Die vyfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954; Frans: Championnat du Monde de Football 1954; Italiaans: Campionato mondiale di calcio 1954; Romansch: Campiunadis mundials da ballape 1954; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 16 Junie tot 4 Julie 1954 in Switserland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Switserland aangebied is en die derde in Europa.
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 3–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het; hierdie gebeurtenis staan in Duitsland bekend as die Wunder von Bern (“Wonderwerk van Bern”). Die Hongaarse nasionale sokkerspan is as gunsteling op die titel gehandel, terwyl die Wes-Duitse nasionale sokkerspan net as buitestaander beskou is; dit was die eerste nederlaag vir die destydse “Goue sokkerspan” ná ’n vierjaarreeks van net oorwinnings of onbesliste wedstryde. Die Wes-Duitse nasionale sokkerspan het die wêreldbekertitel vyf jaar ná die stigting van die Bondsrepubliek Duitsland in 1949 en tydens die “ekonomiese wonder van Duitsland” (Wirtschaftswunder) verower. Oostenryk het in die derde en die verdedigende kampioen Uruguay in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Skotland, Suid-Korea en Turkye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem; Wes-Duitsland se deelname aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 word soms ook as ’n debuut beskou, alhoewel Nazi-Duitsland aan die toernooie in 1934 en 1938 deelgeneem het. Skotland en Turkye het reeds suksesvol vir die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer, maar hulle nog voor dié toernooi se afskop weer hulleself onttrek. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is ’n algehele rekord vir aangetekende doele opgestel, insluitende die hoogste gemiddelde doele wat per wedstryd behaal is, waarvan 27 doele deur die Hongaarse nasionale sokkerspan aangeteken is en 25 deur Wes-Duitsland.
Switserland is op 26 Julie 1946 in Luxemburg deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954; gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 aan Brasilië toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1951 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1954 verskuif.[2]
Die gasheer Switserland en die verdedigende kampioen Uruguay het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is elf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, twee vir die Amerikas en een vir Asië.
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]
Geen deelname
Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie
Land het nie gekwalifiseer nie
Land het gekwalifiseer
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 26 wedstryde uitgespeel. Dit het op 16 Junie 1954 op die Stade des Charmilles in Genève met ’n wedstryd tussen Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadion Wankdorf in Bern op 4 Julie met die eindstryd tussen Hongarye en Wes-Duitsland, waartydens Wes-Duitsland die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[4]
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepwedstryde
Uitklopfase
Derde plek
Eindstryd
Vir die groepfase was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Brasilië, Engeland, Frankryk, Hongarye, Italië, Oostenryk, Spanje en Uruguay. Teen einde van minder wedstryde en om ’n vroeë uitskakeling van gunstelingspanne – wat glo meer toeskouers sou aanlok – te verhoed, het elke groep uit twee vaste en twee ander spanne bestaan, wat nie teen mekaar moes speel nie. Nadat Spanje nie gekwalifiseer het nie, is sy plek deur Turkye ingeneem wat sodoende teen sterker spanne as verwag te staan gekom het.
Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As die eerste twee spanne gelyk op punte was, is hul rangorde deur loting bepaal, as die twee en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel. Eers in latere toernooie is weer die aantal doele ingespan om spanne se rangorde te bepaal.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen ander groepwenners en naaswenners teen ander naaswenners in die kwarteindstryde gespeel.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sal ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 30 November 1953 in die Saint Gotthard Hotel in Zürich gehou.
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1954-toernooi is soos gevolg:
Kampioen
Tweede plek
Vierde plek
Kwarteindrondte
Groepfase
Meeste doele aangeteken:[1]
Uruguay 1930 • Italië 1934 • Frankryk 1938 • 1942 • Brasilië 1950 • Switserland 1954 • Swede 1958 • Chili 1962 • Engeland 1966 • Meksiko 1970 • Wes-Duitsland 1974 • Argentinië 1978 • Spanje 1982 • Meksiko 1986 • Italië 1990 • Verenigde State 1994 • Frankryk 1998 • Suid-Korea/Japan 2002 • Duitsland 2006 • Suid-Afrika 2010 • Brasilië 2014 • Rusland 2018 • Katar 2022 • Kanada/Meksiko/Verenigde State 2026 • Marokko/Portugal/Spanje 2030 • Saoedi-Arabië 2034