Op 28 Januarie 2014 is aangekondig dat Ramphele as die Demokratiese Alliansie se presidentskandidaat in die 2014 algemene verkiesing sou optree.[5][6] Hierdie rampspoedige poging tot ’n oorname van die DA is vyf dae later, op 2 Februarie beëindig toe Ramphele gesê het dat sy nie meer vir die DA beskikbaar is nie.[7]
Die party is op vyf beginsels gebou: bemagtig mense om te regeer, bou effektiewe openbare dienste, bou ’n hergestruktureerde ekonomie, bou ’n moderne opvoeding- en opleidingstelsel en die heropbou van Suid-Afrika se posisie in Afrika en Internasionaal.[9] Agang is amptelik op 22 Junie 2013 in Pretoria as politieke party gestig.[10][11]
Na ’n aantal skandale in die party, waaronder bedrog met die verdwyning van R13 miljoen en ander,[12][13] het Ramphele op 8 Julie 2014 haar uittrede uit partypolitiek aangekondig en gesê dat sy geslaag het in haar doel om ’n politieke voertuig op die been te bring vir diegene wat nie ’n politieke stem het nie.[14]
↑Ramphele, Mamphela (28 Januarie 2014). "Opportunity for change" (in Engels). Agang SA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2014. Besoek op 28 Januarie 2014.