18 Julie
18 Julie is die 199ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (200ste in skrikkeljare). Daar volg nog 166 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1504 – Heinrich Bullinger, Switserse kerkhervormer († 1575).
- 1534 – Sagarias Ursinus, Duitse Gerformeerde teoloog en Protestant hervormer († 1583).
- 1877 – Jacob van Deventer, Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder († 1922).
- 1881 – Ave Duthie, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1963).
- 1908 – Lupe Vélez, Amerikaanse aktrise († 1944).
- 1913 – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise († 1999).
- 1918 – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) († 2013).
- 1921 – John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder, politikus en Marinierskorpsvegvlieënier († 2016).
- 1922 – Thomas Kuhn, Amerikaanse akademikus († 1996).
- 1927 – Kurt Masur, Duitse dirigent († 2015).
- 1928 – Rob Wout alias Opland, Nederlandse politieke tekenaar († 2001).
- 1938 – Lance James, Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper († 2020).
- 1950 – Richard Branson, Britse entrepreneur.
- 1955 – Piet Botha, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2019).
- 1982 – Priyanka Chopra, Indiese aktrise, vervaardiger, model en Mej. Wêreld 2000.
- 1992 – Ayabonga Khaka, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1997 - Noah Lyles, Amerikaanse atleet.
Sterftes
- 1100 – Godfried van Bouillon, leier van die Eerste Kruistog en heerser van die Koningkryk van Jerusalem (* 1060).
- 1610 – Caravaggio, Italiaanse kunstenaar (* 1571).
- 1817 – Jane Austen, Engelse skryfster (* 1775).
- 1918 – Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt, vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland (* 1964).
- 1953 – Karl Bremer, eertydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid (* 1885).
- 1986 – Stanley Rous, Engelse sokkerspeler, skeidsregter en sportbestuurder.
- 1996 – W.A. de Klerk, Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1917).
- 2011 – Genl Magnus Malan, Minister van Verdediging en hoof van die SA weermag (* 1930).
- 2015 – Alex Rocco, Amerikaanse akteur (* 1936).
- 2016 – Lofty Nel, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler (* 1935).
- 2020 – Elize Cawood, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1952).
- 2022 – Don Mattera, Suid-Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).
- 2024 – Bob Newhart, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1929).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Internasionale Nelson Mandeladag
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 July. |
|
|