Wapadrand is 'n voorstad in die ooste van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die gebied is boomryk met pragtige tuine. Wapadrand is so genoem omdat 'n ou wapad deur die huidige dorpsgebied geloop het. Die strate is na die onderdele van 'n ossewa genoem op aanbeveling van die argitek Koos Reyneke, een van die buurt se stigters.[2]