Alpha Tucanae is ’n spektroskopiese dubbelster, wat beteken die twee sterre is nog nie met ’n teleskoop van mekaar onderskei nie, maar die teenwoordigheid van ’n metgeselster kan afgelei word uit metings van die spektrum van die primêre ster. Die stelsel se wentelperiode is 4 197,7 dae (11,5 jaar).[6]
Die primêre ster het ’n sterreklassifikasie van K3 III,[1] wat daarop dui dat dit ’n reusester is wat die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer het. Dit het die kenmerkende oranje kleur van ’n K-tipe ster. Dit is ’n koel ster met ’n effektiewe temperatuur van 4 300 K, maar sy ligsterkte is 424 keer dié van die Son en sy radius 37 keer die Son s’n. Sy massa is 2,5 tot 3 keer dié van die Son. Dit is nie heeltemal duidelik in watter evolusiestadium dit is nie.[7]
Verwysings
↑ 1,01,1Houk, Nancy (1978), Michigan catalogue of two-dimensional spectral types for the HD stars, 1, Ann Arbor: Dept. of Astronomy, University of Michigan, Bibcode: 1975mcts.book.....H
↑ 3,03,13,23,3Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory4 (99), Bibcode: 1966CoLPL...4...99J
↑Pasquini, L.; de Medeiros, J. R.; Girardi, L. (2000). "Ca II activity and rotation in F-K evolved stars". Astronomy and Astrophysics. 361: 1011–1022. arXiv:astro-ph/0008109. Bibcode:2000A&A...361.1011P.
↑Kaler, Jim. "Alpha Tucanae". Stars (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 19 Oktober 2013.