Golf van Sint-Laurens
|
Die Golf van Sint-Laurens by die Nasionale Park Forillon |
Kaart van die Golf van Sint-Laurens |
Koördinate: | 48°36′N 61°24′W / 48.600°N 61.400°W / 48.600; -61.400 |
Ligging: | Newfoundland en Labrador, Nieu-Brunswyk, Nova Scotia, Prins-Edward-eiland, Quebec (Kanada) |
Soort: | Golf van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 155 000 km² (60 000 myl²) |
Invloei: | Sint-Laurensrivier |
Uitvloei: | Atlantiese Oseaan |
Eiland/e: | Anticosti, Kaap-Breton-eiland, Magdalene-eilande, Newfoundland, Prins-Edward-eiland |
Nedersettings: | Baie-Comeau, Charlottetown, Gaspé, Rimouski, Sydney, Tadoussac |
Die Golf van Sint-Laurens (Engels: Gulf of Saint Lawrence, Frans: Golfe du Saint-Laurent) is 'n golf aan die Sint-Laurensrivier se monding in die Atlantiese Oseaan en is die grootste Estuarium van die aarde. Die golf is in Wes-Kanada tussen die provinsie Quebec in die weste, Nieu-Brunswyk, Nova Scotia en Prins-Edward-eiland in die suide en Newfoundland en Labrador in die ooste geleë. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 155 000 km².[1] Die Golf van Sint-Laurens is ná Sint Laurens van Rome genoem.
Belangrike nedersettings aan die golf sluit in Baie-Comeau, Charlottetown, Gaspé, Rimouski, Sydney en Tadoussac. Groot eilande in die golf is Anticosti, Kaap-Breton-eiland, Magdalene-eilande en Prins-Edward-eiland. Die hele kus van die Golf van Sint-Laurens behoort tot Kanada. Die Franse oorsese gebied Sint Pierre en Miquelon is net oos van die Golf van Sint-Laurens se monding in die Atlantiese Oseaan geleë.
Verwysings
Eksterne skakels