[1]  [2] تقسيم إداري  البلد فرنسا[3]  التقسيم الأعلى باد كاليهكاليه  خصائص جغرافية  المساحة 4.77 كيلومتر مربع[1]  عدد ال

Gran Palacio del Kremlin Patrimonio de la Humanidad de la Unesco Vista del Gran Palacio del Kremlin.LocalizaciónPaís  RusiaCoordenadas 55°45′00″N 37°36′57″E / 55.75, 37.615833333333Datos generalesTipo CulturalCriterios i, ii, iv, viIdentificación 545Región Europa y América del NorteInscripción 1990 (XIV sesión) Sitio web oficial [editar datos en Wikidata] El Salón de la Orden de San Andrés en el Gran Palacio del Kremlin. La lista de los héroe...

У Вікіпедії є статті про інші значення цього терміна: Струтинка. село Струтинка Країна  Україна Область Одеська область Район  Подільський район Громада Ананьївська міська громада Код КАТОТТГ UA51120010260026199 Облікова картка Струтинка  Основні дані Засноване 1823 Перша...

Deze pagina toont een chronologisch en gedetailleerd overzicht van de interlands die het Iers voetbalelftal heeft gespeeld in de periode 2000 – 2009. Interlands 2000 Zie Iers voetbalelftal in 2000 voor het hoofdartikel over dit onderwerp. 23 februari Vriendschappelijk № 352 «onderlinge duels» Ierland [1] 3 – 2  Tsjechië[2] Lansdowne Road, DublinToeschouwers: 30.543Scheidsrechter: Bruno Coué (FRA) Karel Rada  16' (e.d.) Ian Harte  43' Robbie K...

Artikel ini perlu diterjemahkan dari bahasa Inggris ke bahasa Indonesia. Artikel ini ditulis atau diterjemahkan secara buruk dari Wikipedia bahasa Inggris. Jika halaman ini ditujukan untuk komunitas bahasa Inggris, halaman itu harus dikontribusikan ke Wikipedia bahasa Inggris. Lihat daftar bahasa Wikipedia. Artikel yang tidak diterjemahkan dapat dihapus secara cepat sesuai kriteria A2. Jika Anda ingin memeriksa artikel ini, Anda boleh menggunakan mesin penerjemah. Namun ingat, mohon tidak men...

Aria (ditulis sebagai ARIA) adalah sebuah seri manga Jepang yang ditulis dan diilustrasikan oleh Kozue Amano. Seri tersebut awalnya diberi judul Aqua (ditulis sebagai AQUA) saat karya tersebut diterbitkan dalam majalah Enix Monthly Stencil dari 2001 sampai 2002, dan berganti judul ketika karya tersebut dialihkan ke majalah Mag Garden Comic Blade, dimana karya tersebut diserialisasikan dari November 2002 sampai April 2008. Aqua terdiri dari dua volume tankōbon, dan Aria terdiri dari dua belas...

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Injunctive mood – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2009) The injunctive mood is a grammatical mood in Sanskrit that was characterized by secondary endings but no augment, and usually looked like an augmentless aorist or imperfect....

جوان العمري جوان العمري مع منتخب لبنان في 2022 معلومات شخصية الاسم الكامل جوان نور الدين العمري[1] الميلاد 19 أغسطس 1988 (العمر 35 سنة)برلين[1] الطول 1.87 م[2] مركز اللعب مدافع الجنسية لبنان  أخوة وأخوات حسن العمري  مسيرة الشباب سنوات فريق NFC Rot-Weiß Berlin [الألمانية] Reinickend...

Stawska Góra Fragment rezerwatu Stawska Góra(czerwiec 2016) rezerwat florystyczny Państwo  Polska Województwo  lubelskie Położenie gmina Chełm Mezoregion Pagóry Chełmskie[1] Data utworzenia 1956 Akt prawny M.P. z 1956 r. nr 103, poz. 1195 Powierzchnia 4,00 ha Położenie na mapie gminy wiejskiej ChełmStawska Góra Położenie na mapie PolskiStawska Góra Położenie na mapie województwa lubelskiegoStawska Góra Położenie na mapie powiatu chełmsk...

Canadian politician James Reilly6th Mayor of CalgaryIn officeJanuary 19, 1891 – January 18, 1892Preceded byJames Delamere LaffertySucceeded byAlexander LucasIn officeJanuary 3, 1899 – January 2, 1900Preceded byArthur Leslie CameronSucceeded byWilliam Henry CushingCalgary City Council CouncillorIn officeJanuary 20, 1890 – January 19, 1891In officeJanuary 18, 1892 – January 16, 1893 Personal detailsBorn(1835-03-28)March 28, 1835Napierville, Quebec, Ca...

The Croatian Red Cross (Croatian: Hrvatski Crveni križ) is the national Red Cross Society of Croatia. The organization has over 370,000 volunteer members, as well as 550 professionals. The Red Cross has been active in the country since 1878. External links Croatian Red Cross Croatian Red Cross Lifeguards vteInternational Red Cross and Red Crescent Movement International Organisations International Committee of the Red Cross (ICRC) International Federation of Red Cross and Red Crescent Societ...

American judge (born 1957) Bruce Howe HendricksJudge of the United States District Court for the District of South CarolinaIncumbentAssumed office June 5, 2014Appointed byBarack ObamaPreceded byMargaret B. SeymourMagistrate Judge of the United States District Court for the District of South CarolinaIn office2002 – June 5, 2014 Personal detailsPronunciation/bruːsi/BornBruce McCaw Howe1957 (age 65–66)Charleston, South Carolina, U.S.SpouseTed Hendricks[1]Childr...

ワウト・ファン・アールト 2022年パリ〜ルーベにて個人情報本名 Wout van Aert生年月日 (1994-09-15) 1994年9月15日(29歳)国籍 ベルギー身長 190 cm (6 ft 3 in)体重 78 kg (172 lb)チーム情報所属 チーム・ユンボ・ヴィスマ分野 シクロクロスロードレース (自転車競技)役割 Rider特徴 クラシックスペシャリストグランツール最高成績主要レース勝利 シクロクロス シリー...

2023 video gameWildfrostDeveloper(s) Deadpan Games Gaziter Publisher(s)ChucklefishEngineUnityPlatform(s) Nintendo Switch Windows ReleaseApril 12, 2023Genre(s)Roguelike deck-buildingMode(s)Single-player Wildfrost is a 2023 roguelike deck-building game developed by Deadpan Games and Gaziter. It was published by Chucklefish for the Nintendo Switch and Windows. Gameplay Players attempt to stop an endless winter. They recruit randomly-generated adventurers and battle monsters in turn-based card ba...

2019 non-fiction book by Simon Sinek Not to be confused with Finite and Infinite Games, an earlier book on the same topic. The Infinite Game First editionAuthorSimon SinekLanguageEnglishSubjectLeadershipGenreBusinessPublished2019PublisherPortfolio/PenguinPublication date2019Pages251ISBN9780735213500 The Infinite Game is a 2019 book by Simon Sinek, applying ideas from James P. Carse's similarly titled book, Finite and Infinite Games to topics of business and leadership.[1] The book is ...

This article is written like a personal reflection, personal essay, or argumentative essay that states a Wikipedia editor's personal feelings or presents an original argument about a topic. Please help improve it by rewriting it in an encyclopedic style. (December 2017) (Learn how and when to remove this template message) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and ...

此條目没有列出任何参考或来源。 (2019年8月18日)維基百科所有的內容都應該可供查證。请协助補充可靠来源以改善这篇条目。无法查证的內容可能會因為異議提出而被移除。 不夜城作者馳星周语言日語發行信息出版机构角川書店出版時間1996年8月29日出版地日本页数299頁下一部作品《鎮魂歌-不夜城II》(1997年)《長恨歌-不夜城 完結編》(2004年)规范控制ISBNISBN 978404872983...

Kembali kehalaman sebelumnya