Die eerste FIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: 1er Campeonato Mundial de Fútbol; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 13 tot 30 Julie 1930 in die Uruguaanse hoofstad Montevideo aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Uruguay en Suid-Amerika beslis is. Die toernooi is ter geleentheid van die eeufeesviering van Uruguay se eerste grondwet gehuisves en dit was die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat net in een stad gehuisves is. Elkeen van die 18 wedstryde is in een van drie sokkerstadions in Montevideo aangebied. Die volgende toernooi in Suid-Amerika is in 1950 in Brasilië beslis en ook deur Uruguay gewen.
13 nasionale sokkerspanne (sewe van Suid-Amerika, vier van Europa en twee van Noord-Amerika) het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 deelgeneem. As gevolg van die destydse moeilike reis na Suid-Amerika het net enkele Europese nasionale sokkerspanne verkies om aan dié toernooi deel te neem wat tydens die Groot Depressie plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie.
Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die beste span van elke groep na die halfeindrondte deurgedring het. Argentinië, Joego-Slawië, Uruguay en die Verenigde State het hul onderskeidelike groepe gewen en na die halfeindrondte deurgedring. Uruguay het die trofee gewen nadat hulle Argentinië met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Die Verenigde State het in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek geëindig; vir albei nasionale sokkerspanne is dit hul beste prestasie nog.
Toewysing
Uruguay is op 18 Mei 1929 in Barcelona deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930. Ander kandidaatlande was Hongarye, Italië, Nederland, Spanje en Swede, maar hulle het hulself voor die stemming onttrek.[2][3][4]
Kwalifisering
Die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi was die enigste sonder ’n kwalifisering. Elke land wat met FIFA geaffilieer was, is genooi om deel te neem. Die volgende 13 nasionale sokkerspanne het FIFA se uitnodiging om deelname aanvaar:[5]
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 is oor 18 dae tussen 13 verskillende nasies oor 18 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Julie 1930 op die Estadio Pocitos in Montevideo met ’n wedstryd tussen Frankryk en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Centenario op 30 Julie met die eindstryd tussen Uruguay en Argentinië, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[6]
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase Julie
So 13
Ma 14
Di 15
Wo 16
Do 17
Vr 18
Sa 19
So 20
Ma 21
Di 22
Seremonies
OS
Groep 1
1
1
1
2
1
Groep 2
1
1
1
Groep 3
1
1
1
Groep 4
1
1
1
Uitklopfase Julie
Wo 23
Do 24
Vr 25
Sa 26
So 27
Ma 28
Di 29
Wo 30
Uitklopfase
1
1
1
Legende
Seremonies
Groepwedstryde
Uitklopfase
Eindstryd
Groepfase
Die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi is deur 13 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur FIFA genooi. Vir die groepfase is die 13 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde/vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die boonste span wat na die halfeindrondte deurgedring het.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. In teenstelling met al die latere Sokker-Wêreldbekertoernooie is geen derde plek bepaal nie. FIFA het later die Verenigde State as derde gelys weens hul beter toernooiverloop.
Die wenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Nes die groepe is die halfeindstryde volgens loting bepaal. Groepwenners het teen groepwenners in ander groepe gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die wenner van Groep 4 en die wenner van Groep 2 teen die wenner van Groep 3 gespeel.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die halfeindrondte.
Uit die toernooi geskakel.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 10 Julie 1930 in die setel van die Uruguaanse Sokkervereniging in Montevideo gehou.
Groepfase
13 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[7][8] Die ranglys vir die 1930-toernooi is soos gevolg: