Die sowat 560 km lange Engelse Kanaal is 'n verlengde inlaat van die Atlantiese Oseaan ná die ooste en vernou soos 'n menslike arm of mou. Dit is hoogstens 240 km wyd en die smalste plek in die Straat van Dover of Straat van Calais tussen Dover en Calais is 34 km wyd. Die Engelse Kanaal het in die weste 'n gemiddelde diepte van 120 m en in die ooste naby die Noordsee 45 m. Die Franse départementManche grens teen die middel van die Kanaal en is daarna genoem.
Die Kanaaltonnel gaan onderdeur die Engelse Kanaal by die Straat van Dover.
Fotogalery
Die kus van Engeland soos gesien vanaf Frankryk
Franse Kaart wat die Engelse Kanaal vertoon
Satellietbeeld van die Straat van Dover met Dover in die noorde en Calais in die suide